Jump to ratings and reviews
Rate this book

Eendagmooi

Rate this book
Janeke loop die ou, ou pad van 'n vrou wat gevaar staan om haar man te verloor. 'n Baie moeilike tiener en die feit dat Janeke weer 'n baba verwag maak niks makliker nie. Ook nie die feit dat sy nie seker is hoekom haar man haar wil verlaat nie. En toe sy uiteindelik agter die kap van die byl kom, is sy nie meer so seker sy wou regtig weet nie. Op die lange duur, vrees sy, gaan sy veel meer as haar man verloor. Min dinge word haar gespaar en daar word meer as redelikheid van haar verwag.

Maar uit hierdie verbryseling staan Janeke op - in 'n helderoranje rok en blou skoene, ja - en sy is bevry van 'n verlange wat haar sestien jaar geteister het. 'n Genadige sin vir humor sleep haar deur van die moeilikste oomblikke. En haar verhaal verloop net so heel anders as dié van die meeste vroue in haar situasie. Sy wen meer as wat sy verwag of ooit oor durf droom het.

In Eendagmooi raak Kristel Loots diep eietydse vroulike issues aan. Die storie is verweef en deurdag en gee die leser 'n kykie in die siel van 'n vrou wat by veranderings in haar lewe moet aanpas. Dis 'n onvergeetlik mooi storie wat die binnelewe van 'n vrou fyn verwoord en wys dat hoop en liefde van 'n eendagmooi, wat net een dag blom en oornag verwelk, 'n hemelblom kan maak.

376 pages, Paperback

First published June 1, 2012

2 people are currently reading
37 people want to read

About the author

Kristel Loots

53 books13 followers
Kristel Loots bly knus agter die boereworsgordyn in die Kaap. Sy luister na die stories om haar en skryf graag oor die vroue wat sy hier – en elders – raakloop. “Gewone” voorstedelike vroue, soms met voorskote om die geronde heupe, ander tye weer modieuse stadsbewoners in stylvolle stiletto’s wat vir niks skrik nie. Of oor “anderste” vroue, verskillende vroue, vroue met issues. Want menswees en veral vrouwees en die vele fasette daarvan fassineer haar. Vroue is stunning en dikwels die hoeksteen wat huis en haard aanmekaar hou en elke vrou het ’n storie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
22 (40%)
4 stars
21 (38%)
3 stars
9 (16%)
2 stars
2 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 8 of 8 reviews
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
January 27, 2017
Janeke het haar hande vol met ‘n moeilike tienerdogter en ‘n besige kleuterseuntjie. Boonop gaan dinge nie goed in haar huwelik nie. Wanneer sy uitvind dat sy weer swanger is, is sy bly en opgewonde. Haar man, Fanus, voel nie dieselfde nie. Kort na sy hom die nuus vertel het, trek hy uit.
Eendagmooi is my gunsteling boek deur Kristel Loots en dit was heerlik om dit weer te lees. Janeke is ‘n karakter met baie diepte. Haar seerkry word op ‘n eerlike manier uitgebeeld, sodat die leser saam met haar voel en hoop vir ‘n gelukkige einde.
Profile Image for Chantall Bronkhorst.
222 reviews2 followers
November 16, 2018
Fantastiese boek. Mal oor Kristel se skryf styl.
Karakters goed uitgebeeld en storie baie vermaaklik en roerend.
147 reviews8 followers
May 25, 2021
#Roxy
#KristelLoots

Het ek dit nou geniet om Roxy se deurmekaar lewe saam met haar uit te sorteer!
Op een en dertig besluit Roxy dis tyd om haar saai bestaan te verruil vir 'n skelrooi lipstieklewe. Sy werk as reisagent in die stad en skryf 'n blog onder die skuilnaam Jessica Rabbit - want sy pas so netjies in daardie boksie in. Maar dan vra kollega Zander haar om haar voor te doen as sy meisie by die spanbou naweek, en haar kaartehuis begin te wankel!
Sy voel net gedurig asof sy nêrens inpas nie! Wanneer ouma Lot deurmekaar stories begin vertel en die aantreklike Adam Muller op die toneel verskyn, is arme Roxy éérs verward.
Maar, deur 'n bizarre sameloop van omstandighede vind Roxy uiteindelik uit waarom sy altyd soos 'n buitestaander voel, en bring dit haar uiteindelik waar sy wil wees - maar nie noodwendig waar sy beplan het om te wees nie...
Roxy is 'n gemaklike ontspanninsboek - 'n naweek weg-voete-op soort boek.
159 reviews2 followers
February 24, 2021
Dit is ligte leesstof wat sekere lewenskwessies aanraak .Verlies en verandering is traumatiese gebeure wat 'n rippeleffek op jou en mense om jou het. Elke mens verwerk dit op hul eie manier. Daar is lig aan die einde van die tonnel. Was vir my relevant in vandag se veranderende normaal.
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
February 8, 2017
Loots is ʼn absolute meester as dit by chick lit kom. Dit is nie so maklik soos wat dit lyk nie, en sy weet hoe om romanse en humor naatloos te kombineer. Loots weet hoe om oor vrouwees en menswees te skryf - met of sonder versiersuiker. Humor word goed gebruik om die verskillende fasette van vrouwees uit te beeld. Die skrywer verstaan hoe ʼn vrou haarself soms kan verwaarloos, aan sjokolade vergryp en worstel met al die ‘issues’ van die lewe.

ʼn Uitstekende manier om deur moeilike tye te kom, is om jou sin vir humor te behou. Dit is al genade vir die hoofkarakter, Janeke, en sy kry dit reg. Loots verstaan hoe vroue voel. Sy verstaan ten diepste waardeur hulle gaan. Janeke is ʼn vrou en ma wat deur groot pyn asook blydskap gaan om uiteindelik ʼn hemelblom te word. ʼn Blom wat elke dag blom.

Eendagmooi is werklik ʼn onvergeetlike roman. Janeke se man los haar vir ʼn ander vrou en daarby is sy swanger. Loots gee ʼn goeie uitbeelding van wat in so ʼn vrou se binnewêreld aangaan. Veral die keuses wat Janeke gemaak het in haar jeug en hoe dit haar lewe nou beïnvloed. Loots wys die leser weer wat die liefde is, sy beskryf die gevoel daarvan en die tuiskoms by ‘n geliefde al te goed.
Hierdie was my tweede kennismaking met Loots en dit bly ʼn aangename verrassing. Haar verhale bevat die regte bestanddele: realiteit, lewenslesse en ontvlugting.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
February 6, 2017
Eendagmooi is die storie van Janeke wat weer swanger word en haar man haar los vir 'n ander vrou.
Dit is 'n goeie vertelling van wat in die binneste aangaan van 'n vrou in daardie posisie en hoe die keuses wat jy maak in jou jeug met jou saamdra en watter invloed dit het op ons toekoms. Eendagmooi is 'n lekker boeiende lees wat jy nie wil neersit totdat jy die laaste bladsy gelees het nie.
Profile Image for Yolandi.
58 reviews3 followers
August 8, 2012
Ek het hierdie boek omtrent baie geniet. Kristel Loots weet net hoe om met woorde te werk.
Displaying 1 - 8 of 8 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.