What do you think?

Salemstraat
Salemstraat is ’n straat soos enige ander in die voorstede. Behalwe dat dit in ’n geslote sirkel rondom ’n speelparkie vorm. Salemstraat se mense roem hulself daarop dat hulle mekaar ken en omgee vir mekaar (“ons is close hier in die close”), maar agter geslote deure het elkeen sy geheimpie. Wanneer Emilee se man MJ tydens sy veertigste verjaardagpartytjie wegraak, begin die straat gons. Almal het ’n ander storie, ’n nuwe staaltjie, ʼn geheim of twee wat skielik uitkom. Almal wil Is Emilee verantwoordelik?Huishoudings is verdeeld oor Emilee. Stefanus, oud-weermagman, glo byvoorbeeld vas Emilee is ʼn regte “kortgat korporaal”, terwyl sy vrou weer sê dat MJ ʼn “vreemde man” is. Annique is die meeste vroue in die straat se skoonheidsdeskundige; oor mani’s en pedi’s hoor sy meer as wat mens dink. Alexandra, die Russiese gypsy, het ʼn skelm verhouding met MJ gehad – en sy het hom juis gewaarsku dat dit slegte karma is om jou veertigste te vier; jy nooi die dood in jou huis. Devon spandeer meer tyd in die gewelddadige alternatiewe wêreld van rekenaarspeletjies as die werklikheid om hom. En Riaan, ’n misdaadjoernalis, wat pas ingetrek het in Salemstraat, het juis gehoop hy kan wegkom van misdaad.Satan het nog altyd in die suburbs geskuil. Almal steek hier hul geraamtes in duur, ingeboude hangkaste weg. En dit neem nie veel om dit te laat uittuimel nie.
203 pages, Kindle Edition
Published June 1, 2023
About the author
Erla-Mari Diedericks
13 books27 followersErla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 30 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose, Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy.
Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger, Rapport en Sunday Times.
Sy het sewe boeke op haar kerfstok – Sin, Sushi & Survival, Still Standing, V-Verhale, Seks, Leuens en die Internet, Agter Grendels, Dominique en Die Bewonderaar. Die laaste twee is rillers en volg op mekaar.
Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels die manlike geslag ontstig.

Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
April 19, 2026
Salemstraat is ’n stewige stuk Afrikaanse fiksie wat van die eerste bladsy, en in minder as sy 200 bladsye, jou aandag vasgryp. Salemstraat is betowerend skerp, menslik en deurtrek met boosagtige humor wat die storie ligter maak sonder om die dieper temas te ondermyn.
Wat vir my uitstaan, is die fyn waarnemings van mense en samelewing – die sosiale kommentaar voel eg en relevant, en word op ’n toeganklike manier verweef met die karakters se lewens. Die skryfstyl is vloeiend en gemaklik, en maak dit maklik om jouself in die wêreld van Salemstraat te verloor.
Hoewel die begin van die boek besonders sterk en meesleurend is, het die tweede helfte vir my effens momentum verloor. My konsentrasie het daar begin afneem, en dit het gevoel asof die storie nie heeltemal dieselfde impak behou as wat dit aanvanklik gehad het nie.
Beslis die moeite werd vir liefhebbers van moderne Afrikaanse fiksie en die domestic noir genre.

