Jump to ratings and reviews
Rate this book

Tou

Rate this book
Drie polisiemanne se oë volg die goiingtou van waar dit aan die vensterraam vasgemaak is na waar dit oor 'n dakbalk lei. Onwillig volg die oë die tou se snaarstywe span van die vensterraam, na die dakbalk en dan na onder, want hulle weet wat daar hang. In ;'n skuur op 'n kleinhoewe naby Pretoria het hulle dit al gesien, in 'n verlate kantoorgebou in die Johannesburgse middestad, in 'n populierbos o die Vrystaatse platteland: die grusame teregstellings van die vigilantegroep Hof onder die Kruis.
Dat dit nie die werk van sommer enige boendoehof is nie, is seker. Dit is 'n moordmasjien hierdie wat met die grootste presisie en kundigheid te werk gaan, bes moontlik met die hulp van die Polisie self. Die selfaangestelde laksmanne moet dringend gestop word, ja, maar ewe dringend is die opspoor van die lekplek in eie geledere, en dit word aan Pine Pienaar alleen toevertrou. Gou is dit nie net die spoke van die verlede en die nuwe baba in die huis wat Pine uit die slaap hou nie - hy staan voor een van die moeilikste uitdagings van sy polisieloopbaan: 'n verterende wantroue jeens 'n kollega.
Vir die ontrafeling van die intrige in die jongste aflewering van die superintendent Pine Pienaar-misdaadreeks bring Piet Steyn weer van die kleurrykste karkaters denkbaar bymekaar; weer het hy sy vinger op die polsslag van die Suid-Afrikaanse sameleweing en weer sorg hy vir onverdunde leesgenot.

287 pages, Paperback

First published January 1, 2010

5 people are currently reading
13 people want to read

About the author

Piet Steyn

4 books5 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
14 (31%)
4 stars
19 (43%)
3 stars
8 (18%)
2 stars
3 (6%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Christina Rothfusz.
972 reviews26 followers
May 9, 2022
Pine Pienaar en sy span soek na 'n Boendoe Hof groep wat die gereg in eie hande neem om Plaas Moordenaars te vervolg. Dis gou duidelik dat daar 'n mol by die SAP moet wees, na aan Pine se span en saam met die ondersoek moet Pine ook die mol probeer uitsnuffel, selfs Kat is onder verdenking - die vigilante groep trek juis ondersteuning by meeste van die Publiek, waarom nie ook uit die SAP nie.

Dele van die boek was moeilik om te lees, maar ek het die een net so flink verslint soos Tik.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
July 31, 2023
Baie goeie boek. Gaan nou TIK begin lees.
Hoop ons sien meer van Piet Steyn.

Ek moet sê, ek het al met die motorboot storie geweet Zirk is die HOK
Profile Image for René Annandale.
Author 4 books
September 24, 2012
Ek is Piet Steyn se nuutste aanhanger, sowaar! Dis moeilik om te glo die man was nie in diens van die SAPD nie. Goeie navorsing is gedoen en hy het 'n baie goeie waarnemingsvermoë. Piet Steyn se beskrywings is raak en die name van sy karakters is oortuigend. Ek kon hierdie boek nie neersit nie en het myself plek-plek gevoel asem ophou.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.