Jump to ratings and reviews
Rate this book

Viersprong

Rate this book
Kortverhale deur vier vrygeestige vroue. Verhaaltemas in die bundel wissel van rare vriendskappe, weerlose mense, die reislus, die baie vorms van liefde, keuses wat gemaak word en vrede wat gevind word. Skrywers Anel Heydenreych, Annemari Coetser, Nadia de Kock en Trisa Hugo sorg vir 'n genotvolle leeservaring.

237 pages, Paperback

First published January 1, 2006

11 people are currently reading

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
6 (35%)
4 stars
6 (35%)
3 stars
3 (17%)
2 stars
0 (0%)
1 star
2 (11%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Anton.
15 reviews
September 27, 2013
Toe ek die eerste keer van Viersprong hoor en sien dat dit saamgestel is deur vier vroue, was daar by my geen twyfel nie: vroueliteratuur sonder twyfel, en beslis soppy liefdesverhale wat mens tot die dood gaan verveel. Nou moet ek, voor ek verder gaan, eers meld:
ek is 'n patetiese leser van liefde en sy dinge, aangesien ek maar min daarin glo en nog nie juis iets gelees het wat my kan boei nie. Als op dieselfde trant, en dus nie vir my nie; maar!!!! wat 'n absolute verrassing het in hierdie boek geskuil. Al trek daar strepe van liefde deur die verhale, is dit als behalwe die stroperige klomp snert wat aan mens opgedis word wat jy dan so wurg-wurg in die keel afgooi. Die verhale is elkeen 'n baie welkome verfrissing, met baie verrassende lyne en eindes. Dis daai tipe: jy begin lees, probeer voorspel, lees voort en word omgeslaan met 'n baie aangename einde. En ek is 'n "sucker" as dit kom by 'n goeie einde.

Tweedens is dit maar baie moeilik om my te boei - veral as dit net 'n klomp vroumense is wat hulle idee van liefde deel. Maar, weereens is die mat onder my voete uitgeslaan. Ek kon net nie wag om na die eerste storie te begin met die volgende een nie. Nou moet ek eerlik wees - toe ek deur die inhoud gaan en sien dat die verhale almal in 'n kategorie geplaas is, was my oombliklike gedagte een van "resepte wat hier uitgeruil word". Maar, as dit die tipe resepte is wat hierdie dames uitdeel soos hulle doen in Viersprong, dan mag hulle gerus maar nog meer uitdeel.

Dus, moet die boek nie sien as chick-lit nie - mans het geen verskoning om die boek te ignoreer nie. Julle sal dit voorwaar geniet om hierdie verhale te lees vanuit 'n manlike oogpunt.

Nou het ek natuurlik 'n versoek: siende dat die dames daarin geslaag het om my as man se belangstelling te prikkel, wonder ek net, kan julle soortgelyke stories doen wat direk met die man gaan praat?

Baie geluk dames, julle het hier 'n voortreflike stukkie werk wat ek voluit geniet het, en my absoluut gevange gehou het. Doen gerus so voort.
Profile Image for Anne-Marie.
262 reviews25 followers
April 25, 2012
This book is like a slab of chocolate. The more you read, the more you want to read, but you also do not want to finish it. Read this twice!
Displaying 1 - 2 of 2 reviews