Jump to ratings and reviews
Rate this book

Ryk Armgat (Die Berg-broers Boek 1)

Rate this book
Selfstandige student, behep met finansiële onafhanklikheid, maar opgeslurp deur sy vooroordeel teen ryk mense. Wimpie Berg maak ook foute. Hy is té ordentlik en té aantreklik met sy ferm ken en spiere wat nie onder klere kan wegkruip nie.
Marien Veens se blink oë en breë glimlag hou hom gevange langs ’n Mosambiekse tronk. Haar aantrekkingskrag en warmte oorrompel hom. Radeloos kyk hy toe hoe sy die hitte tussen hulle aanblaas.
Liefde is gevaarlik. Dodelik.
Die lenige rykmansdogter langs haar skedonk, verkrummel sy weerstand. Sonder remme tuimel hy in ’n salige verhouding in, totdat Riekert se venynigheid alles beduiwel. Wimpie se eiesinnigheid dryf hulle uitmekaar.
Dis jy wat ons toekoms weggooi, nie die mal man nie.
Marien verkas landuit en raak bevriend met ’n vurige Ier. Gaan sy troos vind in sy arms, terwyl Wimpie sy selfverwyte moet trotseer? Jy sal moet uitvind.
RYK ARMGAT is vir die leser wat spanning in voel-goed-boeke kan waardeer. ’n Aangrypende roman wat jou intrek en weier om te laat gaan. Maak reg vir min slaap.
Skrywer van Beklitsde Kersfees, #1 Amazon Beste Verkoper Afrikaanse boeke.

414 pages, Kindle Edition

Published May 25, 2023

26 people are currently reading
10 people want to read

About the author

Elsabé Welman

13 books49 followers
Although Elsabé gypsied between rural and city living over the years, she now flourishes in the peacefulness of the Karoo. She found herself in very different situations and jobs over the years, and exactly that is what makes her blood flow strong; each new opportunity is exciting. "She turned her can’ts into can's and her dreams into plans." Writing is like daily breathing. She doesn't struggle to dig up stories, even retrieves them from her nightmares! Elsabé is an Afrikaans author and married to Anthonie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
60 (68%)
4 stars
19 (21%)
3 stars
5 (5%)
2 stars
2 (2%)
1 star
2 (2%)
Displaying 1 - 16 of 16 reviews
24 reviews
July 23, 2023
The book was really good, there was just a part where I could forecast what is going to happen but the end is very good.
22 reviews1 follower
April 29, 2025
Elsabé Welman once again delivers a sharp, emotionally resonant and socially insightful novel in Ryk Armgat. With her trademark wit and piercing observation, she explores the stark contrasts between wealth and poverty, not just in material terms, but in emotional, relational and spiritual dimensions.

The story revolves around characters whose lives are shaped by South Africa’s complex social landscape — where privilege often coexists uncomfortably with deep inequality. Welman doesn’t shy away from exposing uncomfortable truths, yet she does so with empathy and humor that makes the novel both hard-hitting and deeply human.

Her characters are layered and authentic, speaking in voices that ring true. The dialogue is crisp, and the Afrikaans language is used vividly and effectively, grounding the novel in a uniquely local context while touching on universal themes like ambition, loss, and redemption.

One of the most compelling aspects of Ryk Armgat is how it challenges readers to consider what it truly means to be “rich” or “poor.” Through unexpected twists, Welman unpacks how wealth can isolate and how scarcity can foster unexpected strength and connection.

Conclusion:

Ryk Armgat is a poignant, clever, and thought-provoking read. Fans of contemporary South African fiction, and especially those who appreciated Welman’s Beklitsde Kersfees, will find much to admire here. It's a novel that lingers long after the final page.
201 reviews21 followers
April 18, 2025
Sjoe, wat ‘n boek… Ek kon uiteindelik asem haal toe ek die laaste bladsy lees. Lanklaas het ‘n Christelike spanningsverhaal my aandag so vasgevang gehou.

Daar was oomblikke wat ek die boek vir ‘n paar dae moes neersit, want ek het geweet ek gaan ontsteld raak deur van die karakters se optrede.

Propvol spanning, vriendskap, liefde en lewenslesse. Baie realisties geskryf.

Kan nie wag om boek 2 in die trilogie te lees nie.
Profile Image for Violet Swanepoel.
23 reviews1 follower
February 28, 2025
Wow. Die storie was verseker uitstekend!! Ek het dit rerig baie geniet om oor komplekse karakters te lees wat ek nog nooit tevore in enige ander afrikaanse boek teëgekom het nie. Dit was verfrissend om oor karakters te lees wat met alledaagse probleme worstel. Dit was definitief die moeite werd en ek sal dit definitief op ń ander stadium in my lewe weer lees. Dit was amazing om oor verhoudings te lees waar die Here die persoon in die middel van alles was. Almal se geloof in Hom in die boek is uiters inspiring.
215 reviews12 followers
June 4, 2023
Hierdie boek is beslis 'n lekker lees boek. Genoeg drama, liefde, hartseer, vergifnis en geluk. Die uitryk in Mosambiek was baie goed beskryf sonder om te oordryf. Eintlik kon ek die boek nie sommer neersit nie omdat daar dwarsdeur gebeurtenisse opduik wat komplikasies veroorsaak tussen die twee hoofkarakters. Ek sien uit na boek twee.
Profile Image for LidiasChoice De Jager.
208 reviews4 followers
January 20, 2024
Weer eens 'n baie aangename ervaring. Die storie is aangrypend. Die karakters is sterk en goed afgerond, al wou ek by tye van hulle oor my skoot trek. Die humor is verfrissend en kom na vore juis wanneer die leser verligting nodig het. Baie goed geskryf. Ek kan hierdie boek met 'n geruste hart aanbeveel. Knap gedaan!
Profile Image for Letticia Collet.
31 reviews
April 2, 2025
Ek hou van die egtheid en die onskuldige manier hoe Wimpie en Marien se verhouding ontwikkel en verdiep totdat dit oorgaan in liefde.
Saam met liefde wag daar maar altyd leed om die draai en hierdie twee het dit nie vrygespring nie. Eers in die vorm van Wimpie se 'haat' teenoor rykmense en later die groot impak wat Riekert se jaloesie sou veroorsaak in hul verhouding.

