Jump to ratings and reviews
Rate this book

Bitter Heuning

Rate this book
“Ek is Mara, die dogter van Bavaria Mara gebore ter see.” So begin die Sandveldse roman oor die wel en wee van Mara, dogter van Bavaria Mara en Jakop Brandt, die tweede seun van ‘n Sandveldboer van die plaas De Heuwel, teen die oewer van die Bergrivier. Vroeg al verloor Mara haar hart op Theunis, enigste erfgenaam van die buurplaas, Misverstand, maar haar pa Jakop is ’n onverbiddelike man, en dikwels onredelik. ’n Meesleurende lekkerleesroman, uit die oorspronklike Engels vertaal deur Linda Rode.

354 pages, Paperback

First published January 1, 2011

4 people are currently reading
127 people want to read

About the author

Hermione Suttner

4 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
23 (41%)
4 stars
21 (38%)
3 stars
9 (16%)
2 stars
1 (1%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for Julia.
569 reviews19 followers
July 25, 2021

dit het my 'n hele ruk gevat om hierdie boek te lees. sjoe, dit is baie swaar en hartseer en dit voel of die slegte dinge net nooit ophou nie. ek het dit so tussen ander boeke gelees, en wou dit graag klaar lees, aangesien dit wel goed geskryf is.

dit is met baie deernis geskryf en natuurlik was die lewe so vir baie mense gewees in daardie tyd. dit is die realiteit.

ek sou sê 'n mens moet die regte ingesteldheid hê om die boek aan te pak.

Profile Image for Amanda.
12 reviews
September 28, 2012
Ek het na die Boekvoorlesing op RSG na Bitter Heuning geluister en het onmiddellik vir my die boek gekoop.

Dit is 'n aangrypende mens-mens boek, en boei enduit.

Vir diegene wat nie 'n eie plaas besit of in 'n groot plaashuis gewoon het nie was dit maar 'n harde lewe.
Bladsy 30: 'Drinkwater kom uit die watertenk van die plaashuis en Bavaria dra dit aan in 'n klein erdekruik. Daagliks word sy gewaarsku: 'Water is skaars. Wees spaarsamig daarmee.' Soms staar sy na die koppie water in haar hand voor sy dit drink, asof dit enige oomblik voor haar oë kan verdwyn. Saterdagaande bad hulle. Eers Jakob, dan Bavaria. 'n Duim of twee water in die badjie, 'n waslap en 'n steentjie boerseep. Met 'n ligter gemoed oor die weelde van skoon voel, sê sy teenoor Jakob: 'Nou is ek gereed vir die Here se dag.'

Bladsy 31: 'Bedags pas Jakob die skape en bokke in die koppies op. Bavaria vee die misvloer van hulle sinkplaathuis, en sy vryf Piet van Niekerk se klere uit op die wasplaat. Dis 'n ewige stryd met die brakwater wat nie wil skuim nie.'

Vreugde is gevind in die eenvoudige dingetjies in die lewe.
Op bladsy 117 word dit so beskryf: 'Onder 'n geborduurde lappie was daar droëkoekies vir my en 'n beker suurmelk onder 'n doilie op die kombuistafel. Ek het die melk en koekies gevat en buite op die agterstoeptreetjies in die skadu gaan sit en een vir een in die melk gesteek en geëet.'

Die boek is baie interessant geskryf en is in skrille kontras met ons hedendaagse moderne lewenswyse, baie anders as ons Steers take-aways - Spur - Eskom krag - BBM - Samsung Tab - Skype - HD Televisie - bestaan.

Maar bowenal gaan dit oor die gesindheid van die mense, oor hulle (ver)houdings teenoor mekaar en ook in familie en gesinsverband. Aan die een kant die pragtige liefdevolle bestaan wat twee mense, ouma Sannie en oupa Knud Pedersen aan hulle kinders - en later kleinkinders - bied, die vreugdevolle samesyn wat hulle aanvaar, en aan die ander kant die moeilike lewe wat Bavaria Mara ervaar na haar huwelik met Jacob Brandt. Hy (Jacob Brandt) dwing by my geen respek af nie, om die waarheid te sê van hom dink ek net mooi niks. As hy maar by sy skoonpa Knud Pedersen kon leer hoe 'n ware man optree.
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
June 26, 2013
Ek het gedink ek sal die boek dalk vervelig vind, maar die storie van Mara het my aangegryp. Dis egter vir my asof daar net te veel hartseer vir een mens in haar lewe was. Maar die vertel en beskrywe van die lewe in daardie jare, in 'n deel van die land wat ek goed ken, was vir my baie interessant. Dis egter 'n effe swaarmoedige boek.
Profile Image for Lianie Heyns.
17 reviews
March 1, 2024
This is difficult. It is well written or at least the audiobook is being well read. Great voice!

