Jump to ratings and reviews
Rate this book

Rimpelinge

Rate this book
Elani is oortuig mans raak nie sommer aangetrokke tot haar nie weens haar reputasie as syferkop en boekwurm. Wanneer sy vir Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dinge egter ’n ander saak. Rick word bekoor deur haar kinderlik onskuldigheid oor die liefde. Hy terg haar genadeloos en lok haar uit om nuwe dinge te waag.Rick het Bietjiebaai toe gekom om sy biologiese pa op te spoor. Wanneer hy hom vind, worstel hy om hom te konfronteer, want hy voel te wrewelrig teenoor die knorpot wat hom en sy ma byna dertig jaar gelede in die steek gelaat het. Elani stoei weer met die onregverdigheid van die lewe wat haar ouers op ’n jong ouderdom van haar weggeneem het. Rick moet leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef dat God ’n groter plan het vir hul lewens.

139 pages, Kindle Edition

Published May 1, 2023

3 people are currently reading
5 people want to read

About the author

Madelie Human

66 books15 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
12 (50%)
4 stars
8 (33%)
3 stars
4 (16%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Amanda.
1,173 reviews
June 22, 2023
“Die Here gooi ons in diep waters met ’n doel en ons sien nie noodwendig daardie doel voordat al die rimpelinge van daardie punt af klaar uitgekring het nie.” (p.32) Die titel van Madelie Human se nuwe inspirasie Romanza is ontleen aan hierdie beeldspraak. Ouma Janie is aan die woord, en probeer aan Elani perspektief gee oor haar vrae oor die lewe wat die Here aan haar gegee het.
Wanneer Elani haar ouma se fotoalbums uitsorteer, ontdek sy ’n geboortesertifikaat wat haar lewe herdefinieer. Die verlies van haar ouers word skielik veel groter, soveel so dat sy sukkel om te verstaan waarom ’n God van liefde verlies toelaat. Hierdie kwelvraag veroorsaak selfs dat sy nie liefde in haar lewe wil toelaat nie.
Rick, die buurman wat haar vrede bedreig en haar hart wil steel, het sy eie spoke. Hy het sy biologiese pa opgespoor, maar jare se wrewel veroorsaak dat hy huiwer om met hom te praat. Sy onvermoë om te vergewe is ’n wesenlike probleem. Elani haal weer Ouma Janie se wysheid aan wanneer sy vir Rick probeer raad gee: “Jy weet dat vergifnis jou bevry en nie die ander persoon nie?” (p.85)
Ek het ietwat gewroeg oor die kwessie van ’n proefhuwelik in ’n inspirasieroman, maar myself getroos met die feit dat die troudatum reeds bepaal was en daar nie sprake was van seksuele losbandigheid nie. Trouens, die fisiese verhouding tussen held en heldin is sonder aanstoot aangebied.
Ek het baie uitgesien na die nuwe inspirasiereeks deur Madelie Human, want sy het haarself met die vorige reeks reeds bewys as ’n skrywer wat goeie insig het in geestelike kwessies wat mense se optredes onderlê. Die karakters is goed ontwikkel, nie onaantasbare stereotipes wat geen foute het nie. Ek sal graag ’n volgende aflewering op my rak wil hê.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.