...iets is dodeliker as die slang in die paradys...
Fortuin is Chanette Paul se tweede spanningsroman in die Gys-Niemand-reeks. Reeds met Springgety wat in Oktober 2007 verskyn het, begin sy om ’n belangrike leemte in die spanningsgenre te vul. Met Fortuin voer sy haar ontdekkingsreis verder.
Is Eva van Eden ’n heks of ’n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel of ’n onheilsnes? Dis wat joernalis, Xanthe Tredoux, moet gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur. Waarom hy háár stuur, is vir haar duister, want hy weet sy het die kluts vyf jaar gelede kwyt geraak en dit nog nie weer gevind nie.
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer. Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.
Xanthe Tredoux word na Paradyskloof gestuur om uit te vind of Eva 'n heks of 'n engel is. Op Paradyskloof afgesonder van die samelewing word Xanthe gedwing om sonder haar krukke oor die weg te kom en kan sy vir die eerste keer waarlik rou oor die dood van haar dogtertjie.
Xanthe kom vinnig agter dat die inligting wat sy gekry het oor Paradyskloof en haar opdrag vanaf haar redakteur nie naastenby is soos wat sy gedink het nie.
Dan gaan een van die gaste dood en dit raak duidelik dat dit nie net 'n ongeluk was nie. En dis ook nie die eerste gas wat onder verdagte omstandighede oorlede is nie. En daar is aanslae op haar lewe wat eers as ongelukke oorkom. Wat is dit wat sy nie moet oopkrap nie?
Fortuin is propvol simboliek met 'n heerlike raaisel wat smeek om opgelos te word. Fortuin is 'n heerlike opvolg vir Springgety, die 2de boek in die Gys-reeks en 'n lekkerleesboek wat die leser aan die raai hou tot op die einde toe.
Is Eva van Eden ‘n heks, of ‘n engel? Is Paradyskloof ‘n Satansnes, of die voorpoorte van die hemel? Joernalis Xanthe Tredoux word gestuur om antwoorde te soek, maar al wat sy vind is meer vrae. Is die twee mense wat op Paradyskloof dood is, vermoor? Hoekom is die gewilde skrywer, Minette Minnaar, so ‘n gereelde gas daar? En waar pas die aantreklike Math Stone in? Fortuin is my persoonlike gunsteling in die Gys Niemand-reeks. Die onderwerp het my gefassineer en ek was mal oor die betowerende atmosfeer.
Ag, so lekker meegesleur! Al is alles eintlik super vreemd, is daar iets so oortuigend in die karakterisering en beskrywing van die omgewing, dat ek baie gewillig my eie wêreldjie vir n ruk verlaat het en saam na die Paradys gegaan het en baie teësinnig was - toe die storie klaar was - om terug te keer na die werklikheid.
Uitstekende moord-verhaal wat die bekende element van 'n groep mense wat hulleself in afsondering bevind baie goed benut. Die karakters is geloofwaardig, die taalgebruik uitstekend en die verhaal handhaaf 'n goeie tempo. Chanette Paul is baie verre die beste misdaadskrywer wat ek hierdie jaar gelees het. Meer van haar boeke behoort vertaal te word om hierdie kwaliteit aan 'n groter gehoor beskikbaar te maak.
This book did not disappoint. After reading the first book in this series, I couldn't wait to start the next one. I really enjoyed this adventure. It touched subjects I didn't know much about and I love that. I also love how these are not just romance novels, they have so much to give. It was creepy, funny and it really kept me in the dark about what was truly happening. I cannot wait to read the next book in this series!
Lesers wat Chanette Paul se boeke lees en herlees, gaan opgewonde wees om die derde druk van Fortuin op die rakke te sien, kompleet met sy nuwe baadjie. Met hierdie tweede boek in die Gys Niemand-reeks, bevestig sy haar plek as een van die voorste spanningsromanskrywers in die land. Die verhaal speel af in ‘n eksklusiewe en moeilike bereikbare holistiese oord, en stel die leser bloot aan die gebruike van Wicca, meditasie, die esoteriese, en helaas, sterftes wat lyk eerder na moord as natuurlike oorsake. Die verhaal van Eva, synde heks of engel, haar personeel en gaste van Paradayskloof is so meesleurend en spannend dat dit my voorbehoude oor die vreemde temas oorkom, en noop om saam met Gys en Fortuintjie, die joernalis Xanthe Tredoux, en Matt, oftewel Steve, agter die kap van die byl, of eerder die gif van die insekte, te probeer kom.