Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Die vloek wat Annie Niemand oor haar nasate uitgespreek het, is bloot legende. Of is dit?

Min wetende van wat op haar wag, neem Aengel Rousseau haar intrek in Kieranghut, in een van sewe gerestoureerde vissershuisies. Haar hele lewe deur moes Aengel hoor dat sy onbesonne is – iets wat beslis nie by die ryk Rousseaus se status en beeld pas nie. Ter wille van haar dogter, Lika, het Aengel haar suster Gabrielle en dié se man, Francois, se inmengery en voorskriftelikheid verduur. Maar noudat Lika klaar met matriek en in Frankryk is vir ’n gap-jaar, het Aengel genoeg gehad. Sy wil haar eie lewe lei. Sy wil rustig die dagboeke van haar voorouer Angelique d’Avignon lees. Aengel het egter skaars op Kierangbaai haar intrek geneem, of sy ontdek iets grusaams.

Een na die ander word Kierangbaai se inwoners vermoor. Roark, eienaar van Kierangbaai, sien alles raak wat op Kierangbaai gebeur. Aengel ontglip nie sy aandag nie. Sy is volgens hom “verloklik genoeg om ’n sugar daddy te hê”, met “rondings waar dit nodig is – suid en noord van die dun middeltjie” en ’n agterstewetjie wat g’n man sal koud laat nie. Maar die pièce de résistance is haar strawberry-blonde hare wat “kronkel en krul tot op haar stuitjie”. Die vonke spat vinnig tussen Roark en Aengel, want die aantrekkingskrag tussen hulle is sterk.

Maar die wantroue loop net so sterk.

Amptelik is adjudantoffisier Gys Niemand met verlof, maar ’n tekort aan personeel dwing hom om die saak te neem. Die verdagtes word vinnig meer soos Gys begin uitvis, en boonop is die eerste slagoffer Faantjie se niggie. Faan, wat nou kriminologie studeer, meld hom ongevraag aan om met die ondersoek te help. Gys en Faan smee vir oulaas kragte saam om die moordenaar vas te trek, en sodoende ook die legende van die visvrou van Kruisbaai, wat soos ’n goue draad deur al vyf boeke loop, op te los.

'n Romantiese spanningsroman met 'n paar vurige liefestonele.

Die boeke het sterk vroue-hoofkarakters en in albei speel die romantiese verhaallyn ’n groot rol.

Die Gys-reeks bestaan uit: Springgety; Fortuin 'n romantiese spanningsroman;Boheem; Meetsnoer, Dryfhout.

Bron: Litnet

509 pages, Paperback

First published January 1, 2011

7 people are currently reading
60 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books145 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
50 (54%)
4 stars
30 (32%)
3 stars
9 (9%)
2 stars
2 (2%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 14 of 14 reviews
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
July 1, 2017
#Dryfhout - Chanette Paul

#kanniedieboekneersitnie

As jy hou van boeke propvol kleurryke karakters, intrige, moorde en natuurlik liefde, is die vyfde en laaste boek in die Gys Niemand-reeks vir jou. Dryhout beskik oor al bogenoemde elemente en is ‘n heerlike lees. Die dialoog vloei vlot en daar is ‘n paar onvoorspelbare kinkels in die kabel.

Ek groet Gys, Fortuin, San en Gertjie en die mense van Kruisbaai met ‘n seer hart.

Dankie Chanette Paul vir ‘n heerlike boek.
Profile Image for Anne-Marie.
262 reviews25 followers
November 3, 2012
Wat 'n afsluiting! Maar ek gaan nog lank verlang na Gys, Fortuintjie, Gertjie en al die ander karakters van die 5 boeke. Chanette Paul MAG maar skryf!
Profile Image for Carolien.
1,110 reviews139 followers
June 12, 2018
Chanette sluit die Gys Niemand-reeks af met 'n uitstekende verhaal wat die visvrou legende tot finaliteit bring. Dis heerlik om van die karakters uit die ander boeke te herontmoet in hierdie storie. Uitstekend geskryf en onmoontlik om neer te sit.

Na Springgety dalk my gunsteling en ek gaan die karakters mis.
Profile Image for Laura Lombard.
1 review
January 17, 2021
Disappointed. So many spelling mistakes and plot is lost between all the who slept with who how many times.
Profile Image for Adele Vorster.
97 reviews8 followers
March 4, 2017
"Die onmoontlike neem net effens langer as die moontlike." (bl. 15)

Ons almal voel soms soos dryfhout wat deur die see meegesleur word en dan kan ons maar net hoop dat die gety ons uiteindelik weer veilig op die strand sal uitspoel...

Aengel Rouseau kom op Kierangbaai aan met die hoop op 'n nuwe begin. Sy is moeg vir haar mense en haar lewe, want sy is haar hele lewe lank al "'n dryfhout op die Rousseau see. Sonder eie koers en rigting volg sy hulle seestrome volgens die wette van adhesie en kohesie" (bl. 70).

Aengel het haar voormoeder, Angelique D' Avignon, se dagboeke by haar. Is daar enige waarheid oor die legende van Annie Niemand wat al vir generasies op Kierangbaai oorvertel word en het dit iets met hierdie dagboeke te doen? Het Annie werklik 'n vloek oor haar nasate uitgespreek? Is dit die rede vir al die ongeluk wat Kierangbaai en die omgewing se mense tref?

Net na Aengel se aankoms, word daar dan ook 'n reeks moorde op Kierangbaai gepleeg. Gys en Fortuintjie se speurvernuf word weer tot die uiterste getoets. En sal Gys en Gertjie uiteindelik by mekaar kan uitkom?

Die antwoorde op al hierdie vrae word mettertyd beantwoord en Dryfhout sluit die Gys Niemand-reeks op 'n hoogtepunt af. Al die los drade kom mooi bymekaar en die geheim oor Annie Niemand word uiteindelik opgelos.

Soos dryfhout in die see, het hierdie boek my meegesleur. Ek kon nie genoeg kry daarvan nie en my lig het deurnag gebrand.

Dis 'n uitmuntende afsluiting van die reeks. Mag Chanette Paul nooit ophou skryf nie!
Profile Image for Lelani.
102 reviews30 followers
June 20, 2017
Aengel beweeg onder die versmorende invloed van haar familie uit terwyl haar dogter 'n gap jaar in Frankryk beleef. Saam met Annie se dagboek leer ken sy nie net haarself nie, maar ook hierdie oergrootjie van haar en leer om vrede met haar verlede te maak.

Sy leer ook die inwoners van Kierangbaai ken, maar dan is daar twee moorde en Aengel se lewe is ook in gevaar.

Dryfhout is die laaste Gys-boek en 'n lekkerleesboek wat jou vasgenael hou tot op die laaste bladsy. Dis ook die Gysboek wat vir my emosioneel die meeste trefkrag gehad het. Die hele reeks, maar veral Dryfhout sal ek vir enigeen aanbeveel.
Profile Image for Riana Snyders.
53 reviews
February 7, 2013
Ek gan die mense van Kruisbaai en Niemandsdorp mis. Hoop daar is nog 'n reeks romantiese speurverhale wat kom :-)
101 reviews3 followers
December 21, 2016
Dryfhout by Chanette Paul is een van die Gys Niemand reeks boeke en die laaste van die reeks.
Ongelooflik...
Displaying 1 - 14 of 14 reviews