Net sewe dae. Dis al wat nodig is om die wêreld tot stilstand te ruk.’n Week gelede was Jake nog ’n doodgewone sewentienjarige. Nou is hy een van die enigste oorlewendes in ’n verwoeste stad. Daarom vat hy die pad op soek na sy pa. Maar ná die uitbreek van die virus is die wêreld ’n vreemde, skrikwekkende plek waar gevaar om elke draai skuil en waar jy nooit seker is wie jy kan vertrou nie.
Jaco Jacobs grew up in a small Karoo town in South Africa, where he fell in love with books at a very young age. His writing career started at school, with his participation in numerous competitions for aspiring writers, and the publication of his first short stories in magazines. At 18 he wrote his first youth novel, Pretpark, which was later published by Human & Rousseau.
Jaco has published more than 180 books for children and young people, including picture books, collections of children’s verse, and non-fiction. More than a million copies of his books have been sold and for the past few years, he has been one of the bestselling authors in the South African market.
In addition to this, he has translated more than 300 children’s books into Afrikaans, among them four Tintin titles as well as books by Michael Rosen, Chris Riddell, Charles Fuge, Julia Donaldson and Jessica Townsend. He believes humour is one of the key ingredients in an enjoyable children’s book, and his books, such as My ouma is ’n rock-ster and Wurms met tamatiesous, and his translations are characterized by a strong element of fun.
Jaco was awarded the Alba Bouwer Prize (twice), the MML Literature Award, the Elsabé Steenberg Prize for Children’s Book Translation, the South African Translator’s Institute Award for Children’s Book Translation, the Tienie Holloway Medal, the Scheepers Prize, the Rapport/kykNET Prize and the C.P. Hoogenhout Medal, and has won twenty-nine ATKV Children’s Book Awards (the only book award in Afrikaans where children get tot vote for their favourite books). In 2008, his youth novel Suurlemoen! was named an international IBBY Honour Book. Two of his novels for teenagers, Suurlemoen! and Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word, have been adapted into full-length feature films.
In 2018, translations of ’n Goeie dag vir boomklim (A Good Day for Climbing Trees) and Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word (A Good Night for Shooting Zombies) were published internationally by acclaimed British publisher Oneworld, and the Italian edition of A Good Day for Climbing Trees was released in 2019. A Good Day for Climbing Trees and A Good Night for Shooting Zombies were both longlisted for the prestigious Carnegie Award.
Jaco is also a freelance journalist, columnist and long-distance runner who has completed the Comrades Marathon twice. He lives in Bloemfontein with his wife, Elize, two daughters, Mia and Emma, as well as two-and-a-half dogs, a cat and a pet python.
Lank terug, toe ek nog op laerskool was, het Jaco Jacobs by ons skool kom praat. Van toe af het ek elkeen van sy boeke verorber. Dertien jaar later en ek is nogsteeds mal oor sy boeke.
Virus is 'n boek wat, in my opinie, 'n gaping toemaak in Afrikaanse literatuur. Ek lees baie jong volwasse boeke, wat deur oorseese skrywers geskryf is, wat oor zombies, weerwolwe en vampiere gaan. In my opinie is daar baie min van hierdie boeke wat deur Suid-Afrikaanse skrywers geskryf word en nòg minder van hierdie boeke word in Afrikaans geskryf.
Jaco Jacobs vul hierdie gaping so goed met hierdie boek!
Virus volg die storie van 'n sewentien-jarige seun tydens die uitbraak van 'n virus wat mense in zombies verander. Hierdie boek is vol aksie, avontuur en net die regte hoeveelheid romanse.
Ek beveel beslis hierdie boek vir enige jongmens aan! As jy voorheen nie mal was oor lees nie, mag jy, nadat jy hierdie boek gelees het, dalk nooit weer 'n boek neersit nie!
My eerste zombie-boek - en nie noodwendig die eerste van vele nie. Maar Jaco Jacobs se kort roman vertel 'n pakkende verhaal wat my tog aangegryp het, nie weens lekker gril vir die besmettes nie (die hele wêreld stort in duie weens 'n virus wat mense in marionette verander en ander mense laat doodmaak), maar weens die karakters en die verhoudings wat ontwikkel. Daar is darem 'n paar humoristiese elemente ook, soos die laaste DJ wat nog oor die radio uitsaai. Onder die oppervlak borrel vrae soos: "Wat is beskawing?" en "Wat is normaal?", maar jy hoef nie só diep te lees nie: jy kan ook maar net lees om Jake se avontuur saam met hom te beleef. Die slot is oop, met selfs 'n sprankie hoop, ten spyte van alles wat jy tot hier toe saam met Jake deurgemaak het.
Jacobs spins another catchy yarn, this time about a zombie apocalypse. Not a narrative device that has enticed me before, but in his capable hands the story is gripping, mainly because of the characters Jake meets on his journey and the relationships that develop. The seriousness is alleviated by a bit of humour, especially by the last surviving radio DJ. Questions like "What is normal?" and "What is civilization?" bubble under the surface, but one can only read for the adventure, and for the deceptive hope suggested by the neatly open ending.