Hanna het 'n ongelooflike verbeelding en sy is boonop baie slim. Dis waarom sy so baie vrae vra en dis hieroor dat sy die bynaam 'Hanna Hoekom' kry. Op 'n dag besluit haar eksentrieke ma dat die hele familie saam moet vakansie hou in 'n ou huis in die berge, waar die hele familie gestrand raak. Dis seker nie so erg nie, maar Hanna Hoekom se familie sluit in 'n gay biologiese pa, 'n stiefpa wat 'n akteur is, twee stiefbroers en 'n irriterende klein half-boetie!
Marita van der Vyver is the author of a dozen novels, a collection of short stories, two collections of humorous essays, picture books for children, many short stories and essays in anthologies, and regular columns in newspapers and magazines. Her books have been published in English, Dutch and German, and her first novel, published in English as Entertaining Angels, became a bestseller and was translated into twelve languages. She lives in France with her family.
Marita van der Vyver is die skrywer van ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haar boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf ’n sprokie, ’n literêre sensasie wat in sowat ’n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie.
Ek was so verbaas om Afrikaans op Audible te kry ek het nie regtig gelees waaroor hierdie storie gaan nie. En was dit nou lekker om vir ‘n slag Afriaans te luister!!
Hierdie is meer vir tieners van so 12 en op en ek oorweeg om die boek te koop vir my susters kind vir Kersvees. Sommer ‘n lekker lawwe storie uit die pen van ‘n baie geliefde skrywer.
Die verhaal gaan oor n moderne laslappie gesin.Die verhaal word uit die oogpunt van Hanna vertel. Die grootste gedeelte speel af in die berge. Die gesin en uitgebreide familie leer mekaar beter ken terwyl hulle vasgeval word in die reenstorm in die berge.
Hanna Hoekom Lees Ek Die Boek? ALOT of opinions on this crap book. First off, while reading this I was crying. Not because it was sad, but because it was genuinely awful. I couldn't wait to finish this book. I would rather jump off of London Bridge than read this again. Yet, I wasn't surprised that it was bad since I read it for school and they usually have bad taste in books. I went into a state of depression when reading this, every time I picked up this stupid book I cried and felt the anger bubbling underneath my skin. This girl was so stupid and every time she opened her STUPID mouth I thought "The world ending right now would not be terrible." I could physically smell the garbage coming out of her mouth. The cover also terrified me. The girl looks like a vampire. And the fact that she thinks her family is crazy pisses me off. She is so rude aswell. Deadass, she has no filter. No offence to the author, perhaps this book was just not my cup of tea. So, in conclusion, this book was absolute rubbish and I would never recommend this. Not even to my worst enemy. The book I wrote and published on Wattpad in 7th grade is better than this. Absolute rubbish and an atrocious sin. Zero stars
Ek wil nou eintlik 'Hanna' wees, ek wil haar ongelooflike verbeelding hê, en haar crazy familie; ek sal selfs haar tande vat (en persoonlike dink ek, ek het mooi tande)
Ek kan verstaan waarom Marita meer as een prys huis toe gevat het vir hierdie boek! En ook waarom Regardt besluit het om dit in 'n rolprent te omskep. Met tye het my hart gebloei vir Hanna en haar omstandighede en ander kere het ek hardop gelag vir Yann, Tibo en Amos. Met 'n familie soos Hanna sin kan mens net 'n avontuur hê, hoe dan anders?
Hierdie kluervolle verhaal met sy uitspattige karakters laat my sommer lus kry en skryf 'n storie van my eie!
Ek het so lank nie Afrikaans gehoor of geless nie dat ek moet n boek vir tieners nou lees! In elk geval ek het die storie interessant gevind. Ek het n paar uitbarse van die lag gehe. N Goeie herinninering van skool dae en tiener jare was dit.
Hanna Hoekom se familie is alles behalwe normal. Toe haar hoog swanger ma en haar nuwe stiefpa besluit om ‘n wittebrood te hou saam met die hele familie, was daar orals ‘n klaery van die spul tieners se kant af. Hulle familie is groot – twee stiefbroers, een half broer, Hanna en dan die twee honde, Patat en Pampoen. Met ‘n akteur en kunstenaar as broodwinners, is die geld maar min en het hulle by ‘n vriend sy ou huis in die berge geleen om die wittebrood in te hou. Het ek genoem daar is geen elektrisiteit nie?
