Jump to ratings and reviews
Rate this book

Katvis

Rate this book
Ná ’n huwelik van twaalf jaar waartydens sy aan Gerhardus se magsbeheptheid en seksuele sadisme onderwerp is, het Maria genoeg gehad. Op 10 April 2022 verlaat sy die Baai met net haar handsak, ’n koffer en haar viool in die kar. Sy wil die deur finaal toetrek op ’n lewe van aftakeling, perversie en die dreigemente waarmee Gerhardus haar sedert hul egskeiding aanhou teister. Nie eens haar ma, Selina, weet waarheen Maria op pad is om ’n nuwe begin te maak nie. Die enigste mens wat van haar planne bewus is, is Lukas Delport, eienaar van Matoli Meadow, ’n gastehuis op ’n plaas in die Maclear-distrik waar Maria haar voete as bestuurder gaan vind. Maar minute nadat sy op die plaas aankom, tref die godsverskrikkende wete haar dat al die jare saam met Gerhardus net ’n leerskool was om haar voor te berei op hierdie dag van
ontgogeling. Hier, in ’n donker kelder, gekatvis deur ’n gewetenlose bedrieër, is elke oorlewingsminuut suiwer grasie. Ná twaalf jaar is die skrywer van Trippel sewe , Klawervier , Raaiselkind en Thula-thula terug met ’n nuwe roman. Katvis gaan lesers opnuut onder die indruk bring dat Annelie Botes ’n storieverteller sonder gelyke is.

263 pages, Kindle Edition

Published May 8, 2023

31 people are currently reading
61 people want to read

About the author

Annelie Botes

23 books46 followers
Annelie Botes was a South African writer in the Afrikaans language.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
135 (49%)
4 stars
84 (30%)
3 stars
37 (13%)
2 stars
12 (4%)
1 star
4 (1%)
Displaying 1 - 13 of 13 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,493 reviews85 followers
May 15, 2023
#Katvis – Annelie Botes
#PenguinRandomHouse

Maria Jacoba. So is sy gedoop. Maar sy wou allermins haar rusbank – breë naamgenoot, Ouma Jacoba, met haar sewe tande en galsterige reuk wees, toe word sy Marja. Weliswaar steeds vasgeketting aan die armoede van Forest Hill, maar met groot drome dat haar liefde en talent vir haar viool, al is dit die heel goedkoopste model by Musikland, vir haar ‘n beter toekoms sal verseker; ‘n geel huis met skoenlappers in die tuin; regte tandepasta en Worcestersous.

Gerhardus se verskyning in haar veertiende jaar was haar belofte van ‘n beter lewe; weg van Oom Tallie met sy belustigheid vir jong meisies, Oom Joop wat alle uniformlose besoekers met klippe, brood en groen perskes bestook, Pirana met sy twee rye tande, Oom Triggie met die skeefte in sy kop, Ant Levinia met die maansiekte en Ma Selina se vetkoeke en slaghoenders.

Na twee en twintig jaar onder die ystergreep van Gerhardus se narsistiese besitlikheid, perverse gewelddadigheid, sluipjagtogte, intimidasie en dreigemente, vlug sy uit die Baai na die afgeleë Oos Kaapse platteland. As bestuurder van ‘n gastehuis buite Maclear hoop sy om uiteindelik in die veld te kan viool speel, verlos van beide Gerhardus en Forest Hill, min wetende dat haar grootste stryd om oorlewing nog sou voorlê.

Marja is deurgaans die fokaliseerder en deur haar pogings om krag uit die verlede te put om oorlewing in die teenswoordige te verseker, leer die leser die karakters van Forest Hill in deernisvolle detail ken. Pirana is wel ‘n perlemoensmokkelaar, maar sy hart en hand is oop vir sy komvandaanmense; Ant Bybie behou haar trots ten spyte van omstandighede en dring aan om tee in koppies te bedien; Oom Patriek versorg sy geliefde boerbok, Tiekiepoeding, ten koste van homself, Tannie Cecile los snags ‘n brandende kers op haar vensterbank om mense geloof in die Lig te laat behou, en Dominee Van Rooyen en Suster Immelman is die gom wat die gemeenskap aanmekaar hou.

