Jump to ratings and reviews
Rate this book

Adrenalien

Rate this book
Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Toe droog dit op en hy begin aan onttrekkingsimptome ly. ’n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwing hom tot afsondering in ’n huis in ’n godverlate deel van die Bosveld, met net sy verbeelding en ’n mooi rolprent-vervaardiger as geselskap. Hy raak bewus van ’n “derde dimensie”. Nou is die heerlike, verslawende angs terug en kan hy weer skryf. Dan kom hy agter dat die draaiboek ’n nuwe drif in hom laat opkook. Wanneer sy voormalige vrou egter onverwags opdaag, dwing sy die werklikheid in gruwelike en onvervalste gedaante aan hom op. En maak sy ’n nuwe monster wakker . . . Twintig jaar ná die verskyning van Adrenalien besoek Leon van Nierop dié roman opnuut . . . en kom Die Waarheid eindelik aan die lig. Want Gustaf besef dat hy sy eie verhaal nooit behoorlik verstaan het nie – en bowenal dat hy nie alléén kan skryf nie.

First published January 1, 2015

4 people are currently reading
27 people want to read

About the author

Leon van Nierop

32 books24 followers
Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese boeke. Hy het verlede jaar die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-SANLAM radiodrama skryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit in Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers (waarvan daar ook ’n resepteboek uitgegee is). Van sy bekendste romans sluit in Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Paradys.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
14 (29%)
4 stars
18 (37%)
3 stars
10 (20%)
2 stars
6 (12%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Wanda Hartzenberg.
Author 5 books73 followers
August 27, 2024
Resensie: Adrenalien en Adrenalien: Die Waarheid deur Leon van Nierop

Sjoe, Leon van Nierop het ons weer vir 'n wilde rit gevat – en nee, ek praat nie net van die spooktrein wat aanhoudend teen 'n muur vasry nie. Hierdie twee boeke was soos om 'n rit op daardie trein te neem, en eerlikwaar, ek dink die trein het die spore verloor lank voordat hy by die eindstasie aangekom het.

Kom ons begin by boek een, Adrenalien. Die titel beloof opwinding en spanning, en ek was gereed vir 'n regte riller. Maar helaas, die enigste adrenalien wat ek gevoel het, was toe ek besef hoe vinnig hierdie boek oor 'n klomp haaie spring – nee, nie net een haai nie, 'n hele trop van hulle! Op 'n stadium het ek amper verwag dat Free Willy self by die toneel sou inspring, net om die absurde toneel af te rond. (Vir die wat nuut is tot die term, "jumping the shark" kom van 'n ou TV-reeks, Happy Days, waar die karakters begin absurd raak het. Dit is ook presies wat met hierdie storie gebeur het—dit het heeltemal die kluts kwytgeraak.)

Die storie volg Gustaf Prinsloo, wat in 'n donker hoekie van sy eie verstand worstel met sy demone en ’n fliekprojek in die Bosveld. Nou ja, 'n donker hoekie is dalk waar hierdie storie hoort, want dit is beslis nie iets wat lig en subtiel is nie. Alles word so reguit en in jou gesig vertel dat jy amper wens die karakters het 'n bietjie van hulle adrenalien vir jou kon oorgee—of dalk net 'n bietjie geduld, sodat jy die storie kon verwerk sonder om oor elke absurditeit te struikel.

Wanneer ons by boek twee kom, Adrenalien: Die Waarheid, moet ek erken dat daar 'n flou straaltjie lig in die tonnel was. Leon van Nierop het 'n bietjie gegroei in sy skrywersvernuf – maar ook net marginaal. Dit is soos om 'n ou trein te sien wat 'n nuwe laag verf kry, maar die enjin bly dieselfde. Hierdie keer besef Gustaf dat hy nie alleen kan skryf nie, en die verhaal kry darem 'n bietjie meer diepte. Maar die spore is steeds onduidelik, en die trein bly sukkel om momentum te kry.

Nou, terwyl ek deur die tweede boek gegaan het, het ek darem iets gevind om 'n ekstra ster te gee: die groei in die skrywer se vaardigheid (al is dit so klein), en natuurlik die omblad van die boek—dis amper 'n meesterstuk op sy eie, en dit verdien 'n ster. So, hoewel ek nie heeltemal kon aanbeveel dat jy jou adrenalien hier kry nie, gee ek darem drie sterre vir die poging.

In die geheel gesien, as jy regtig wil weet wat in Gustaf se wêreld aangaan, moet jy albei boeke lees. Maar wees gewaarsku: hierdie treinrit is nie vir almal nie. Dis soos om jou koffie met 'n bietjie sout te drink—jy sal dalk eers daarna uitvind dat dit nie jou smaak is nie.
Profile Image for Mareli.
8 reviews
June 2, 2025
Ek het my parra pap geskrik vir dié boek. 'n Lekker gemaklike lees. Ek het dit geniet.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.