What do you think?

Op pad na Grysberg
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy rou ook, want haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg, die mistieke baken wat bo die landskap uittroon, te gaan vestig. Een aand besluit sy om hom daar te gaan soek. Die tog soontoe is gevaarlik: die chaotiese stofstrate van Henza, die gevreesde ravyn en die Vloek van Kirikuk wag op haar. Sal sy die moed hê om die reis te voltooi? En sal sy haar seun weer sien?
Dit is ʼn unieke fantasie-groeproman deur Suid-Afrikase se knapste skrywers wat temas van identiteit, verbondenheid en die aard van komplekse, gedeelde menslikheid ondersoek.
Twee-en-twintig van die land se grootste name soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, Duane Aslett en Brian Fredericks het deelgeneem aan die unieke projek wat die diversiteit van Afrikaanse letterkunde vier en die krag van samewerking demonstreer. Elke skrywer het hul eie unieke perspektief en styl tot die roman bygedra, en die eindproduk is 'n besonderse boek wat beide as divers en samehanged beskryf kan word. Verwerking deur Erla-Mari Diedericks. Die skrywer en vryskutresensent Stefaans Coetzee het die projek gekoördineer.

147 pages, Paperback
Published April 1, 2023
About the author
Elsa Winckler
120 books305 followersI have been reading love stories for as long as I can remember and when I ‘met’ the classic authors like Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James The Brontë sisters, etc. during my studies, I was hooked for life.
I married my college boyfriend and soul mate and we are fortunate to live in the picturesque little seaside village of Betty's Bay, South Africa with the ocean a block away and a beautiful mountain right behind us. And although life so far has not always been an easy ride, it has always been an exiting and interesting one!
I like the heroines in my stories to be beautiful, feisty, independent and headstrong. And the heroes must be strong but possess a generous amount of sensitivity. They are of course, also gorgeous! My stories typically incorporate the family background of the characters to better understand where they come from and who they are when we meet them in the story.

Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
April 17, 2023
Fantasie, mitologie en post-apokaliptiese spanningsverhale sal jy nie hoog op my lys van leesvoorkeure vind nie. Terwyl dit presies is wat die agterplat van Op pad na Grysberg belowe. Hoekom dit dan lees? Veel eerder is dit die indrukwekkende lys van bekende skrywers wat saamgewerk het om hierdie unieke roman daar te stel, wat my beweeg het. Dit, en doodgewone nuuskierigheid!
“Ek is M. En vir ingeval jy wil weet. M staan vir niks, vir niemand.” (p.98) M leef onder haglike toestande in ’n wêreld wat verwoes is deur ’n vernietigende uitbarsting van die son. Haar man is ’n walglike dronkaard en wreedaard, haar enigste seun vort na Grysberg. Dit is vanuit hierdie uitgangspunt wat die skrywers hoofstuk vir hoofstuk hulle verbeelding en vernuf kon inspan om M se pad na Grysberg en moontlik ook haar seun, te karteer.
Sonder ’n spesifieke geneëntheid jeens mitologie, is die rol van Ra, Isis en die sogenaamde Wyses vir my heel verteerbaar. M waag dit selfs om kritiek te bedink: “Hoe wys is die Wyses regtig? Niemand mag hulle of die gode bevraagteken nie, maar as jy enigeen van hulle nodig het, is hulle doodstil en die hulp skraal.” (p.77)
Die projek was onder die leiding van skrywer en kampvegter vir Afrikaanse skrywers, Stefaans Coetzee. Die sentiment wat hom genoop het om hierdie groot werk aan te durf, was juis sy passie om kruisbestuiwing, soos hy dit verwoord, onder skrywers te bevorder. Met ’n uitgebreide en baie effektiewe bemarkingsveldtog, het die span nie alleen belangstelling in die boek verseker nie, maar het die skrywers mekaar oor en weer ondersteun en bemark.
Aan Constant van Graan, met sy ervaring in die fantasie-genre (Jungu Josh) is die opdrag gegee om ’n basiese raamwerk vir die storielyn uit te werk Die skrywers is gekies uit ’n wye verskeidenheid van genres. Dit op sigself het my gefassineer. Sou ’n sinergie van soveel verskillende stemme moontlik wees? Ek was aangenaam verras met die gemak waarmee die storielyn gevloei het, hoe die spanningslyn behou is, en hoe daar keer op keer nóg ’n dramatiese wending in die reis ingeskryf is.
Die resultaat was ’n uiters leesbare groeproman. Ingeval jy, soos ek, dadelik die name op die buiteblad tel, en by negentien uitkom: daar is ’n hoofstuk deur ’n anonieme skrywer, een deur Stefaans Coetzee self, en natuurlik is die aanvanklike groot bydrae gelewer deur Constant van Graan, met sy flair vir beplanning.