Read
June 17, 2023#Salemstraat – Erla Diedericks
#Lapa
Liewe leser,
Op 23 Julie 2022 kry ek ‘n boodskap van Erla dat Emilee haar man doodgeskiet het. In my verdediging, dit was na 22:00 en ek is nie ‘n aandmens nie, maar my eerste gedagte was: Wiedehel is Emilee? Nadat ek myself wakkergeskud het en behoorlik lees, besef ek: Dis ‘n fiktiewe scenario en ek word bloot gevra om die regsaspekte na te gaan, nie om iemand van die galg te probeer red nie. Dis hoe my beperkte betrokkenheid by Salemstraat begin het, maar ek moes, soos die res van die mensdom, wag om die finale produk in my hande te hou voordat ek Emilee se lotgevalle eerstehands kon lees. En ja, ek was nogal benoud; as daar misverstande tussen my dikwels hopeloos te tegniese verduidelikings en Erla se weergee daarvan opgeduik het wat haar roman kon kelder, sou ek waarskynlik my naam verander het. Of emigrasie oorweeg het. Nou is dit 17 Junie 2023, amper ‘n jaar later, en ek het uiteindelik die roman te lese gekry.
Die storielyn is bedrieglik eenvoudig: Emilee skiet haar man, ML (nie MJ soos op die agterblad aangedui nie) in hulle voorstedelike huis in Salemstraat dood. Die karakters, en jy, die leser, word uitgedaag om te probeer vasstel of dit koelbloedige moord, wraak, selfverdediging of tydelike ontoerekeningsvatbaarheid as gevolg van mishandeling was. Die karakters is uiteenlopend en elkeen beoordeel die situasie vanuit sy of haar unieke agtergrond. Daar is ‘n oudweermaglid wat reken ‘ML sal nie sy hande vir ‘n vrou lig nie. Hy kén mense. Hy ken máns.’ (16); ‘n voormalige slagoffer van gesinsgeweld; ‘n afgetrede psigiater wat lang gesprekke met haar Bullterriër voer; ‘n jong prokureur met ‘n passie vir vroueregte; ‘n ambisieuse joernalis, en ‘n skooonheidsterapeut wat meen ‘Sy weet goed hoe geweld lyk. Dit lyk nie soos Emilee nie.’ (12).
Die spanningslyn terwyl uitspraak aangaande Emilee se regsposisie afgewag word, word versterk deur die gebruik van kort hoofstukke en verskeie fokaliseerders. Die kort tydslyn van kwalik vier weke skep ‘n atmosfeer van dringendheid en die op die oog af terloopse insluiting van kraaie word uiteindelik ‘n kragtige metafoor vir die menslike natuur. Die bekende debat aangaande gemeenskapsonbetrokkenheid en kollektiewe skuld word ‘n integrale deel van die teks, tesame met die bewese feit dat dit relatief maklik is om ‘n getuie te manipuleer om te glo dat hy of sy waargeneem het wat hy of sy graag wou waarneem.
Die beskrywing van gendergebaseerde geweld op bladsy 90-91 in ongetwyfeld een van die kragtigste tonele in die roman. Nie omdat dit grafies van aard is nie, inteendeel, dit is nie, maar omdat dit die perspektief van die slagoffer met filmiese realiteit uitbeeld. Die erns en trauma van hierdie toneel word effektief gebalanseer deur ligter tonele, waarvan ‘n persoonlike gunsteling die op bladsye 152-154 is. Die uitbeelding van ‘n lid van die publiek se besoek aan ‘n staatskantoor word hier met dodelike akkuraatheid en ‘n goeie skeut satire aangebied.
Die insluiting van die eerste paragraaf hierbo, is ter wille van deursigtigheid. Liewe leser, ek was inderdaad in bovermelde mate betrokke by die skepping van hierdie roman en daarom gaan ek geen stertoekenning doen nie, maar wel openlik bely dat ek trots is daarop dat my geliefde Bullterriër James ‘n rol vertolk in ‘n roman wat na, my beskeie mening, sterk byval by ‘n groot verskeidenheid van lesers sal vind. (En dat ek ook nie beplan om my naam te verander of te emigreer nie.)
#Uitdieperdsebek LAPA Uitgewers

July 6, 2023
Erla Diedericks het erken dat sy vir “grillerig” gegaan het in haar hoofstuk vir die onlangse veelbesproke groepsroman, Op pad na Grysberg. Dit was dan ook my enigste verwysingsraamwerk vir my verwagting ten opsigte van Salemstraat, want ek het geen van haar vroeëre werk gelees nie. Die herinnering aan daardie grillerige hoofstuk tesame met ’n roman toegedraai in swart papier, het nogal ‘n rilling ruglangs gestuur. Dit was omtrent tandekners sake om dit oop te maak vanoggend, maar teen aand se tyd was dit kant en klaar gelees! Diep geraak deur die wandade wat mense teenoor ander pleeg, hetsy emosionele of fisieke mishandeling, en helaas, moord.
Kort hoofstukke, afwisselend vanuit die perspektief van die onderskeie karakters, maak daarvan die spreekwoordelike blitsblaaier terwyl die spanninglyn strykdeur gehandhaaf word. Ek het deurentyd die gevoel gekry dat dinge nie gaan wees soos dit lyk nie, maar die slot is tog ontnugterend. En dan is daar natuurlik die kraaie …
Die voorstedelike Salemstraat mag op die oppervlak doodgewoon vertoon, maar die karakters maak dit uiters boeiend en kleurvol. Ek kan dit aanbeveel, selfs vir ietwat sensitiewe lesers soos myself.

December 17, 2023
Ek het die boek aangeskaf en toe iewers op Bakkiesblad opgemerk dat ek maar min misdaadfiksie lees, en nogal uitsien na die boek. Toe laat weet die skrywer my, dit is nie misdaadfiksie nie! Nou ja, dit aanvaar ek nou, maar dit lees tog wel bietjie so. Daar is tog wel ’n dood, en ’n ondersoek na die dood, skuldig of onskuldig? So die boek lees misdaadfiksieagtig, hoewel daar nie die gewone patroon is van ’n speurder wat ’n klomp sake ondersoek nie. Die storie is so titsel te voorstedelik vir my smaak. Die einde was nogal ’n lekker twist, wat ek nie sien kom het nie. Oor die algemeen was die boek darem redelik interessant en leesbaar, maar ook nou nie juis die soort boek wat my lank gaan bybly nie.
Read
September 26, 2025Puik. Was mal daaroor.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews