Jump to ratings and reviews
Rate this book

Siener in die suburbs: 'n spel in drie bedrywe

Rate this book
Die stuk speel af in 'n armoedige suidelike voorstad van Johannesburg. Jakes is die "zef" ou wat 'n ma soek vir sy laaitie. Tiemie, die ma, wil egter niks hiervan weet nie. Sy wil wegkom uit die "suburbs", met 'n ryk man trou en "van geweet wees". Haar broer, Tjokkie is die siener wat onder meer "sien" hoe 'n ander man as Jakes haar swanger maak. Natuurlik met rampspoedige gevolge.

56 pages, Paperback

First published January 1, 1971

8 people are currently reading
158 people want to read

About the author

P.G. du Plessis

19 books16 followers
Pieter Georg du Plessis is op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat gebore. Sy pa was vir veertig jaar onderwyser in Engels in die Vrystaat. Pieter, soos hy verkies om genoem te word, gaan skool op Cornelia en Heidelberg in Gauteng waar hy aan die Hoër Volkskool matrikuleer.

Hy behaal die grade:
BA -1955 -(Universiteit van Pretoria),
Onderwysdiploma- 1957 - (Pretoriase Onderwyskollege),
BA Honneurs - 1960- (Universiteit van die Witwatersrand)
Phd -1966 - (Universiteit van die Witwatersrand)

In sy beroepslewe maak hy 'n draai in die onderwys (Hoërskool Fakkel in Johannesburg), lektor by die Johannesburgse Onderwyskollege, senior lektor in Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van die Witwatersrand, Direkteur by die Instituut vir Taal, Lettere en Kuns by die RGN, eindredakteur by die tydskrif Standpunte, assistentredakteur by die dagblad Die Transvaler, redakteur van Hoofstad koerant.

Literêre kritiek
1968 Die verwysing in die literatuur, Nasionale Boekhandel

VERHOOGSTUKKE
1969 Die nag van Legio, Tafelberg
1971 Siener in die suburbs, Tafelberg
1973 Plaston: DNS-kind, Tafelberg
1977 ’n Seder val in Waterkloof, Tafelberg
1985 Vereeniging, Vereeniging, Tafelberg
1999 Inkleurboek
2005 Nagkantoor
2006 Bedevaart
2004 Send for Dolly (Engelse vertaling van 'n Seder Val In Waterkloof)
2008 Sophia Mentz beredder haar boedel
2014 Pandjieswinkelstories

Prosa: Kortverhale
1980 Koöperasie-stories op Donderdag, Perskor
1983 Hier sit die manne…, Perskor
1985 Nog koöperasie-stories, Perskor
1991 Koöperasie-stories: die omnibus, Perskor
1997 Tussen die riewe, Benedic
1998 Tweehonderd stories, Perskor
2006 120+ sommerstories, LAPA
2009 Kortetjies en 'n lange, Tafelberg

Prosa: Sketse
1987 Het olifante elmboë?, Tafelberg
1993 Neklis, Tafelberg

Prosa: novels/romans
1994 Syferfonteine, Tafelberg
1998 The Married Man’s Guide to Adultery: A Study of Adulterations, Tafelberg
2008 Fees van die ongenooides, Tafelberg

VERTALINGS
Die nag van legio (1969) English (My name is Legion)

Dramas en verhoogstukke:
Die Nag van Legio; Siener in die suburbs (Hertzogprys, W.A. Hofmeyr-prys);
Seder val in Waterkloof (1979), vertaal in 2004 as Send for Dolly;Vereeniging, Vereeniging; Bedevaart; Inkleurboek; Nagkantoor;
Plaston: DNS-kind; ;
Verwerkings vir verhoog:
Mikro se Mattewis en Meraai; Gonnakolkers;
Die Wa-as; Die Houtswaan en Die Porseleinkat.
Televisiereekse en draaiboeke:
Koöperasiestories; TJ7; Rand 'n Droom; Die Maplotters; Andries Plak;
Feast Of The Uninvited; Dryfsand (ATKV-Televisieprys, ATKV-Televisieprys vir Beste Draaiboek vir ’n Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama, Beste Regisseur (Koos Roets), sowel as Beste Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama.);

Films: Nag van die Negentiende; Liewe Hemel, Genis - die moevie;

Verhoogoptredes: Spies en Plessis met Permissie (saam met Jan Spies);Klets, Klawers en Kitaar ( Saam met Ollie Viljoen en Valiant Swart).

