Jump to ratings and reviews

Die Baron van Duiwelstroon

Hardcover

Published January 1, 1970

Loading...
Loading...

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
0 (0%)
4 stars
1 (100%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 1 of 1 review
Profile Image for Bambi.
196 reviews
July 9, 2026
Afrikaans review, translated to English afterwords.

"Saam met haar jong stiefmoeder het die nog jeugdiger dokter Selma Hugo die bekende van die stad verlaat om 'n praktyk op 'n verlate vissersdorpie aan die Kaapse kus oor te neem. In die klein vissersgemeenskappie van Duiwelstroon het n nuwe, vreemde lewe op Selma en Gerda gewag. Maar die vreemdste van alles, 'n massiewe ou kliphuis - Die Kasteel. Aan hierdie groot ou woning uit 'n era wat verby is en wat in lewe aan baron Kurt Ziebertz behoort het, is 'n geheim verbonde waaroor almal op Duiwelstroon fluister. Bedags slaan die rustelose branders tot feitlik tot teenaan die dik mure van die ou kasteel daar op die rotse en saans sak die mistigheid van die see onheilspellend oor hom neer. Daar is 'n gedrog wat êrens in die skadu's van die gebou dwaal en daar is 'n erfgenaam wat eendag sy opwagting moet maak - die nuwe baron van Duiwelstroon. Maar wie is hy? Die baron van Duiwelstroon is 'n roman wat die leser van die gewone af wegvoer. Dis 'n verhaal met romantiek en geheimsinnigheid, 'n verhaal wat boei."

Net soos die boek se inleiding dit noem, is hierdie storie vol geheime en intriges. Die een van my ouer boeke, dateer uit 1970, en ek kon die boek dood eenvoudig nie neersit nie. Ek het lanklaas so lekker aan 'n ouer Afrikaanse roman gelees, en hierdie boek verdien net die beste resensie!

Soos vroeër genoem, gaan die storie oor Selma en Gerda wat na Duiwelstroon toe trek sodat Selma die praktyk kan oorneem. Daar wag klomp verrassings op hulle, en sommer met die intrapslag sien Selma al haar eerste pasiënte. Gerda ontmoet vir Tobie, die man met die sagte, mooi oë en pragtige geaardheid, wat effens vermink is. Wat sou hom dan oorgekom het? En elke keer wat Selma en Gerda na die kasteel kyk, sien of hoor hulle dinge wat onverklaarbaar is. Wie het so gegil? Die mense praat van 'n gedrog wat daar by die kasteel ronddwaal, en 'n wit spookvrou wat in die gange van die kasteel spook. Wat het van die ou baron se vrouens geword? Al hierdie vrae word deur die loop van die storie beantwoord.

Gerda (stiefmoeder) in my opinie is die regtre heldin in die verhaal. Sy is eg mens en gee om vir haar medemens. Sy is nie aansitterig nie, en aanvaar mense soos hulle is. Selma (stiefdogter), te danke aan haar oorlede vader, is bietjie bederf en sien partykeer neer op ander. Sy is meer klas bewus, en het baie keer vir Gerda oorreed om haar vriendskap te breek met Tobie.

In Die Baron van Duiwelstroon word baie karakters genoem en betrek, maar dis gelukkig maklik om kop te hou. Die geheime rondom die kasteel maak dat jy aanmekaar wil lees en uitvind wat volgende gaan gebeur. Jy word so nou en dan verras met 'n nuwe, maar belangrike karakter, en stadigaan maak alles vir die leser sin.

Ek het hierdie ou juweel van 1970 regtig baie geniet, en sal hierdie storie altyd aanbeveel vir mense wat 'n geheimsinnige roman kan waardeer.


The Baron of Duiwelstroon is a story about Selma and her stepmother, Gerda, moving to a small town called Duiwelstroon. Selma is to be the new physician there for the fishermen and their families. Their small house looks upon the castle of Duiwelstroon, where the old baron used to live. He has passed away, and the people of Duiwelstroon are awaiting the heir and new baron to arrive and claim his title and home. But with castles, comes gossip, and soon Selma and Gerda learned of horrific stories regarding a dead child whose body was never found, the baron's first wife falling off the cliff, the second wife gone without a trace, and the third wife probably thrown off the cliff as well. They also learn about a ghost of a lady walking the halls of the castle, and a monster walking and hiding outside the castle walls. Then one night, they see lights and hear a woman' screams. What is happening inside the castle and what secrets are being kept?

Gerda is my favorite character, with her soft and good nature, caring for everyone she meets, and doesn't judge. Selma, on the other hand is a bit of a snob and tries numerous times to break Gerda's friendship with Tobie, a kind-hearted, crippled man. What is Tobie hiding?

This story is a jewel from 1970 written in Afrikaans. Not only is it a romance story, but it contains mystery as well. I really enjoyed this story and finished it in one sitting. It was near to impossible to put the book down, I just wanted to know more and more. I highly recommend this book to anyone who appreciates an old book, who enjoys a romantic mystery as much as I do.
Displaying 1 - 1 of 1 review