Jump to ratings and reviews
Rate this book

Abel-trilogie #1

Abel se ontwaking

Rate this book
Abel Lotz bewerk die velle van diertjies om te verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in Johannesburg verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag soek Abel ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Joernale. En 'n nuwe gesig.

386 pages, Paperback

First published June 1, 2010

18 people are currently reading
103 people want to read

About the author

Chris Karsten

33 books39 followers
Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die Volksblad, Beeld en Rapport.

Chris is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.

As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaisel, Opspraak deur moord, Dodelike vroue, Verlore onskuld en Boos en bisar.

Sy boek oor aktrise Charlize Theron verskyn in Mei 2009 en is in Afrikaans (Charlize: Ek leef my droom) en Engels (Charlize: Life’s One Helluva Ride) beskikbaar. Chris se tweede roman, Seisoen van sonde, verskyn in Junie 2009 by Human & Rousseau.

Karsten woon in Kanada.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
60 (33%)
4 stars
86 (48%)
3 stars
22 (12%)
2 stars
6 (3%)
1 star
3 (1%)
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
Profile Image for Tania.
1,450 reviews358 followers
September 12, 2014
"Waar anders sing en dans mense in die strate nie van vrolikheid nie, maar van veglus?"

"Misdaad het in hierdie land 'n tydverdryf geword, 'n stokperdjie. Motiewe? Watse motiewe?"

Sjoe, dit was hectic! Ek moet erken dit het my 'n rukkie gevat om regtig in die storie opgevang te word, maar as hy jou eers vat, vat hy jou. Ek dink een van die groot redes is hoe die hoofkarakter se hoofstukke geskryf is - mens voel of jy dit nie geniet nie, maar dink dis geskryf sodat dit mens so ongemaklik sal laat voel. Karsten se afrikaans is suiwer en beskrywend, baie anders as Deon Meyer se taalgebruik. Ek het baie van sy karakter beskrywings gehou, selfs van die ongelukkige persone wat dit net vir 'n hoofstuk of twee gemaak het. So aan die begin het ek gedink 'n twee en 'n half ster rating, by die middel so drie ster rating, maar die einde was ongelooflik - ek kan nie onthou wanneer laas het ek met soveel spanning aan 'n boek gelees nie. Ek kon dit ook glad nie voorspel nie! Boek twee sal sommer vinning nader getrek word. Een waarskuwing: dis definitief nie vir sensitiewe lesers nie.

Die storie: Boek een van 'n trilogie. Abel bly op die burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom 'n nuwe gesig uitsoek: die van 'n mooi jong vrou. En hy is ook op die uitkyk vir tatoes wat sal pas by die temas van sy Kosmiese Joernale
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
September 12, 2017
Hierdie is seker so perfek soos wat 'n spanningsverhaal kan wees. Abel is 'n fassinerende antagonis, en die boek beweeg teen 'n stewige pas. Die karakters is geloofwaardig en tree ook so op, terwyl sleutelgebeure en die ontknoping heeltemal realisties gebeur en nie op groot toeval of ander kortpaaie staatmaak nie. Die laaste 100 bladsye of so veral is 'n naelbytrit soos wat ek lanklaas in hierdie genre ervaar het.

Daar is 'n paar klein knelpuntjies. Veral in die eerste helfte van die boek gebruik die skrywer gereeld sinne wat klink of hulle in shorthand geskryf is, soos bv. 'n sin soos "Haar uitgeslape kolonel toe weer reg." in plaas van "...is toe weer reg." Dit was vir my bietjie steurend aanvanklik, maar die gebruik daarvan raak weg so halfpad deur die boek. Die skrywer is ook bietjie te lief vir anglisismes, terwyl daar doodgoeie Afrikaanse woorde bestaan.

Verder hou die skrywer ook daarvan om breedvoerig uit te brei oor sy karakters se passies. In hierdie boek is voorbeelde daarvan die beskrywings van Silas Sauls se dekadente toebroodjies of Abel se musieksmaak en sy liefde vir sterrekunde. Vir my was dit interessant en nie 'n probleem nie, maar vir sommige mense kan dit dalk voel of die skrywer te ver van die storie wegdwaal in hierdie oomblikke.

Maar die bostaande is werklik nietighede. Abel se Ontwaking is een van die beste misdaad/spanningsrillers wat ek nog gelees het, in enige taal.
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
January 20, 2013
sjoe - ek het nou net hierdie boek klaar gelees - net voor slapenstyd. ek beter iets ligs lees voor ek gaan slaap.

ek was baie huiwerig om hierdie te lees, aangesien ek gehoor het dat dit baie 'graphic' is en ek is nie een vir te 'graphic' nie. ek moet se - hierdie was baie rof vir my gewees - baie grusaam en ook die sielkundige aspek het my totaal en al uitgefreak.

is nie seker of ek kans sien vir die ander twee nie.

bygese - dit is flippen goed geskryf - en weereens kan 'n mens 'die saak' van twee kante af sien. ek haal my hoed af vir die skrywer - regtig ongelooflik goed uitgewerk.

dis net rof vir my, sjoe. weet nie of ek kans sien vir nog twee dik boeke waar hy grusame goed doen nie.
Profile Image for Tanya Singleton.
2 reviews1 follower
October 7, 2017
Ek het hierdie boek bo verwagting baie geniet. Sal verseker dit aanbeveel en die ander twee in die trilogie ook lees. Taalgebruik absoluut pragtig en dit lees baie maklik. Nie vir sensitiewe lesers nie. Dit het my nagmerries gegee.
Profile Image for Karin Strydom.
51 reviews
May 4, 2024
Ek was van bladsy 1 af “hooked” en kon dit net eenvoudig nie neersit nie!
Profile Image for Chrisna.
26 reviews
December 19, 2014
Dit is mos nou hoe ‘n boek geskryf moet word!

Soliede karakters goed beskryf en ingekleur, verskillende storielyne wat delikaat by mekaar inpas en die storielyn saamtrek. Die taalgebruik nie te hoogdrawend nie, die anglisismes laat partykeer die hare rys maar dit is nogsteeds ‘n boek wat maklik lees. Die details / besonderhede van vioolmusiek en astrologie het soms vir my te veel geraak (en dan vang ek myself dat die die sin sommer wil oorslaan) maar dit het nie enigiets van die boek weggevat nie.

Hierdie is my eerste Chris Karsten boek en beslis nie die laast nie, moet nou eenvoudig die twee opvolg boeke lees.
Profile Image for Annette Swanepoel.
1 review
Read
June 12, 2018
Just as riveting as the first Abel book in the trilogy. Gruesome but grabs the imagination
Displaying 1 - 9 of 9 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.