Intussen vestig Pieter en sy vrou Marie hulle op ’n plaas, Sémoér, by Rysmierbult net duskant Ventersdorp. Hier boer Marie en kan Pieter sy liefde vir houtwerk uitleef.
Bron: Wikipedia

TOEKENNINGSWA Hofmeyr Prize (1970) – Die nag van Legio
CNA Prize (1971) – Siener in die suburbs
Hertzog Prize for Drama (1972) – Die nag van Legio and Siener in die suburbs
WA Hofmeyr Prize (1973) – Siener in die suburbs
FAK Prize for Light Fiction (1988) – Het olifante elmboë?
Insig Afrikaanse Onbeperk Pioniersprys (2002)
ATKV Television Prize for Best Script (2007) – For the TV series Dryfsand
ATKV Prize: Fees van die ongenooides (2009)
Helgaard Steyn Prize: Fees van die ongenooides (2012)

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
36 (33%)
4 stars
42 (38%)
3 stars
19 (17%)
2 stars
6 (5%)
1 star
5 (4%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Coenraad.
808 reviews43 followers
March 19, 2014
P.G. du Plessis se SIENER IN DIE SUBURBS se eerste opvoerings is deur resensente groot lof toegeswaai; die gepubliseerde teks het drie groot letterkundige pryse, waaronder die Hertzogprys vir Drama, ontvang. Vandag mag mense wonder waaroor die bohaai was, maar dis omdat ons nie meer onthou hoe opspraakwekkend seksuele verhoudings en swangerskappe buite die huwelik, asook dwelmgebruik, in die vroeg sewentigerjare was nie. Die karakters bly steeds vlees-en-bloed mense, elk met 'n eie lewe en hartseer. Die interaksie en dialoog klink steeds oortuigend, melodramatiese slot ten spyt. Ek het dit nog nooit op die verhoog gesien nie, maar ek kan my verbeel hoe dramaties en effektief dit moet wees wanneer vaardige akteurs hierdie kleingeskiedenis opvoer. "Ek wil van geweet wees" en " 'n Man moet 'n laaitie hê" is steeds sinne wat in die Afrikaanse letterkunde weerklink.

P.G. du Plessis's play was lauded when first performed and published. After more than 40 years the characters, conflict and dialogue retains power - in the hands of an excellent cast it will still have an audience spellbound.
9 reviews1 follower
May 4, 2018
Du Plessis portrays the specific class of Afrikaner very well. The book is well written and reads very smoothly for a play. It’s a quick read that leaves you with an air of mystery. Definitely worth the read.
3 reviews4 followers
September 10, 2018
Gunsteling aanhaling uit die boek - Tiemie: Ek wil van geweet wees Ma, ek wil nie vrek soos ‘n hond nie, ek wil van geweet wees...
Profile Image for Leani.
260 reviews
March 11, 2016
I first read this as a prescribed work in school, which as usual succeeded in making a bad impression. Listening to the dramatised version, I get what the big deal is about. Each of the characters in this story is familiar, and their (disfunctional) family interactions - the predictability, the inevitability of it all - ring true.
Profile Image for Ilze.
641 reviews29 followers
May 17, 2008
We studied this drama as part of the Afrikaans language course ... all those ducktails and things ... I don't know, after a while one really gets tired of these depctions of the Afrikaner as poor and unpleasant.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.