Jump to ratings and reviews
Rate this book

Insomnia

Rate this book
Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. Sy gaan ook soek na haar verloofde wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie? In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer...

293 pages, Paperback

First published January 1, 2012

Loading...
Loading...

About the author

Leon van Nierop

32 books26 followers
Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese boeke. Hy het verlede jaar die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-SANLAM radiodrama skryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit in Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers (waarvan daar ook ’n resepteboek uitgegee is). Van sy bekendste romans sluit in Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Paradys.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
13 (23%)
4 stars
18 (32%)
3 stars
21 (37%)
2 stars
4 (7%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Muller Rossouw.
148 reviews5 followers
June 22, 2025
2.5⭐️
Dit was n vinnige lekkerlees springmielie-verhaal. Ek het die storie grootendeels geniet.

Dit handel oor n slaapkliniek in die Laeveld met n paar ongure karakters, verdwynings, moorde en romanse!

Die storie verloop vinnig, maar ongelukkig met swak karakterisering en karakter ontwikkeling. Ek het nie 'n besonderse band met enige van die protagoniste Luitenant Kerneels of met Louise gevorm nie.

Ek is nie seker of dit die kenmerkende Lapa Minion Pro-"font" of die gestroopte, amper bot skryfstyl van Van Nierop of iets anders wat die leeservaring amper 'kinderlik' of verouderd laat voel nie.

Dis moeilik om te beskryf hoekom ek nie meer hiervan gehou het nie!

Hoe dit ook al sy: steeds lekker maklike Afrikaanse leesstof!
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
February 27, 2018
Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus -omgewing. Sy gaan ook soek na haar verloofde, Altus Bekker, wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie?
In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer van slaaploosheid?

Imsomnia laat die leser van bladsy eei af orent sit en boei enduit. Ek het die vervolgverhaal in Vrouekeur gelees maar moet erken dat dit my nie naastenby so geboei het soos die boek nie. Om ‘n week lank te wag vir die volgende deel van die storie en dan boonop net ‘n klein deeltjie op ‘n slag te lees is glad nie lekker nie. Ek verkies om ‘n boek van voor tot agter te begin en klaar te lees. Weeklikse vervolgverhale boei my dood eenvoudig nie so nie.

Die einde van die boek het eerlik ‘n kinkel in die kabel.

Louise Lindeque word na die slaapkliniek verwys deur haar dokter Christo Henning maar sy kom ook soek na haar verloofde, Altus Bekker wat ook deur dokter Henning verwys is na Jerigo, maar sy het dae laas iets van hom gehoor. By die kliniek aangekom, hou Rebecca Greyling vol dat hy nooit daar was nie, al kry Louise later ‘n hangertjie wat sy vir hom gegee het in die swembad. En dit voel boonop of iemand haar die heel tyd dophou en snaakse dinge gebeur met haar - is dit haar onderbewussyn, hallusineer sy of wat gaan aan?

Dokter Justin Stegman is die dokter wat haar sal help met haar insomnia. Louise verduidelik aan Justin van haar verloofde en saam gaan hulle na die polisie toe. Hoe meer Luitenant Kerneels Loots ondersoek in Altus se verlede instel en met verskeie mense praat, kom hy agter dat die Altus van Louise en die ware Altus twee verskillende mense is want baie ander beskryf hom as ‘n rokjagter en nie ‘n aangename mens nie. Dan is daar ook die meisie wat Kerneels telkemale kry wanneer hy gaan draf wat hom baie interresseer. Einde ten laaste gesels hulle een middag. En hy vind uit haar naam is Maxie Malherbe.

Josef Balthasar Greyling, Rebecca se broer is oorlede op die 30ste April 2011 - so vertel sy almal aangesien hy slefmoord gepleeg het. Hy wou ‘n dokter word, maar oor sy gemoedstoestand kom hy nie sy studies voltooi nie en het hy toe Jerigo saam met Rebecca kom open. Hy het ‘n tablet ontdek wat insomnia behandel, maar ongelukkig het dit verslawend geraak. Hy het self ook van die medikasie geneem. ‘n Paar jaar voor sy dood was daar ‘n ondersoek na wat by die kliniek aangaan nadat ‘n vorige klient gekla het en ‘n privaat speurder het die kliniek ingesypel en alles uitgebring. Die privaat speurder was Maxie.

Dan verongeluk Altus se vriend, Janus oppad na Jerigo en terwyl Kerneels ondersoek instel kom hy agter dat die rede dat Janus oppad soon toe was omdat iemand hom van daar af gebel het. Terwyl Kerneels ook op Jerigo rondloop, vind hy dan ook Altus se lyk. Sy keel is afgesny en dit kan net iemand by Jerigo wees wat dit gedoen het of dalk ‘n jaloerse meisie aangesien hy dan uitvind dat Altus die hele tyd op ‘n buur plaas weggekruip het. Cindy Geldenhuys en Altus het ‘n verhouding aangehad en toe kom Louise op die toneel, en al wat Altus gesien het, was haar geld. Cindy se ouers besit die plaas Rosenvallei maar het geimmigreer en die plaas moet nog verkoop word. Alhoewel sy saam met Altus daar was, het sy later agter gekom dat Altus agter Louise sal aangaan vir haar geld. Sy is toe terug stad toe terwyl Altus vir Louise laat weet het hy wou haar sien en dat alles net ‘n toets was om te sien hoe lief sy hom het.

Die einde - terwyl Louise in ‘n toestand van insomnia was het sy Altus gaan soek om met hom te praat maar in haar toestand het sy ‘n skelpel wat Josef vir haar “neergesit” het, gevat en Altus doodgemaak. Sy het dit uit haar onderbewussyn gedoen en toe Justin haar gehipnotiseer het, het sy dit onthou. Josef maak homself dan bekend aan Louise en dat hy verlief is op haar en dat hulle saam die kliniek kan voorbou. Uit selfverdediging maak sy Josef dood.

Dit enigste goeie einde is dat Kerneels en Maxie ten minste by mekaar uitgekom het.
37 reviews
June 11, 2017
Wat 'n plesier om nog totaal en al verras te wees oor die einde!
Profile Image for Mareli.
8 reviews
June 2, 2025
Nog 'n lekker lê agter oor boek. Ek het die ene verslind in een dag. Ek moes net weer wat het gebeur.
3 reviews
December 26, 2016
Tensed up by the suspense the author creates, finding the facts about insomnia helpful, and enjoying the characters intensely....
Displaying 1 - 7 of 7 reviews