Jump to ratings and reviews
Rate this book

Ek droom van 'n droom

Rate this book
'n Gewone tiener droom van kêrels, mode en 'n suksesvolle loopbaan. As jy Elsje is, suster van Olimpiese gouemedalje-wenner Ryk Neethling en swemkampioen en ontwerper Jean-Marié Neethling, droom jy van swem vir die S.A.'s en Olimpiese medaljes. Jy droom nié van 'n kanker-groeisel wat sy tentakels so diep in jou brein ingeslaan het dat die neuroloog kopskuddend sê daar is nie hoop nie ...

Elsje Neethling Blair is op 13 gediagnoseer met 'n doodmaak-kanker. In EK DROOM VAN 'N DROOM vertel Elsje saam met Maretha Maartens van haar 20 jaar lange saamleef hiermee en haar weiering om toe te laat dat kanker haar ontneem van haar jongmeisiedrome. Dit vertel van opdraandes, maar ook hoop, van terugslae ... en nuwe drome.

Bydraes deur pa Ryk, ma San-Marie, boetie Ryk, sussie Jean-Marié en Elsje se man, Bruce, vertel hoe haar stryd ook húlle stryd geword het. Daar is ook agt bladsye met volkleurfoto's uit Elsje se persoonlike album.

EK DROOM VAN 'N DROOM is 'n eg-menslike verhaal, want Elsje ken die seer en die onsekerheid, maar ook die geloof en die blyke van God se genade wat 'n lewe saam met kanker kenmerk. Sy glo onwrikbaar: Vir God is niks onmoontlik nie.

268 pages, Paperback

9 people want to read

About the author

Elsje Neethling Blair

2 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (38%)
4 stars
8 (38%)
3 stars
4 (19%)
2 stars
1 (4%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
May 8, 2014
Soms word daar engele aarde toe gestuur. Engele wat soos mense lyk en leef, wat deur hul lewe ander mense optel uit hul moedeloosheid en saamdra tot bo-op elke berg. Wat van elke berg 'n heuwel maak. Wat hul swaarkry letterlik met lekkerkry klaarkry. Elsje is een van daardie engele. Ek sal haar en haar storie, haar waarheid, vir altyd met my saamdra.
Profile Image for Susan Snyman.
17 reviews1 follower
May 8, 2015
Sjoe watter heerlike skryfstyl. Kon dit nie neersit. Ek salueer Elsje vir haar geloof en die manier waarop sy dit elke dag leef. N Moet lees vir almal
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.