The book leaves you mostly depressed after each chapter. It doesn’t get better, there is no silver lining. It is just raw real life handed to you, page by page, until the end.

If you are in need of a good cry, read this book.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Lydia.
21 reviews1 follower
May 24, 2023
Baie goed geskryf, baie eg. Maar n lang lees. Meer soos n outobiografie. Baie donker en baie swaarkry.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
March 9, 2015
Mara Brandt is die dogter van Bavaria Mara, gebore ter see. Sy word groot op die oewer van die Bergriver, in die Sandveld. Een van haar vroegste herinneringe is aan die jettie op Oufontein, wanneer ouma Sannie haar leer tel – bossie ingerygde bokkoms in die hand. Maar Mara se kuiertjies word altyd kortgeknip, sy moet huis toe gaan voor haar pa dreunlyf raak. Want Pa Jacob Brandt is ‘n moeilike man. En sy skadu val ver en donker oor die plaas De Heuwel, alombekend as Weglopersheuwel …
Die verhaal van ‘n Sandveldvrou, lui die subtitel. Maar eintlik is dit die verhaal van miljoene vroue deur die eeue, deur die wêreld heen. Die verhaal wat by Adam en Eva en die ellendige appel begin het – en nog glad nie sy einde bereik het nie.
Dis ‘n besondere boek, ‘n boek wat vergange se dae helder voor die gees roep. Die boek is, net soos E. Kotze se Hoogty, ook ‘n stuk geskiedskrywing; ‘n wonderlike beskrywing van die Sandveld en sy mense, hulle lief en leed en swaarkry, hulle vreugde en vrese en unieke menswees.
Dis die verhaal van vroue wat nie regtig ‘n keuse het nie. En wat dit meestal so aanvaar. Vroue wat onverstaanbaar (vir ons, vandag) lojaal bly aan ‘n man wat dit nie verdien nie, wat konstant onderdanig bly in die uiterste armoede, wat ongelooflik hard werk en weinig dank daarvoor ontvang. Maar tog vroue met hul eie soort krag. En soms hul eie soort wraak.
Die karakter Jacob Brandt is maklik om te haat in hierdie boek. Maar ek sou tog graag ‘n ander kant van hom ook wou sien, ‘n bietjie motivering oor hoekom hy geword het wat hy was. In hierdie opsig het die boek my teleur gestel, gesien teenoor ander uitbeeldings van die patriarg van die ou Afrikaanse families (soos in Roepman, byvoorbeeld), waar hy tog ook liefde vir sy mense gehad het, en opreg geglo het hy doen die beste vir hulle. Die eenkantige tekening van die wrede pa wat almal rondom hom vertrap en absolute onderdanigheid vereis, doen die verhaal skade aan. Na my mening.
As kroniek van ‘n Afrikanerfamilie se wel en wee, as ‘n ode aan die vasbytvermoë, lojaliteit, krag en toewyding van die vrou, slaag Bitter Heuning egter uitmuntend.
Nie ‘n boek om lig te vergeet nie.
21 reviews
January 30, 2016
Hierdie boek was vir my uiters boeiend. Dit was enersyds so hartseer dat een persoon, in die geval die Pa so 'n negatiewe invloed op sy familie kom uitoefen. Andersyds was dit so interessant om te lees van die lewe in die Sandveld, 'n deel van die land wat vir my onbekend is.
Profile Image for E.
159 reviews
May 12, 2014
Ek weet nie wat mooier is nie - die storie of di taal nie...
46 reviews
January 12, 2015
Die trant van die boek was effe stadig, maar die vertelling van die Sandveld omgewing en mense van daardie tydperk was baie interessant.
214 reviews1 follower
April 21, 2016
Dis mos die eerste Afrikaanse boek wat ek nog klaar gelees het. Ek is trots van myself! 'N storie van liefde wat nooit dood kan gaan nie.
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.