What do you think?


Een Stad Drie Rooikoppe Sewe Dae
Ontmoet drie rooikoppe. Fey is tegnies 'n stripper, maar eintlik ook nie. Saskia is 'n hardgebakte, siniese sosiale vlinder. Heleen is 'n effens naïewe geskeide kelnerin.
Holderstebolder beleef hulle 'n angswekkende week waarin hulle niksvermoedend met Kaapstad se onderwêreld en internasionale skurke slaags raak.
Een stad, drie rooikoppe, sewe dae is 'n boek waarin spanning, liefde en humor die leser beurtelings na asem laat snak en laat uitbars van die lag en waarin daar vlymskerp sosiale kommentaar gelewer word.
Holderstebolder beleef hulle 'n angswekkende week waarin hulle niksvermoedend met Kaapstad se onderwêreld en internasionale skurke slaags raak.
Een stad, drie rooikoppe, sewe dae is 'n boek waarin spanning, liefde en humor die leser beurtelings na asem laat snak en laat uitbars van die lag en waarin daar vlymskerp sosiale kommentaar gelewer word.
422 pages, Paperback
First published January 1, 2012
Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
October 23, 2013
Ek sou hierdie boek 5 sterre wou gee, maar die gebruik van die Here se naam was vir my 'n probleem. Behalwe daarvoor was dit 'n heerlike, prettige boek wat my plek-plek laat skater het van die lag en tog ook genoeg spanning gehad het om my aandag heeltyd te hou. Humor maak soms die ondraaglike draaglik en die skrywers kry dit goed reg in hoe hulle die karakters in die boek uitbeeld. Ek sal beslis nog boeke van hulle wil lees.
August 30, 2012
Baie oulik geskryf, loved it.
July 3, 2013
Nie seker of ek van die boek hou of nie. Was intressant ma al die vloekwoorde en manier waarop hulle praat hou ek nie van nie. ek is van Johannesburg en ons praat defnitief nie hier so nie. Nader aan die einde raak die boek intressanter.
September 11, 2012
Heerlik gelag en naels gekou in hierdie een, kan nie wag vir hul volgende boek nie!
May 3, 2013
Ek het hierdie boek saam met my boek klub gelees. Dit was 'n lekker ligte storie, ontspannend en ek kon dit sommer op die strand le en lees.
December 21, 2014
Ek het hierdie boek baie geniet. Dalk so bietjie halfhartig begin lees, maar dit was voorwaar lekker leesstof.
November 14, 2016
Ek het die boek baie geniet, interressant, goed geskryf, en het goed bymekaar gekom op die einde. Lekker...
December 14, 2012
Enjoyable, not Deon Meyer though.
Read
May 14, 2017'n Baie prettige, ligte 'spanningsverhaal' wat lees soos iets wat Deon Meyer dalk vir 'n vrouetydskrif sou skryf. Die karakters is lieflike mense, maar ietwat eendimensioneel. Andersins lekker om te lees.
Displaying 1 - 9 of 9 reviews









