Ek verstaan hierdie is n radio reeks uitgereik rondom my geboorte, en ek respekteer die golden oldies. Maar die boek en fliek het blykbaar gelyktydig onlangs die lig gesien, en nie een het die mas opgekom nie.
Dinge wat my geirriteer het van hierdie boek:
- Oordadige natuurbeskrywings, wat 'n copy/paste geval is elke paar parragrawe. (ek was nog nooit in Hazyview nie, maar is klaar gatvol vir die plek en sal n maand of twee moet kans gee voor ek weer n litchie of mango probeer eet.)
- Bonatuurlike verskynsels soos klokke wat agteruitloop, skaak wat vanself gespeel word en ligte wat uitdoof, met GEEN verduideliking of verwantskap aan die storie nie.
- Rooikappie. (dink aan beelde wat met Rooikappie verband hou: houtkappers, byle, boshuise, wolwe en ROOI.) Daar is wavragte vol Rooikappie in hierdie boek wat NIKS te make met die storie het nie, behalwe om nou en dan n rooi blaps in te voeg as dinge vaal raak. (bv n Rooi roos in n stort seepbakkie, wat Rooi bloed tot gevolg het as iemand met seep in sy oe perongeluk aan die dorings vat. En dit is nie eens al keer wat Rooi rose mense prik nie..)
Oor die (selfde) wolf wat 3 mensgeslagte lank op die plaas rondsluip en net uitverkorenes kan aanskou gaan ek nie eens uitbrei nie.
-FOUTE!!!! ek het die boek by die biblioteek uitgeneem en ek is jammer vir die stad Kaapstad vir die skending, maar ek het dit met n potlood gemerk soos n vraestel. Foute van alle soorte, dwarsdeur die boek. Maar my ultimate: (spoiler alert) bl 375: die groot reveal! Die polisie ontdek n foto wat n klomp goed verklaar (wat enige iemand 100bladsye vroeer reeds kon voorspel) en dan verwar die skrywer die persoon op die foto se van met een van sy ander hoofkarakters s'n!
En dan ander goed. Soos die herhaling van woorde en konsepte (newels, infantiel, koppe wat wil bars en mense wat almal skrik op dieselfde manier), die rooisteen ring wat op oupa, ryno en adele se vinger geslag na geslag perfek pas. Waar is Arista? Wat nou van Arista? Sys mos in die hotel foto op die agtergrond, werk sy dus daar? Of slaap sy in die boshut op die dennenaalde hoop? O, wag, nee, sys getroud in nelspruit met n Daneel. En dan, die polisie x2 se teenwoordigheid in hierdie boek wat ook nie bydra tot die storie nie, koeksisters, dik boude en al.
Een ster vir Leon want ek weet hy kan eintlik, en een ster vir arme Hazyview.