Fleur het die wynplaas, Christiaan die kennis. Hul huwelik is ’n sakeooreenkoms. Maar by die Davels wag die een wittebroodkamer na die ander op hulle. Iets moet knak. Maar daar’s Fleur se voorwaardes. En Christiaan se eed.
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer. Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.
Hierdie is dan die laaste van die Davel vroue en dis bitter onregverdig. Ek soek NOG! Hoe gaan mens ooit weet wat het van al die kinders en kleinkinders geword? Chanette Paul, ek dink een groot, baie dik boek, een finale familie sage, is nog nodig. Sodat mens ordentlik kan totsiens sê aan AL die Davels. Skryf dit. Pretty please!