Marja se herontdekking van die hart van ‘n ma staan sentraal in hierdie karaktergedrewe roman. Aanvanklik blyk Selina hardvogtig te wees, sy verwyt Marja vir haar weggaan, teem dat sy ondankbaar is, dat egskeiding sonde is, haar woorde ‘…swart pêrels van kritiek, blaam en betigting.’ (1) in teenstelling met Tannie Victoria by wie Marja ervaar dat woorde ‘…soos glasagtige harpmusiek in haar ore…’ (135) kan wees. Selina word ook as agterlik en onkundig uitgebeeld; haar eerste kennismaking met ‘n rekenaar het skok en afsku tot gevolg: ‘…kompers het virusse en dis aansteeklik. Dit kan jou breins uitvee.’ (18)

Marja se eie siening van haar ma – en daarmee saam die indrukke van die leser – verander eers geleidelik soos wat sy begin besef in watter mate haar ma, ten spyte haar beperkte vermoëns, haar een konstante in die lewe was; die een mens wat haar kan laat glo dat sy inderdaad kan oorleef, omdat Ma Selina se onblusbare veggees ook in Marja versteek is.

Slegs ‘n ware meesterhand kan ‘n vollengte roman in ‘n geslote ruimte en in ‘n beperkte tyd laat afspeel en terselfdertyd die spanning nie net behou nie, maar laat toeneem, terwyl karakters ontwikkel tot veelkantige, komplekse wesens. ‘Katvis’ is ‘n meesterstuk; ‘n roman wat die lesers aangryp, boei en, na die lees van die slot, vir ‘n wyle laat swyg uit respek voor die grootsheid daarvan.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Profile Image for Heidi de Goede.
614 reviews8 followers
June 30, 2023
Puik! Beslis my nommer 1 vir die jaar sover.
Angswekkend by tye en weer skreesnaaks op die volgende bladsy. Moet lees.
Profile Image for Muller Rossouw.
135 reviews4 followers
September 2, 2023
Annelie Botes, 'n nasionale skat en meesterverteller, se nuutste roman is iets HEELTEMAL anders as waaraan haar deursnee aanhanger gewoond is. Hierdie verhaal se agtergrond is die bedremmelde en disfunksionele Oos-Kaap en dit was heerlik om te lees oor al die bekende plekke in Port Elizabeth en ook die klomp karakters van Forest Hill... Met covid in die agtergrond en ons protagonis se aardige man, wat beide soos gevaarlike skaduwees in die agtergrond skuil, het dit gesorg vir 'n ongemaklikheid wat in jou nek asemhaal en waarvan ons nie kon ontsnap nie.

Die leser word met 'n moerse slag deel van Marja se wêreld. En dit is werklikwaar CHAOTIES. Botes draai nie doekies om nie en sy voel 'n veer vir haar lesers se senuwees en harte soos wat sy ons dronk skryf en met swart en wit letters 'n wêreld in technicolour skilder.

Die arme vrou word gekatvis deur 'n LIEDERLIKE skerptandbaber en Botes kry dit sowaar reg dat die leser nie anders kan as om die baber te bejammer nie. En dit laat die leser met die vraag of Marja se baberbestaan in die kelder beter vir haar was as haar lewe in die spogwoonbuurt saam haar bloukopkoggelmander man...