Groot lof aan Elsabé wat nie net vir ons ń spanningsroman gee nie, maar sy weef ook hierin Christelike beginsels wat mens net ń goeie mens hier op aarde maak en ń leefstyl kies van integriteit en wysheid; en menslike krag laat mens in die die steek maar sy illustreer in die storie die hegte verhouding tussen God en mens en mens se keuse om ten volle te vetrou en glo in God al is dinge nie maanskyn en rose nie.

“Waar mens die swaarste kry en meer afhanklik is van die Here, dis daar waar dit ’n mens dieper raak"

Spanning in die boek sou ek sê was minimaal maar daar was vloei in die storie lyn en ń goeie opbou van drama.
As jy hou van jong liefde, ń storie met goeie beginsels, goeie familie en vriendskaplike bande is dit perfek geskik vir jou. Kan nie wag om boek 2 te lees in die Bergbroerstriologie nie.
195 reviews7 followers
March 27, 2025
A clean & sweet romance about two people that fall in love, but come from different backgrounds. Struggling to keep their love from dying they must face a storm. I'm crazy about Elsebe's style & characters you fall in love with them from suspense to romance. I recommend this book to Afrikaans lovers, who love Christian romance's
Profile Image for Elsabé Welman.
Author 13 books49 followers
Read
June 14, 2023
"Ek het my hart vir jou gegee. Nie dit vir jou geleen nie. Ek het my hart in jou hande gesit en jou daarmee vertrou. Moenie dit probeer rondgooi asof dit ’n blerrie rugbybal is nie.”
Wimpie het lelik opgemors. Sal Marien hom ooit weer kan vergewe?
Profile Image for Charlene.
6 reviews1 follower
December 29, 2025
Het lanklaas 'n boek so geniet. Dit was lekker om' n Christelike romanse te lees. Ek het sommer saam die karakters kwaad geword, en bly geword. Kan nie wag om die volgens boek in die reeks te lees nie.
Profile Image for Marilize.
Author 29 books49 followers
June 8, 2023
What a gem I found (by stalking their newsletter; when you find an author you like, you don't let them out of your sight!) - even better, it's in my mother tongue.

The characters feel REAL. They are flawed, but relatable, and this makes the HEA just that much more satisfying. And the author's quirky sense of humour shines through at the most unexpected times, making me snort more than one sit of my tea.

I can't wait to see the next offering from this author's pen.

I volunteered to review an ARC.
Profile Image for Zinèt Oosthuizen.
Author 30 books4 followers
October 21, 2024
Pragtig!
Dis is lanklaas wat ek 'n boek gelees het waarin 'n liefdesverhouding so mooi ontwikkel. Die opregte vriendskap tussen Marien en Wimpie was waarlik iets spesiaals. Die Christelike benadering was ook baie verfrissend en die skrywer het dit beslis reggekry om hierdie leser van die eerste tot laaste bladsy te boei. Ek is waarlik dankbaar dat daar nog boeke in hierdie reeks is, want ek gaan hulle beslis ook verslind.
Ek beveel hierdie boek ten sterkste aan!
Profile Image for Francine Beaton.
Author 64 books317 followers
January 14, 2024
Ek het noou net weer hierdie boek vir die tweede keer gelees. In een sitting. En ek het wraggies, net soos die eerste keer, naels gekou. Die skrywer neem jou op 'n reis van Pretoria na Mosambiek en terug. Dis asof jy saam met die karakters daar is. Die karakters en storielyn is sterk en trek deur tot die einde. Ek kan beslis dit aanbeveel. Nou moet ek eers net weer naels groei vir boek 2.
Profile Image for Helen's always reading.
42 reviews1 follower
March 26, 2025
Ryk Armgat was 'n aangrypende verhaal van liefde, vergifnis, hartseer en geluk. Soos alle Elsabe Welman boeke, was dit verfrissend en aangrypend. Die karakters was goed aanmekaar gesit en die storie was interessant. Ek het veral gehou van die feit dat dit gaan oor verhoudings gebou en gesentreerd om God en hoe Hy jou lewe beter maak. Oor die algemeen sal ek die boek baie maklik aanbeveel!
Profile Image for Lizl Kuschke.
91 reviews9 followers
April 2, 2025
O this book is full of passion, love, life lessons and heartfelt moments. Beautiful friendships and family.
Ryk Armgat is a christian romance book that is wonderfully written, with characters that touch your heart. The storyline keeps you invested and the pages turning!
This is a gem, and I am looking forward to read the next two books in the Berg Broers Triology.
12 reviews
September 18, 2025
Christelike boek

Baie goeie leesstof. Goeie christelike liefdesverhaal. Sal dit aanbeveel vir enige een wat in 'n lekker leesboek belangstel. Jy sal die boek nie kan neersit nie.
Displaying 1 - 16 of 16 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.