October 12, 2023
Ek was mal oor die boek. Die storie is regtig goed aanmekaar gesit. En dis n vreemde storie. Wel gedaan aan almal wat geskryf het. Ek het die boek vreeslik baie geniet
August 6, 2023
Ek het die boek geniet, maar die einde was onverwags en ek dink "the easy way out". Daar is ook onnodige taalfoute, wat deur goeie taalversorging raakgesien moes word. Andersins wel 'n genotvolle lees.
November 8, 2024
Op pad na Grysberg - 'n Unieke Reis deur Post-apokaliptiese Afrikaans
Op pad na Grysberg is nie net ’n boek nie; dit is 'n literêre eksperiment wat nuwe grond betree in Afrikaanse literatuur. Hierdie baanbrekerroman bring 22 van Suid-Afrika se mees talentvolle skrywers bymekaar, onder andere bekendes soos Kerneels Breytenbach, Madelein Rust, Irna van Zyl, en Duane Aslett, om maar net 'n paar te noem. Elke skrywer lewer hul eie unieke bydrae, en die samewerking tussen hierdie talentvolle stemme maak van Op pad na Grysberg ’n eenmalige leeservaring.
Die verhaal draai om die karakter M, ’n vrou wat letterlik en figuurlik in puin lê in 'n post-apokaliptiese wêreld. M se seun het weggeloop na Grysberg, ’n mistieke plek wat soos ’n stil getuienis oor die landskap uittroon. In haar rou en verlange besluit sy een nag om die gevaarlike tog aan te pak en hom te gaan soek. Op haar pad na Grysberg trotseer sy chaotiese stofstrate, die berugte ravyn, en die Vloek van Kirikuk. Sal sy die moed hê om haar soektog te voltooi, en sal sy uiteindelik haar seun vind?
Wat hierdie boek werklik besonders maak, is hoe dit deur die uiteenlopende skrywersstyle verryk word, wat elk 'n eie perspektief en styl bydra, maar tog ’n eenheid vorm. Die tema van identiteit, verbondenheid, en die deling van menslike ervaringe word op ’n diepsinnige wyse ontgin en weerspieël die komplekse aard van ons wêreld. Op pad na Grysberg is ’n viering van die krag van samewerking in die Afrikaanse letterkunde.
Hierdie roman, onder redaksie van Erla-Mari Diedericks en gekoördineer deur die skrywer en resensent Stefaans Coetzee, bied nie net 'n storie nie, maar ook 'n ervaring wat lesers aanmoedig om na te dink oor die rol van hul eie identiteit en menslikheid binne 'n groter konteks.
As jy op soek is na ’n boek wat jou sal uitdaag en inspireer, dan is Op pad na Grysberg beslis die moeite werd. Hierdie roman is ’n kragtige bewys van wat moontlik is wanneer skrywers saamwerk om iets unieks te skep. Beskikbaar in sagteband en uitgegee deur Naledi, kan hierdie boek net jou volgende gunsteling wees.

April 24, 2023
'n Eksperiment wat uitstekend gewerk het...
Ek het ‘n dikker boek verwag na al die fanfare oor Op pad na Grysberg op sosiale media en nog meer. Daar is per slot van sake 22 skrywers wat aan die baanbrekersroman geskryf het, is oral uitbasuin. So ek was nogal verbaas toe Stefaans die boek in my hand stop. Aan die dunnerige kant, het ek gedink, nietemin ywerig om te begin lees.
Wat ‘n verrassing. Aanvanklik het ek (heeltemal te krities) gedink die boek is bietjie stadig uit die blokke. My magtig, M (die hoofkarakter), vat omtrent vier hoofstukke om haar slapgat man te los en haar kind in Grysberg te gaan soek.
Distopiese leesstof is nie eintlik bo aan my lysie nie en die leser kom gou agter ons het hier met ‘n ander wêreld te doen. ‘n Wêreld met min water, droogte, baie stofstorms en waar vroue aan die kortste ent trek.
Van hoofstuk 5 af begin die roman spoed optel en word jy as leser ingetrek in M se reis waar sy baie gevare moet trotseer om haar seun te vind.
Aanvanklik het ek elke hoofstuk aan die spesifieke skrywer se styl probeer eien. Elke skrywer word ook hoofstuk vir hoofstuk erkenning gegee. Maar later was dit egter ‘n bysaak en het die boek as’t ware een geword (as dit sin maak). Geen van die skrywers troon bo mekaar uit nie en uiteindelik bied Op pad na Grysberg ‘n heerlike leeservaring. Die storielyn het gemaklik gevloei met genoeg spanning om my vasgenael te hou.
Welgedaan aan die projekleier Stefaans Coetzee wat hierdie boek aangepak het met ‘n “dit kan mos werk’’ benadering.
Wel. dit het gewerk en Op pad na Grysberg is die eindproduk wat jy nie een oomblik sal spyt wees jy het gelees nie.