Lees hierdie boek as jy van lekkerlees afrikaanse fiksie hou.
1 review
June 29, 2023
Weereens ñ wenner

Glad nie wat ek verwag het nie, maar kon tog nie ophou lees nie. Hoof storie omring deur vermaaklike kort stories.
Profile Image for Lindie van Gass.
4 reviews
January 21, 2025
My eerste Annelie Botes boek, en beslis nie die laaste een nie. Dit het sommer al in die eerste paar bladsye 'n totale 180 grade draai gemaak. Dit het my volle aandag tot aan die einde gehad. Ek gaan nog vir lank dink oor dié karakters.
Profile Image for Susanna.
259 reviews7 followers
February 13, 2024
Marja was jare lank met ‘n narsis getroud. Sy het uiteindelik ‘n manier gevind uit die huwelik, maar Gerhardus het ander planne. Marja weet dat hy altyd op haar spoor sal bly en heel moontlik eendag haar dood gaan veroorsaak. Sy moet weg.

‘n Advertensie vir ‘n pos in die middel van nêrens op ‘n wildsplaas lyk na die perfekte antwoord vir Marja. Sy gaan egter vir niemand daarvan vertel nie, nie eers haar eie ma nie. Sy weet as Gerhardus genoeg geld aanbied sal haar ma vertel waar sy is – geld is moeilik om voor nee te sê as jy niks het nie. Dit gaan ‘n splinternuwe begin wees, weg van haar verlede, haar vrese.

Lukas klink na ‘n aangename mens, hy is die baas van die plaas. By haar aankoms by die plaas lyk dinge bietjie meer vervalle as wat sy verwag het, maar hul kort mos nou juis iemand soos sy om te help. Lukas is egter nie daar nie, maar die opsigter sal haar rondwys waar alles is. Soos hul deur die woning loop na waar Marja gaan bly, begin al hoe meer rooiligte afgaan in haar kop. Toe sy egter in die kelder in stap en ‘n hou voel agter haar kop, weet sy, sy was reg. Sy is ‘n slagoffer van ‘n katvis situasie.

My gedagtes: Ten spyte van die vreeslike situasie waarvan mens lees, het ek die boek nogals baie geniet, veral die stories van Marja se grootwordjare en al haar ma se sêgoed. Dis beslis nie vir sensitiewe lesers nie, die storie is maar rof. Ons het dit gelees in die boekklub vir Februarie 2024.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books34 followers
May 17, 2023
Hiert jou Katvis! Alhoewel die Katvis hier ter sprake baie ver verwyder is van die avonture van Grootbek en Katvis uit ons vroeë televisiejare, wil ʼn mens tog ‘hiert’ roep, as jy die voorblad van Annelie Botes se Katvis sien.

Hoe weet jy iemand is ʼn goeie storieverteller? Alles maak dadelik sin in terme van tyd en ruimte, die karakters is nie verwarrend nie en jy hoef nie voortdurend iets op te soek om die betekenis van woorde te koppel aan gebeure nie. Dit is altyd goed as daar diepte is, iets daaruit geleer kan word, terwyl dit terselfdertyd vermaaklik en/of boeiend is. Wys eerder as vertel. So was al Botes se vorige boeke, en so is Katvis ook. Hier is ʼn meester storieverteller aan die woord.

“Gekatvis deur ʼn gewetenlose bedrieër.
Uitgelok na ʼn gasteplaas wat nie bestaan nie.” (p. 27)

Katvis word sterk aanbeveel vir enige persoon wat van 'n goeie storie met ʼn snaarstywe spanningslyn, sonder onnodige pretensie hou. Ook vir dié wat iemand ken wat al geraak is deur katvissing, of op enige manier uitgebuit is deur 'n gewetenlose persoon
Profile Image for Zené Stoltz.
13 reviews
January 21, 2025
Sjoe. Wat 'n verskriklike boek.
Verskriklik hartseer, maar verskriklik goed.

Aan die begin was dit 'n gesukkel om te lees - mens is al so desensitised as jy na sulke verhale lees of kyk in Engels, maar om hierdie te lees in jou moedertaal raak 'n ander snaar. Dit voel kras en scary, want hierdie goed gebeur hier ook.

