Die verhaal speel af op die prentjiemooi dorp, Skuilhoek. Die naam van die dorp is baie beskrywend, want dit is 'n skuilplek vir baie mense wat op een of ander wyse deur die samelewing verwerp word en 'n nuwe lewe op dié dorp wil begin.
Carla Avenant is 'n dokter by Ongevalle en haar werk is vir haar baie belangrik. As 'n mens elke dag van jou lewe noodgevalle hanteer, onstel dit jou nie meer nie – of so dink mens. Haar suster sterf in die ongevalle afdeling nadat sy in ‘n noodlottige motorongeluk was. Alhoewel sy nie die ongeluk veroorsaaak het nie, was sy nie veronderstel om te bestuur nie aangesien sy vroeër die dag in ongevalle was as gevolg van ‘n angsaanval en die medikasie wat Carla vir haar gegee het. Hoekom het sy dan bestuur nadat Carla uitdruklik vir haar gesê het dat sy nie mag bestuur nie? Carla is platgeslaan wanneer sy uitvind dat haar swaer ‘n hofgeding aanhandig gemaak het teen haar en haar van nalatigheid aankla. Sy word op verlof gestuur en onttrek haar op 'n afgeleë plaas by Skuilhoek. Maar rus en vrede is skaars artikels, selfs op hierdie prentjiemooi dorpie. ‘n Gevaarlike krimineel saai verskrikking in die gemeenskap, en Carla vind dat haar mediese kennis onverwags benodig word en dat sy op Deon en Sollie of soos hy genoem wil word Vonk, staat kan maak.
Deon bly oorkant die meer op sy plaas waar hy seuns inneem wat ‘n hulp nodig het. Sollie of Vonk is een van die nuuste aankomelinge wat daarvan verdink word dat hy sy ma se huis opsetlik aan die brand gesteek het. Maar hy is onskuldig – hy is eintlik ‘n kind wat baie lief is vir diere. Sy pa wat ‘n jaar tevore oorlede is was ‘n veearts en Sollie het na sy ouers se egskeiding by sy pa gebly en hom gehelp.
Die bure help Carla om haar voete te vind en gou het sy ook ‘n huismaat, Wollie aangesien tannie Betsie daarop aandring dat sy nie so alleen in die huis moet bly nie. Die burgermeester van die dorp het gou ‘n oog op Carla en sy seun is maats met Sollie. Die seuns hou hulle vriendskap stil vir die pa aangesien hy niks van Deon en sy seuns hou nie. Na ‘n brand op Deon se plaas sien mens darem dat die burgermeester darem ‘n hart het wanneer Sollie beseer word wanneer hy deur ‘n elektriese kabel geskok word. Sollie word per helikopter na die naaste hospitaal gevat waar hy ‘n paar dae moet aansterk. Daar ontmoet Carla Sollie se ma maar is nie beindruk met die vrou nie. Nou kan sy sien waar Sollie aan sy verwyte kom.
Ongelukkig verdwyn een van die geliefde inwoners, tannie Betsie se man en later vind Sollie en Carla hom op die eiland. Wie sou die arme ou man alleen daar laat? Wie is vir sy dood verantwoordelik?
Carla se verlof is verb yen sy moet weer begin werk, maar die vreugde wat haar werk haar altyd gegee het is weg. Nie alleenlik wil die hospitaal met haar swaer skik nie, maar dit is asof ‘n dolk deur haar gesteek word aangesien dit ‘n klad op haar naam sal wees en sy nie die kans gegun word om haar kant te stel nie. Voor haar vertrek na Skuilhoek is sy na haar suster en swaer se huis om die foto album te kry en daar het alreeds ‘n ander vrou by haar swaer ingetrek wat vvir haar net een ding kan beteken. Carla gaan spreek die vrou in die straat met wie haar suster die middag van haar dood ‘n afspraak gehad het, en sy vertel aan Carla dat haar suster toe haar man gebel het, duidelik vir hom gesê het dat sy nie mag motor bestuur nie maar dat hy toe op haar geskree het. Sy het selfs voorgestel dat hy ‘n huurmotor kry maar hy wou niks weet nie. Haar suster het juis die angsaanval gekry as gevolg van die feit dat sy en haar man die oggend ‘n argument gehad het. Hy het al die geld uit hulle gesamentlike bank rekening getrek en dit in ‘n ander rekening gesit en sy het by sy sekretaresse uitgeving dat hy op die inkomstebelasting kul. Sy buurvrou is gewillig om ‘n verklaring te gaan aflê oor alles. Kort voor lank werk alles ten gunste van Carla uit aangesien die hof haar swaer sy aansoek uitgooi en boonop het sy sekretaresse hom gaan aangee by die inkomste diens vir die bedrog wat hy pleeg. Carla het haar pos bedank en gaan terug Skuilhoek toe om daar ‘n praktyk te begin. Natuurlik is Deon ook deel van haar besluit.
Sy is skaars terug of sy word byna vermoor deur Riaan, die burgermeester se psigotiese seun. Gelukkig het Sollie agtergekom dat elke keer as daar vandalisme plaasvind dat Riaan nooit te vinde is nie. Deon en Sollie vind Carla net betyds nadat Riaan haar van die boot af stamp en sy haar kom teen ‘n stomp stamp. Dit kom uit dat Riaan ook vir sy ma se moord verantwoordlik was. Deon help Carla om nie net weer haar voete te vind nie maar om ook ‘n pad na die Here te vind.
Regtig ‘n baie mooi verhaal en ek gaan beslis kyk of ek die ander boeke in die reeks kan kry.