'n Titel oor die godeverhale, mites, simbole en metafore van Antieke Egipte – 'n "reisverhaal" om uit te kom by antwoorde op vrae soos: Watter invloed het hierdie stories gehad op die Christelike geloofstradisie? Wat leer ons vandag daaruit oor die verhouding tussen mag en moraliteit? Hoe help die verhale oor die Egiptiese gode en die God van die Christene ons om moreel en met geregtigheid te lewe? Om verhoudings heel te maak?