Die klein verhale tussen-in van Marja se tuisdorpie en ma en al die karakters op die dorp het trane na my oë gebring. Hierdie mense het niks wêrelds nie, maar hulle het soveel meer.

Goeie boek.
33 reviews
January 10, 2025
Was mal oor die boek. Baie van haar skryfstyl gehou en die mooi gebruik van Afrikaans het ek lanklaas teegekom in `n Afrikaanse skrywer. Die beskrywing van die omstandighede en leefwyses in Forest Hill was net so ongelooflik goed gedoen. Die einde onverwags maar die beste einde. Ek sal beslis nog boeke van haar lees.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Lena Nel.
337 reviews2 followers
October 30, 2023
Boekklub Okt. 2023: Ek is baie lief vir ons taal, maar hierdie was kras en vulgêr. Dis baie goed geskryf. Dit kan so maklik gebeur en dit doen tien teen een. Helmut het my bang gemaak.
Profile Image for Roelia (Roelia Reads).
419 reviews1 follower
August 6, 2023
“Katvis” is 'n sielkundige riller.  Dit volg Marja, 'n vrou wat ontsnap uit 'n disfunksionele huwelik.  Sy kry 'n werk kry as 'n bestuurder van 'n gastehuis in die Maclear-distrik. Sy besef egter gou dat sy deur 'n meedoënlose leuenaar mislei is wat haar in 'n donker kelder gevange hou.  Ek het 'n geleidelike aanloop na hierdie situasie toe verwag, maar dit gebeur so vinnig en vroeg in die boek, dit het my heeltemal onkant gevang.  Van daar af is die gevoel van spanning en afwagting hoog en konstant.

Marja moet haar sielkundige vaardighede en haar herinneringe aan haar kinderjare gebruik om te oorleef en terug te veg. Die karakter van Marja is goed ontwikkel en simpatiek, aangesien sy moed en krag toon in die gesig van gruwel. Die storielyn is vol draaie en wendings wat jou sal laat raai en geskok.

Die boek is geskryf in 'n eenvoudige en direkte styl, met kort sinne en paragrawe wat 'n gevoel van dringendheid en spanning skep. Ek het die teenwoordigheid van genommerde hoofstukke gemis, maar besef ook dat dit tot die stroom van spanning en intensiteit bydra.  Die skrywer gebruik ook dialoog en terugflitse om die karakters se gedagtes en emosies te openbaar, sowel as die gebeure wat tot hul huidige situasie gelei het.

“Katvis” is 'n aangrypende, hartverskeurende en intense lees wat jou op die punt van jou stoel sal hou. Die skrywer skep 'n realistiese en skrikwekkende scenario wat die temas van trauma, mishandeling, veerkragtigheid en wraak ondersoek.

Die roman is nie net 'n riller nie, maar ook 'n sielkundige studie van die effekte van trauma en mishandeling op die menslike psige. Die skrywer wys hoe Marja se vorige ervarings haar persoonlikheid en gedrag gevorm het, sowel as hoe sy met haar huidige situasie omgaan. Die skrywer ondersoek ook die motiewe en agtergrond van die antagonist, wat nie 'n eendimensionele skurk is nie, maar 'n komplekse en versteurde individu. Die roman stel vrae oor die aard van boosheid, die siklus van geweld, en die moontlikheid van verlossing.

Die roman weerspieël ook die sosiale en ekonomiese werklikhede van Suid-Afrika, sowel as die krag van musiek en natuur om te genees. Marja is 'n violis wat troos en vreugde vind in die speel van haar instrument, wat haar ook help om met haar kinderjare se herinneringe te verbind.

“Katvis” is 'n roman wat sal aantrek tot aanhangers van riller, spanning en misdaadgenres. Dit is 'n boek wat jou die pyn en die triomf van die menslike gees sal laat voel.

Met dank aan Penguin Random House South Africa vir die kans om die boek te kon lees.
Displaying 1 - 13 of 13 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.