“Onthou my” is ‘n onvergeetlike verhaal. Dit is ‘n storie oor God en liefde en die keuses wat mense geforseer word om te maak in die lewe. Die einde van die verhaal, laat die leser met ‘n gevoel van vrede omdat ons almal moet leer dat ons nie altyd kry wat ons wil hê nie, maar dat dit alleenlik God is wat iets beter vir ons in gedagte het. Dit is nie ‘n liefdesverhaal nie, maar ‘n verhaal waar mens die dieper betekenis in dinge wat gebeur leer. Die verhaal speel af langs die Oregon kus, in ‘n kusdorpie genaamd Piddock.
As klein seuntjie in die jare sestigs het Sam Tibbits altyd uitgesien na die somer vakansies saam met sy ouers en suster by Piddockstrand waar hy die wêreld en die see ontdek en geniet. Dit is ook hier waar hy Aubrey vir die eerste keer ontmoet – ‘n plaaslike meisietjie wat sy beste vriend, vertroueling en later sy eerste liefde word.
Deur die jare het Aubrey gegroei van ‘n regte “tomboy” in ‘n baie spesiale jong vrou en Sam kom agter dat hy die res van sy lewe saam met haar wil spandeer. Wanneer Sam dan Piddock toe gaan om haar te vra om te trou ontdek dat Aubrey weggetrek het sonder om haar adres agter te laat. Niemand kan hom sê waarheen sy en haar pa is nie aangesien haar broer, Kenneth dood is in Kambodja.
Nou jare later, is hy die pastor van ‘n gemeente ver van Piddockstrand en steeds enkelopend. Mary Grace is die gemeente sekretaress en voorsien hom die ondersteuning wat hy nodig het. Hy twyfel aan die egtheid van sy roeping wanneer sy suster, Brenda se man, Joe skielik te sterwe kom, laat dit soveel vrae ontstaan in sy eie gemoed. Dan is sekere van sy kerkraadslede gekant deur die idee dat die gemeente die Des Moines haweloses help totaal afkeur. Een so ‘n lid is Grant Ransom en hy dreig om die finansiële bydrae aan Covenant Heights te onttrek as dit voorgaan. Hy beinvloed die ander lede om dan so te stem dan Sam op “spesiale verlof” geplaas word. Met die dood van sy vriend, die gemeente wat hom nie meer wil hê nie, sy suster wat nie sonder haar man kan klaar kom nie moet hy boon op met sy susterskind, Hunter, se dinge sit. Nie net steel Hunter Sam se Mustang nie, maar hy en sy vriend maak ‘n ongeluk en die Mustang word afgeskryf. Sam bereik sy breek punt; spiritueel, emosioneel en professioneel. Hy besluit om Hunter Piddockstrand toe te neem – maar eintlik is dit ‘n ontvlugting vir hom ook.
Sam en Aubrey look mekaar weer raak aangesien hulle naby mekaar in die vakansie huise tuisgaan. Aubrey vlug terug na haar geboorte dorp om van haar man se skade te probeer ontsnap. Haar man, Gary Mangelson is ‘n alkolis en hy is in ‘n rehabilitasie sentrum. Hulle drie kinders: Hannah,4, Billy, 8 en Channing 15 is by hulle tante vir die vakansie. Albei dra swaar aan emosionele bagasie; albei is desperaat vir antwoorde. Maar gaan hul hernude vriendskap lei tot nuwe lewesin, of gaan dit hulle noo om die waardes wat vir albei belangrik is, te laat vaar?
Sam vind nie net heling vir sy eie siel nie, maar help ook vir Hunter om tot terme te kom asook vir Aubrey wat al die jare gebukkend moet gaan oor haar pa se afsku in haar as gevolg van die feit dat haar ma dood is toe sy Aubrey probeer help het. Daar was ‘n by in haar reddingsbaadjie die dag van die ongeluk in Aubrey se baadjie en haar ma het afgebuk om haar te help want die by het haar gesteek. Sy het nooit die boot se swaibalk sien aankom nie. Aubrey maak vrede met haar verlede en besluit om haar man by te staan maar eers moet sy hulle kinders die waarheid gaan vertel.
Sam en Hunter is oppad terug wanneer Mary Grace hom bel met nuus. Sy verlang baie na hom en mis sy geselskap. Kil, die hawelose man, was nog elke Sondag in die eredienste en hy het ook ‘n nuwe hond. Toe van Sam se gemeente lede verneem het wat met sy hond gebeur het, het hulle na die dieresorgverening toe gegaan en vir hom ‘n nuwe hond gaan kry. Hy werk ook nou by die dieresorgsentrum en samel donasies vir die diere in. Terug by die huis, pas Hunter baie beter aan. Hy het meer uit sy dop gekruip. Sam gaan lê ook ‘n paar besoeke by sy ma af wat in ‘n tehuis is aangesien sy Alzheimers het. Terwyl hy eendag in die boekwinkel soek na ‘n dagboek kry hy Mary Grace ook daar en nooi haar saam na ‘n antieke motorskou by die Amana-nedersetting.
Dan bel een van sy gemeente lede. Libby Kraft bel hom in verband met haar man, Lester. Hy het per ongeluk Casey, hulle vierjarige nefie raak gery. Die tydelike pastor van Covenant Heigths, Jack Jensen, staan Casey Boyd se ouers by terwyl Sam die Krafts bystaan. Jack bel dan vir Sam en sê dat hy nie net die persoon is wat die Krafts-gesin bystaan nie, maar ook die man is wat die gemeenskap kan saamtrek tydens hierdie tragedie. Almal met wie Jack gepraat het stem saam en daarom wil die Boyds het dat Sam die begrafnisdiens vir hul seuntjie waarneem. Saam praat oor die tragdie en oor ‘n klein seuntjie se lewe wat veels te vroeg geëindig het, maar die belangrikste deel van die preek is dat hy oor vergifnis praat – vergifnis van een mens teenoor ‘n ander, van ‘n mens teenoor homself en van God teenoor die mens.
Daar word ‘n opvolg vergadring gehou, en Grant Ransom se besluite vir die gemeente word in twyfel getrek. Wanneer hy weer begin dreig om finansiële hulp te onttrek, Dave Hawthorne wys Grant daarop dat sy motiewe om Sam op verlof te sit, verkeerd was end at hy almal “omgekoop” het om saam met hom te stem, maar dat wat Sam doen ter uitbreiding an die gemeente is. Hulle het geen probleem as Kil die diense bywoon en by die gemeente aansluit nie. John herinner hom dat God alle mense na sy hus toe roep. En dat wanneer hulle kom, hy van plan is om hulle te verwelkom. Grant storm uit die vergadering.
Aubrey skryf een laaste brief aan Sam en laat hom weet hoe dit met Grant en met die kinders gaan. Sam kom agter dat die vrou van sy hart, nog al die jare by hom was – Mary Grace.