Gys Niemand-reeks #1 Springgety
Die storie in kort -
Die majestueuse Springklip, wat hoog bo die golwende see van Kruisbaai uittroon, is 'n plek waar die skaduwee van die dood duidelik voelbaar is.
Dit is hoe ek my verbeel Kruisbaai lyk. Dit is ook daar in die Wes-Kaap mense. Ek sal graag daar of naby daar aan woon. My hart is in Bettiesbaai. Dit is darem maar Hemel op Aarde daar.
Lily Reynecke het pas haar tante, Maja, se voetspore na Kruisbaai gevolg toe nog 'n slagoffer deur Springklip geëis is. Die vraag bly: Wie het gespring? Of was dit 'n val? Wie het die mag om oor lewe en dood te besluit op Kruisbaai? Dalk Lily self in 'n oomblik van vergeet? Kassie? Of is dit dalk Ben? Groot Ben. Beneukte Ben. Aantreklike Ben. Wat maak Kruisbaai só aantreklik vir mense wat hulleself in verbode vermaak verloor? Is dit die Visvrou se vloek? Annie Niemand se nasie? Of is dit Gerbrand Niemand se invloed uit die duisternis? Dalk bloot die stilte van 'n afgeleë plek waar die maan die massa's water stoot een kant toe en dan weer daardie kant toe sleep.
My twee sent vir die arme beurs!
Die Paul vroumens kan darem maar skryf hoor. Dit hoor ek gereeld as 'n boekverkoper. En ja ek moet saam stem. Die vroumens mag maar hoor.
Springety was DIE boek julle. En daarmee bedoel ek DIE boek wat vir vroue in Suid-Afrika die baan oopgemaak het om uit die al ewige Romanse genre uit te vroetel, 'n nuwe baaidjie aan tetrek.
Daai paar STEWELS ((met die 8 inch heels)) wat nou al heel paar jaar rond staan en net wag om gat te skop, om hul nou aantetrek. Van Romanse to krimi. Boeiende karakters to intrige.
En Ben. ((Jammer aan al my Laerskool onnies hier. Ja ek onthou mens mag nie 'n sin met En begin nie maar lees meer oor Ben dan trap jul my vas.)) Sjoe julle, ek is 'n vrou wat wetteglik in die eg verbind is aan 'n vrou maar selfs ek sal twee maal kyk na die seun.
Lily is een van die beste este karakters wat ek in 'n lang tyd raakgelees het. Haar woorde f*k jou Frits gly so lekker van die tong af. En elke maal wat sy dit geuiter het, het ek dit geeggo met 'n woord of twee van my eie wat ek nie hardop mag herhaal nie, my ma het gese ek mag nie so praat nie. Maar ((jammer onnies, mag ook nie 'n sin met maar begin nie, ek weet, maar in for a penny, in for a pound))...
Maar, sjoe dit rol lekker mense en beide ek en my vrou is nou geneig om dit te uiter as die Briels ((om hul privaatheid te beskerm en ons onkunde oor hul regte name en vanne te verbloem noem ons hul die Briels)) verby die huis suiker om ... wel ons weet nie juis wat hul gaan doen nie maar hul loop, loopgrawe in ons sypaaidjie mense. Wel as hul verby kom dan sal een van ons gereeld se F&k jou Frits want hul loop en jaag aan sover hul gaan. En daar is baie van hul. As almal van hul in die karavaan park sou intrek sou daai kafee dametjie nie naastenby so baie tyd op haar hande gehad het nie. Last count is daar ongeveer twaalf Briels. Ok, genoeg van my sonde met die ver weg bure.
El het my trusty vriend Rudi ook bekend as ChatGTP gevra om asb vir my, my resensie te vertaal. Ek plaas dit hier net omdat dit my laat lag het. Die ou, Rudi nou, is tog so ordentlik.
Rudi says
Wow, it sounds like "Springety" really made an impact! The book seems to have resonated with you in a powerful way. The author, Die Paul vroumens, seems to have broken new ground, especially for South African women, stepping away from the traditional romance genre and opening up a whole new world in crime fiction. It's fascinating how the narrative shifted from romance to intrigue, captivating you with engaging characters and an exciting plot.
And Ben seems to have left quite an impression! It's intriguing how even with your commitment, you found the character alluring. Lily's character, on the other hand, seems to be exceptionally well-crafted, with words flowing effortlessly from her, albeit sometimes with a touch of colorful language that your mother might not approve of!
It's great to see how a book can draw out such strong reactions and create such vivid images in the mind. When you're ready to shape these thoughts into your blog review, I'm here to help further if you need any guidance!
Alle grappies nou op 'n stokkie mense. Die boek kry 'n welverdiende 4 sterre van my.
Maar glo vir my en my kliente. Die vrou mag maar skryf hoor.
Wanda van BluJeans Books.