Jump to ratings and reviews
Rate this book

Abel-trilogie #2

Abel se lot

Rate this book
Die tweede boek in die Abel-trilogie, na Abel se ontwaking:

Ella Neser is op verpligte siekverlof na haar noue ontkoming aan Abel Lotz se skalpel. Tussen beradingsessies en harplesse, peins sy oor die foto’s van Abel se vier slagoffers, vasberade om hom te vang voor hy weer moor. Wanneer ’n inbraak uitloop op ’n sterfgeval, keer Ella terug om die skuldiges aan die pen te laat ry. Sy is egter nie die enigste een op hulle spoor nie. Is Abel Lotz terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?

352 pages, Paperback

First published July 10, 2011

16 people are currently reading
68 people want to read

About the author

Chris Karsten

34 books39 followers
Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die Volksblad, Beeld en Rapport.

Chris is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.

As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaisel, Opspraak deur moord, Dodelike vroue, Verlore onskuld en Boos en bisar.

Sy boek oor aktrise Charlize Theron verskyn in Mei 2009 en is in Afrikaans (Charlize: Ek leef my droom) en Engels (Charlize: Life’s One Helluva Ride) beskikbaar. Chris se tweede roman, Seisoen van sonde, verskyn in Junie 2009 by Human & Rousseau.

Karsten woon in Kanada.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
49 (34%)
4 stars
72 (50%)
3 stars
16 (11%)
2 stars
4 (2%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Sonja Arlow.
1,239 reviews7 followers
September 14, 2015
Hierdie boek ly definitief nie aan die middel kind sindroom nie. Die 2de boek in die Abel reeks was net so senutergend as die eerste een. Die plot is goed uit gedink en die outeur het ‘n ongelooflike woordeskat en skryfstyl. Om eerlik te wees, ek dink ek het hierdie een amper meer geniet as die eerste boek.

Maar ek het wel ‘n klein bietjie kritiek oor die skrywer se voorliefde vir anglisisme.

Snor word moestasie, roof diere word predatore, wonderwerk word mirakel. Ek verstaan dat dit gebruik word om n meer diverse woordeskat aan die storie te gee maar Afrikaans het (volgens my) genoeg goeie beskrywende woorde om nie te hoef staat maak op anglisisme nie.

Maar ek dink my klein bietjie irritasie met anglisisme sal nie ander lesers affekteer nie en kan ek hierdie met groot lof an enige iemand aanbeveel, maar wees gewaarsku, jy mag dalk met die lig aanslaap in die aand.
Profile Image for Tania.
1,454 reviews361 followers
February 23, 2016
'n Briljante opvolg, die skrywer bring baie nuwe persone en elemente in die storie in. Ek het veral van Milo en sy suster Kaja Boric se verhaal gehou, dit speel af teen die agtergrond van die oorlogsmisdade en volksmoord in die Balkan, veral in Sarajewo (1991–1993). Die obsessie tussen Ella en Abel groei ook na 'n nuwe vlak. Ek dink wat ek so baie van die die reeks hou is dat dit heeltemal anders voel as bv. Deon Meyer en Karin Brynhard se spanningsverhale, alhoewel ek al drie skrywers se boeke geniet. Abel is donkerder en meer grusaam, en trek mens stuk vir stuk in. Ek kan nie wag om nommer drie te kry nie. My enigste kritiek is dat die einde in beide boeke bietjie gejaag voel.
Profile Image for Monet.
5 reviews1 follower
December 24, 2019
Gaande oor die storielyn, maar die taalgebruik is ietwat frustrerend en trek op sommige tye selfs my aandag van die verhaal af. Die sinskonstruksie en woordkeuses is ongemaklik en laat my dus wonder of dit met opset gedoen is? Sal sy ander boeke moet lees. Die boek is steeds boeiend en lekker leesstof!
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
December 17, 2012
Ek sou graag wou hê die boek moes anders eindig, maar nietemin is dit 'n uitstekende boek. Ek wil so gou as moontlik die laaste Abel boek lees.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
October 22, 2017
Hierdie een vat so bietjie langer om aan die gang te kom as die eerste Abel, en daar is veral in die eerste helfte van die boek 'n geweldige klomp informasie en detail om te verwerk. Die verskillende storielyne lei tot 'n stadiger opbou, en die geloofwaardigheid van sekere gebeure is ook so bietjie verdag, soos die Abel/Fred insident en die haas wat Abel aan die einde van die boek uit die hoed uit trek.

Nogtans 'n stewige spanningsverhaal, al bereik dit nooit die hoogtes van die vorige boek nie. Die intieme blik op die Bosnië-Hersegowina konflik was ook interessant, en mens bly verstom staan oor wat mense aan mekaar kan doen in die naam van belaglike ideologieë.
Profile Image for Karin Strydom.
51 reviews
May 4, 2024
Soos met die eerste boek kon en hierdie een ook nie neersit nie en sorg Chris amper vir huismoles want al wat ek doen is lees en lees en lees! Dankie Chris - Ella gáán hom vang - Abel, passop!!!
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.