Jump to ratings and reviews
Rate this book

SuperRomanza

Soene in 'n Sandkasteel

Rate this book
Daniella wil in sprokies met gelukkige eindes glo. Maar haar eerste huwelik het misluk vanweë haar eie ontrouheid. Kan sy ’n tweede kans op geluk kry saam met Remi wie se eksvrou hom ook bedrieg het met ’n ander man?

255 pages, Kindle Edition

First published June 1, 2019

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (50%)
4 stars
1 (25%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
1 (25%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Amanda.
1,148 reviews
July 8, 2019


Praat van ’n kasteel en die deursnit romantiese Suid-Afrikaanse leser kry so ’n vêraf blik in die oog. Die meer avontuurlikes selfs ’n goeie skeut wanderlust. Want ons pragtige land het mos ’n ernstige gebrek aan kastele. Daarom dat ek gehou het van Frenette van Wyk se storielyn: sy plaas held en heldin, beide van Suid-Afrika, in ’n toergroep wat die Zilarra Rún in die Baskiese lande gaan besoek.

Die skrywer bederf die lesers boonop met ’n les oor die bekendste kastele wêreldwyd, terwyl sprokies en legendes ook te sprake kom.

Daar was ongelukkig ’n paar dinge wat gepla het. Hoewel ons hier te make het met ‘n skrywer wat soveel as 23 Romanzas op haar kerfstok het, en hierdie haar vierde SuperRomanza is, was die hoofkarakters nie vir my genoegsaam ontgin nie, en daar was te veel herhaling, te veel verwysing na die held se uiterlike (veral sy oë) en dikwels galante, selfs heldhaftige optrede, terwyl die leser eintlik bitter min van sy geskiedenis wysgeword het.

Ek is van mening dat die spanningslyn wat geimpliseer is deur die legendes en raaisels van die kasteel, nie genoegsaam ontwikkel het nie. Ek dink dit sou lekker kon lees as ’n Romanza as die onnodige beskrywings en vrae oor die verlede én die toekoms, ingekort is, en die skryfstyl ’n bietjie minder formeel was. As die SuperRomanza dan steeds die aangewese formaat was, sou ek wou sien dat Remi ook fokaliseer, sodat die leser ’n duideliker beeld kon kry van wié hy is en wat hom na Zilarra Rún gedryf het.
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
October 19, 2019
Hierdie is alles behalwe ‘n sandkasteel. Dit is ‘n net ‘n droomkasteel waar jy jou kan verbeel daar woon prins en prinsesse in. Dit het gevoel ek is self daar, in die yskasteel met al sy torinkies. Die twee hoofkarakters, Daniella (wat wil duidelikheid kry oor haar gebroke huwelik) en Remi, wat ‘n lekker vakansie kom hou, laat jou voel, jy staan langs hulle, met alles wat hulle doen. Die storie maak ‘n draai, wat jy glad nie verwag het nie en wat jou so bietjie laat dink oor iemand se lewe – kon dit werklik so wees en hoe sou die lewe anders uitgedraai het vir die persoon. Daar is ook met tye, spanning wat hoog loop –jy wil net jou oë toemaak, tot die gedeelte verby is, net soos in ‘n aksie film. En net toe jy dink die een avontuur is verby, gebeur die volgende. Met tye wil jy mal word as Remi en Daniella, net wil begin click en een van die ander gaste tussen hulle kom.
Ek het hierdie boek rerig baie geniet, met die avontuur, spanning en tog nog die liefde. Welgedaan Frenette met ‘n uitstekende boek.
1 review
August 4, 2019
Heerlike storie om in weg te raak! Die setting en storielyn is baie oorspronklik en ek kan nie anders as om dit 5 sterre te gee nie.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.