"Waar anders sing en dans mense in die strate nie van vrolikheid nie, maar van veglus?"
"Misdaad het in hierdie land 'n tydverdryf geword, 'n stokperdjie. Motiewe? Watse motiewe?"
Sjoe, dit was hectic! Ek moet erken dit het my 'n rukkie gevat om regtig in die storie opgevang te word, maar as hy jou eers vat, vat hy jou. Ek dink een van die groot redes is hoe die hoofkarakter se hoofstukke geskryf is - mens voel of jy dit nie geniet nie, maar dink dis geskryf sodat dit mens so ongemaklik sal laat voel. Karsten se afrikaans is suiwer en beskrywend, baie anders as Deon Meyer se taalgebruik. Ek het baie van sy karakter beskrywings gehou, selfs van die ongelukkige persone wat dit net vir 'n hoofstuk of twee gemaak het. So aan die begin het ek gedink 'n twee en 'n half ster rating, by die middel so drie ster rating, maar die einde was ongelooflik - ek kan nie onthou wanneer laas het ek met soveel spanning aan 'n boek gelees nie. Ek kon dit ook glad nie voorspel nie! Boek twee sal sommer vinning nader getrek word. Een waarskuwing: dis definitief nie vir sensitiewe lesers nie.
Die storie: Boek een van 'n trilogie. Abel bly op die burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom 'n nuwe gesig uitsoek: die van 'n mooi jong vrou. En hy is ook op die uitkyk vir tatoes wat sal pas by die temas van sy Kosmiese Joernale