Pieter Georg du Plessis is op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat gebore. Sy pa was vir veertig jaar onderwyser in Engels in die Vrystaat. Pieter, soos hy verkies om genoem te word, gaan skool op Cornelia en Heidelberg in Gauteng waar hy aan die Hoër Volkskool matrikuleer.
Hy behaal die grade: BA -1955 -(Universiteit van Pretoria), Onderwysdiploma- 1957 - (Pretoriase Onderwyskollege), BA Honneurs - 1960- (Universiteit van die Witwatersrand) Phd -1966 - (Universiteit van die Witwatersrand)
In sy beroepslewe maak hy 'n draai in die onderwys (Hoërskool Fakkel in Johannesburg), lektor by die Johannesburgse Onderwyskollege, senior lektor in Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van die Witwatersrand, Direkteur by die Instituut vir Taal, Lettere en Kuns by die RGN, eindredakteur by die tydskrif Standpunte, assistentredakteur by die dagblad Die Transvaler, redakteur van Hoofstad koerant.
Literêre kritiek 1968 Die verwysing in die literatuur, Nasionale Boekhandel
VERHOOGSTUKKE 1969 Die nag van Legio, Tafelberg 1971 Siener in die suburbs, Tafelberg 1973 Plaston: DNS-kind, Tafelberg 1977 ’n Seder val in Waterkloof, Tafelberg 1985 Vereeniging, Vereeniging, Tafelberg 1999 Inkleurboek 2005 Nagkantoor 2006 Bedevaart 2004 Send for Dolly (Engelse vertaling van 'n Seder Val In Waterkloof) 2008 Sophia Mentz beredder haar boedel 2014 Pandjieswinkelstories
Prosa: Kortverhale 1980 Koöperasie-stories op Donderdag, Perskor 1983 Hier sit die manne…, Perskor 1985 Nog koöperasie-stories, Perskor 1991 Koöperasie-stories: die omnibus, Perskor 1997 Tussen die riewe, Benedic 1998 Tweehonderd stories, Perskor 2006 120+ sommerstories, LAPA 2009 Kortetjies en 'n lange, Tafelberg
Prosa: Sketse 1987 Het olifante elmboë?, Tafelberg 1993 Neklis, Tafelberg
Prosa: novels/romans 1994 Syferfonteine, Tafelberg 1998 The Married Man’s Guide to Adultery: A Study of Adulterations, Tafelberg 2008 Fees van die ongenooides, Tafelberg
VERTALINGS Die nag van legio (1969) English (My name is Legion)
Dramas en verhoogstukke: Die Nag van Legio; Siener in die suburbs (Hertzogprys, W.A. Hofmeyr-prys); Seder val in Waterkloof (1979), vertaal in 2004 as Send for Dolly;Vereeniging, Vereeniging; Bedevaart; Inkleurboek; Nagkantoor; Plaston: DNS-kind; ; Verwerkings vir verhoog: Mikro se Mattewis en Meraai; Gonnakolkers; Die Wa-as; Die Houtswaan en Die Porseleinkat. Televisiereekse en draaiboeke: Koöperasiestories; TJ7; Rand 'n Droom; Die Maplotters; Andries Plak; Feast Of The Uninvited; Dryfsand (ATKV-Televisieprys, ATKV-Televisieprys vir Beste Draaiboek vir ’n Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama, Beste Regisseur (Koos Roets), sowel as Beste Afrikaanse Dramareeks, Sepie of Enkeldrama.);
Films: Nag van die Negentiende; Liewe Hemel, Genis - die moevie;
Verhoogoptredes: Spies en Plessis met Permissie (saam met Jan Spies);Klets, Klawers en Kitaar ( Saam met Ollie Viljoen en Valiant Swart).
Intussen vestig Pieter en sy vrou Marie hulle op ’n plaas, Sémoér, by Rysmierbult net duskant Ventersdorp. Hier boer Marie en kan Pieter sy liefde vir houtwerk uitleef. Bron: Wikipedia
TOEKENNINGSWA Hofmeyr Prize (1970) – Die nag van Legio CNA Prize (1971) – Siener in die suburbs Hertzog Prize for Drama (1972) – Die nag van Legio and Siener in die suburbs WA Hofmeyr Prize (1973) – Siener in die suburbs FAK Prize for Light Fiction (1988) – Het olifante elmboë? Insig Afrikaanse Onbeperk Pioniersprys (2002) ATKV Television Prize for Best Script (2007) – For the TV series Dryfsand ATKV Prize: Fees van die ongenooides (2009) Helgaard Steyn Prize: Fees van die ongenooides (2012)