Dit spook in Thomas-hulle se nuwe huis! Hy hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Met die hulp van sy vriende, Hannes en Alex, en ’n paar soektogte op die Internet, slaag Thomas daarin om die raaisel rondom ’n moord wat ’n eeu vantevore in hulle huis plaasgevind het, op te los. 'n Spanningsverhaal wat jong lesers behoorlik sal laat naels kou!
It is in my opinion a good book. We read it in class and it was pretty interesting. I'd recommend it to someone who likes a bit of suspense in the story or funny characters. It is in Afrikaans which I like
'n Oulike internet speurverhaal vir lesers van 10 en ouer. Hoewel die tegnologie in die boek verouder is volgens vandag se standaarde, doen dit nie afbreek aan die storie nie.