Hanna probeer maar optimisties bly oor die hele situasie en besluit dis die ideale tyd om ‘n boek te skryf. Sy wou nog altyd ‘n skrywer word en haar hoofkarakter sal die eksotiese Fabienne wees, nie ‘n vervelige naam soos Hanna nie. Fabienne sal ook die perfekte familie hê – ‘n tandarts vir ‘n pa, ‘n ma wat altyd help en mooi aantrek, ‘n sussie wat Fabienne se beste vriendin is. ‘n Familie met gay biologiese pa’s, proefbuisbaba boeties en irriterende stiefbroers is beslis nie iets wat Fabienne sal hê nie.
Sonder elektrisiteit raak die reënerige, winter wittebrood tog iets lekker met stiefpa Beyers se entosiasme, die bordspeletjies en die daaglikse stappie. Hanna sien ook baie uit dat haar beste vriendin, Sharon, die laaste week gaan kom saam kuier. Tot haar verbasing, hoor sy haar “fabulous” biologiese pa gaan ook kom inloer. Die grootste skok kom egter wanneer haar stiefbroers se ma opdaag, al die pad uit Hollywood uit. Met die onophoudelike reën is die oorvol huis afgesny van die samelewing en moet hierdie erg uitlopende familie gou leer hoe om met mekaar saam te leef. Dalk is die lewe van die boring Hanna Hoekom tog meer interessant as die van die perfekte Fabienne.
My gedagte: Dis so lekker om weer 'n jeugroman te lees jare na mens dit as tiener geniet het op skool. Mens sien die storie dan vanuit 'n ander oogpunt. Wat 'n lekker lawwe storie is dit nie! Ons het so lekker gelag met die boekklub toe ons hierdie boek die maand bespreek het.
The book was a good quick read, it flowed really well and each chapter kept me interested. I was never bored and that's a big thing for me when I read a book. I would highly recommend this book if you want a chilled book in which you can laugh and have a good time. . The writing was exquisite. I could picture everything the writer was saying. 🌟The whole story was portrayed beautifully and I fell in love with each and every character. Every character had a different and refreshing personality. I felt like I could just enter the world of Hanna Why and just live there. . Hanna Why was such a joy of a main character and her family just added to that. Let me just tell you briefly about her family. As in the authors words : "She has a madcap mum, a step father, a gay father, a half brother and two step brothers". As you can see, her family is pretty unique. 🌈 . The only reason why I didn't give this book a 5/5 was because I did predict the end result of the book but I enjoyed it nonetheless. I would highly recommend that you give it a read. 💜
🦋Synopsis :Meet Hanna Why: cheeky,intelligent, imaginative, and the next teen writing sensation. Hanna's mom decides the whole family should spend the winter holidays in a remote family honeymoon on a mountain-as a type of extended family honeymoon, so they can get to know one another better. A good idea on paper, dear reader, but fraught with disaster in real life!
In honesty a terrible book, I dislike the premise and the ides of blended families. All it shows is parents really have no clue what they are doing and this story is the perfect indicator of this. If this wasn't prescribed reading for school, most people would never even bother with this book.
Ons klas het dit as 'n voorgeskrewe boek gehad hierdie jaar en dit was great. Ek het dit al voorheen gelees, maar ek het dit baie geniet om dit weer te lees. Baie kinders het soms deurmekaar geraak met wat realiteit was en wat Fabienne se storie was, maar daar was baie dele waar ons almal (insluitend ons juffrou) saam gelag het.
Eks soe bly ek het weer besluit om bietjie Afrikaanse boeke te lees. Ek het Hanna Hoekom op skool gelees en die keer haar verhaal net soe baie geniet😍!
Die Ongelooflike Avonture Van Hanna Hoekom is 'n lekkerleesstorie vir (jong) tienermeisies, veral die weetgierige boekwurms. Iets aan die boek herinner my aan die Maasdorp-reeks - wat inderdaad groot lof is! Definitief 'n boek om aan te beveel.