Vos is leier van die kerkraad op 'n dorp in die Noordweste wat reeds jare lank deur droogte geteister word. Biduur na biduur vir reën blyk tevergeefs te wees; Vos daag God uit: as U niks gaan doen nie, dwing U my om self iets te doen. Dis waar Vos begin onderhandel met die Boesman Hans Bokpoot wat homself as reënmaker uitgee. In daardie somer van 1932 word Vos geïnisieer, en sluit hy met Hans Bokpoot se bemiddeling 'n kontrak met die duiwel. En Vos kry reën, sy plaas die enigste in die ongenadige landstreek wat reën kry. Voorspoed volg, maar dinge begin skeefloop onder die invloed van die duister magte wat Vos ontketen het. Totdat Dominee Kossies ingryp.
'n Gestroopte Vos, meer as ooit bewus van "die meslem waarop jy moet balanseer om God se uitgestrekte hand by te kom", gaan uiteindelik op 'n sendingtog om 'n geestelike boodskap te bring. Eers met sy muilkar en later te voet swerf hy van plaas tot plaas deur die Hantamwêreld en die Rôeveld. Maar is Vos heeltemal vry van die Bose? Of het sy jare lange duiwelsaanbidding 'n skend op hom gelaat?
Anna M. Louw het soos by haar ander ernstige romans ook vir Vos oerbeelde as tema gekies: hier is dit die oertipiese Faust wat in die veeboer Vos verpersoonlik word. Die gevierde skrywer van romans soos Kroniek van Perdepoort keer ook in Vos terug na die milieu van haar grootwordwêreld: die uitgestrekte bossieveld en blou heuwels van die Hantam, uiteindelik met die stygende plato's op na die drie hoogtelae van die Rôeveld. In hierdie diep menslike roman oor die mens se uitgelewerdheid aan die kwade, dikwels met katastrofale gevolg, beeld Anna M. Louw een mens se tragiese reis van obsessie na eenvoud uit.
Anna Margaretha Louw is one of South Africa's most acclaimed novelists. She studied English, Afrikaans, Dutch, German, French and Psychology at Stellenbosch University (BA). She accompanied her husband, L. A. Hurst, to New York, where they lived for two years. At the University of Columbia she took courses in Journalism and Drawing. Back in South Africa Anna studied at the University of Cape Town (BSocSc). She started writing soon afterwards, when married to her second husband, Gerhard Bassel. They undertook extensive travels through Europe. Her husband died in 1990.
Anna M. Louw had five children: Wendy, Nicholas and Elizabeth from her marriage with Lewis Hurst. Her second husband, is the father of the twins, Christina and Editha.
Waarom het ek die boek gelees? Want by Google Books het ek "Spoorbek" en "Skoorbek" gesoek, 'n verwysing op bl. 41 gekry, en besluit - neem hom uit. 'n Enkele sin.
Ek't 21 Desember 2023 die hele dag deur die boek gesif vir nog verwysings.
"Vos", van Louw, handel oor 'n gebroke boer en ouderling wat in 1932, met die groot droogte en Depressiejare (laaste reëns in 1929), sy siel aan die duiwel verpand. Sy plaas beleef ongekende reëns en voorspoed, terwyl boere rondom hom uitboer (snaaks dat hy hulle plase nie opgekoop het nie), maar eis dat diegene wat op sy voorspoed wil wei daarvoor betaal, of iets afstaan. Want net sy plaas kry reën. Maar algou begin dinge skeefloop, en toe die droogte in 1934 finaal breek, kry hy spyt. Sy huwelik gaan tot niet. Uiteindelik word die duiwels uit hom gedryf deur 'n dominee. Die "teenwoordigheid" of wese in hom praat Duits, en lyk soos 'n ouderling.
O, en vermoedelik het die dominee die plaashuis afgebrand, wat 'n nuwe begin versinnebeeld of iets.
Die tweede deel, nadat Hendrik Vos nou die dominee se boeke gelees en tot inkering gekom het, gaan hy nou as sendeling en verkondig dat begeertes, hebsug ens. ons lewensvreugde ens. steel. En daarvoor lê hy duisende kilometer te voet af om hierdie énkele insig met ander te deel, meer om homself te oortuig en te leer ken of iets (Ek kry hier half Boeddhistiese vibes - want begeertes is daar met 'n rede in ons geplant, dis nie per se sleg nie). Uiteraard werk sy preek nie op almal nie, want hy kyk met een uithoek na die lewe - sy eie ervaring.
Hy bly by verskillende mense, huise, krotte en gesinne oor en teer op hul aalmoese en gasvryheid. En, na sy mening, moet mens eenvoud nastreef. En jy moet die eie ek laat sterf. (OK, dit weet ek al sedert 21-jarige ouderdom, so...?) Dit raak nou bl. 249, Hendrik besef hy moet terugkeer nadat sy vrou hordes briewe gelaat het oor haar eensaamheid (seker meer uit jaloesie as uit verantwoordelikheid?), en hy sterf op sy terugtog in die sneeu.
Die fetus-posisie van die Boesman-toordokter wat hyself by sy dood inneem, het my nie ontgaan nie. As hy elders wedergebore is, sterkte.
Ok.
Ek voel werklik... 🤦🏼dit mis die punt. Wat van naastediens? Wat van jou talente en gawes en eiendom wél maksimaal benut en uitbou tot voordeel van almal? Die karakter het nog nie sover ontwikkel nie. Dis nog baie swart en wit vir hom. En net voor die puntjie by die paaltjie kom, sterf hy. En al wat hy eintlik gedoen het was om die vermoëndes skuldig te laat voel. Mag hy dit in sy volgende lewe hopelik besef. 🙄
This entire review has been hidden because of spoilers.