Jump to ratings and reviews
Rate this book

'N Venster Vir Die Son: Waar Liefde En Lig Woon

Rate this book
Na die groot sukses van Dit gebeur met ander, Die pad na Weerbegin en Die kleur van verlange is daar nou ’n splinternuwe boek uit Helena Hugo se pen.
Die aantreklike dr Tobie Barnard is leraar by ’n vooruitstrewende gemeente. Hy is ’n stil, sterk man met aansien in die gemeenskap. Sy vrou, Lucille, gee by die universiteit klas in rekeningkunde en finansiële bestuur. Sy is baie bewus van wat mense van haar dink, maar probeer op haar manier ’n goeie predikantsvrou wees.
Tobie en Lucille se verhouding is reeds nie wat dit moet wees nie wanneer Tobie se ma, Herta, een aand uit die bloute by hulle opdaag. Herta is boheems en eksentriek en sy en Lucille het nog nooit vreeslik goed oor die weg gekom nie. Nou moet hulle in een huis bly!
Herta is uiters begaan oor natuurbewaring en dit irriteer Lucille geweldig. Boonop is die kinders dol oor hul ouma. Die situasie tussen skoonma en -dogter veroorsaak wrywing tussen Lucille en Tobie. Om alles te kroon smee Herta ’n hegte vriendskap met een van Tobie se gemeentelede, Vita, wat ongelukkig getroud is en op soek is na ’n man wat op dieselfde geestelike vlak is as sy.
’n Venster vir die son is ’n verhaal oor verhoudinge – nie net tussen man en vrou of ma en kind nie, maar ook tussen God en sy skepping. Die karakters in ’n Venster vir die son sal diep onder lesers se vel inkruip en hulle nog lank bybly.

352 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2010

10 people want to read

About the author

Helena Hugo

56 books8 followers
Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Luisteraars sal haar veral vir Blinkwater en Mooi mense onthou. Sy het ook al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-skryfkompetisie gewen en haar drama Swane is met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (18%)
4 stars
7 (63%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
2 (18%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Annica.
116 reviews
June 3, 2022
"Die lewe word tussen twee uiterstes geleef: geboorte en dood, en alles aan 'n bepaalde orde onderworpe is, dat God dit self in seisoene ingebou het en ook in die fases van die mens se bestaan. Daar kom 'n tyd dat jy moet afskeid neem van alles waaraan jy verknog is, jy jou besittings moet agterlaat en jou lewensprestasies nie meer vir jou van waarde is nie. Soms is dit nodig om op 'n eensame pad te gaan, soms is jy gelukkig en kry kans om weer terug te loop op jou spore en reg te maak met geliefdes en vriende, weer familiebande op te tel en vrede te maak met broers en susters in die geloof. Die sin van die lewe lê tog nie in die besittings wat jy versamel het nie, maar in die herinneringe wat jy agterlaat, die lesse wat jy geleer het en jou nalatenskap vir hulle wat agterbly."
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.