Jump to ratings and reviews
Rate this book

Abel-trilogie #3

Die afreis van Abel Lotz

Rate this book
Die derde boek in die Abel-trilogie.

Die polisie word ontbied na ’n kamer in die Sleep Inn in Bez Valley. Bloed en hare in die bad dui op ’n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer ’n gelooide en onthaarde vel in formalien gevind word, weet Ella Neser sy is weer op Abel Lotz se spoor.

Abel bevind hom in Brugge, by sy vriend Ignaz Bouts. Kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met die hulp van Ignaz. Hy het twee velle en kort nog agt.

Intussen word die lyk van ’n amptenaar van Binnelandse Sake kaal en bevrore langs ’n dam gevind, sy keel afgesny. Dit blyk dat ’n joernalis op sy spoor was, nadat ’n Suid-Afrikaanse paspoort aan die lyk van ’n meesterbrein van Al-Kaïda gevind is.

416 pages, Paperback

First published August 10, 2012

12 people are currently reading
67 people want to read

About the author

Chris Karsten

34 books39 followers
Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die Volksblad, Beeld en Rapport.

Chris is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.

As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaisel, Opspraak deur moord, Dodelike vroue, Verlore onskuld en Boos en bisar.

Sy boek oor aktrise Charlize Theron verskyn in Mei 2009 en is in Afrikaans (Charlize: Ek leef my droom) en Engels (Charlize: Life’s One Helluva Ride) beskikbaar. Chris se tweede roman, Seisoen van sonde, verskyn in Junie 2009 by Human & Rousseau.

Karsten woon in Kanada.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
44 (32%)
4 stars
61 (44%)
3 stars
22 (16%)
2 stars
5 (3%)
1 star
4 (2%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for Tania.
1,454 reviews361 followers
September 19, 2016
Ek het van Abel se ontwaking gehou, maar boek 2, Abel se lot was briljant - die twee storielyne het ongelooflik goed saam gewerk, en kon nie wag op boek 3 te lees nie. Ongelukkig moet ek se dat die storie vir my heeltemal ongeloofwaardig was, dit is moelik om te glo dat mens twee moordsake suiwer met toeval kan oplos, en ek het regtig gesukkel om Die afreis van Abel Lotz klaar te maak.
Profile Image for Jacomien.
15 reviews
December 28, 2012
Die Abel-trilogie is boeiend, maar ai, ek WENS die redakteur kon meer moeite aan die taalversorging spandeer het. Die foute is legio en sommige sinne maak nie eers sin nie... Maak asb. 'n plan voordat die volgende boek gepubliseer word!
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
January 27, 2013
Die toeval speel dalk 'n effe groot rol in hierdie laaste Abel boek, maar ek hou daarvan dat die boek 'n ordentlike afsluiting het. Daar is natuurlik ruimte gelaat vir Ella Neser om terug te kom in ander boeke en daarvan hou ek ook.
Profile Image for Martin Coetsee.
17 reviews
January 6, 2017
This is the best of the trilogy and absolutely brilliant. I recommend reading the other two first though.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
April 10, 2018
Miskien een Abel te veel?

Ek het nie moeilik gelees aan Afreis nie. Baie dinge, soos Abel self, voel net bietjie oorbekend en jy kom mettertyd agter die karakter het geen verrassings meer om te bied nie. Ons weet wat hy gaan doen amper nog voor hy dit doen. Derhalwe bereik dié boek nie naastenby die konstante broeiende spanning of naelbyt krisis en klimaks van die eerste boek nie.

Hierdie is ook die derde boek wat draai rondom iemand wat velle oes, en die detail wat alreeds in boek een gedreig het om oorweldigend te raak, raak nie minder in boek 3 nie. Maak gereed vir nog gedetailleerde beskrywings oor hoe velle behandel word, die name van die chemikalië en toerusting wat gebruik word, hoe hulle gebruik word en in watter volgorde, dié moet uitgepomp word en daai ingepomp word, soveel dae moet dit lê voor die volgende kan gebeur. Nuh uh. Ek het dit in die eerste boek nog nuut en interessant gevind, in hierdie een het ek dit bloot begin oorslaan. Te veel van veral die Abel gedeeltes in die boek ly aan hierdie oorlading van informasie.

Daar is soos in die tweede boek parallele storielyne, maar hier miskien dalk net bietjie te veel lyne wat moet kruis. Ten minste een van die karakters aan wie spesifiek hoofstukke gewy word speel op die ou end so 'n onbeduidende rol in die ontknoping dat ek nie lekker verstaan hoekom ons so nou met haar moes kennis maak nie.

'n 3-ster boek vir my. 'n Goeie koebaai vir Abel, al het sy toertjies hier in die swanesang van die trilogie ongelukkig reeds hulle glans verloor.
Profile Image for Elsa van der Merwe.
82 reviews9 followers
July 5, 2018
Not as good as the other two books, seemed as if the author simply wanted to finish with Abel, so that he could start with his next book. This book took a page from Harry Potter Vs Voldemort and had Ella and Abel facing off in one paragraph. Three books building up to this and that's it. Highly dissapointed. Also the treatment of the Muslim religion with the focus specifically on women, was disgusting. No woman should be treated the way Sajida was treated, no matter the cause or what the group is fighting for. Look forward to the next installment of Ella Neser, but this could have been one of the greatest good vs evil fights. If you want to write about a criminal mind similar to Bufallo Bill and Ed Gein, with the aspect of Hannibal Lecter, perhaps take a page from the Silence of the Lambs.
Profile Image for Heidi de Goede.
615 reviews8 followers
July 3, 2019
Was mal oor die Abel Boeke! Wens hy wil weer uit sy dop kom.
Profile Image for Karin Strydom.
51 reviews
May 4, 2024
Bravo Chris! Encore Chris! Zugabe Chris!!! Ek moet bieg dat ek glads vir ‘n Abel en al sy bose shenanigans mis. Fantástiese reeks!!!
Profile Image for Chrisna.
26 reviews
January 15, 2015
Eeek!!! Dit was nou 'n lekker reeks om te lees. Die inligting oor die gelowe is soms oordadig en word nie ordentlik verduidelik nie (gaan ook beslis nie alles Google nie) maar dit vat nie weg van die storielyn nie. Toevalligheid is 'n groot rolspeler in die boek, maar so is die lewe ook - dinge gebeur nie net toevallig daar, daar is altyd 'n rede. Is mal oor hoe die boek eindig, hopenlik sal Chris sy pen optel en ons van die voete vertel.....
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.