Ontmoet drie rooikoppe. Fey is tegnies 'n stripper, maar eintlik ook nie. Saskia is 'n hardgebakte, siniese sosiale vlinder. Heleen is 'n effens naïewe geskeide kelnerin.
Holderstebolder beleef hulle 'n angswekkende week waarin hulle niksvermoedend met Kaapstad se onderwêreld en internasionale skurke slaags raak.
Een stad, drie rooikoppe, sewe dae is 'n boek waarin spanning, liefde en humor die leser beurtelings na asem laat snak en laat uitbars van die lag en waarin daar vlymskerp sosiale kommentaar gelewer word.
Ek sou hierdie boek 5 sterre wou gee, maar die gebruik van die Here se naam was vir my 'n probleem. Behalwe daarvoor was dit 'n heerlike, prettige boek wat my plek-plek laat skater het van die lag en tog ook genoeg spanning gehad het om my aandag heeltyd te hou. Humor maak soms die ondraaglike draaglik en die skrywers kry dit goed reg in hoe hulle die karakters in die boek uitbeeld. Ek sal beslis nog boeke van hulle wil lees.
Nie seker of ek van die boek hou of nie. Was intressant ma al die vloekwoorde en manier waarop hulle praat hou ek nie van nie. ek is van Johannesburg en ons praat defnitief nie hier so nie. Nader aan die einde raak die boek intressanter.
'n Baie prettige, ligte 'spanningsverhaal' wat lees soos iets wat Deon Meyer dalk vir 'n vrouetydskrif sou skryf. Die karakters is lieflike mense, maar ietwat eendimensioneel. Andersins lekker om te lees.