Parys... die stad wat ek bo alle ander liefhet, het André Brink in sy outobiografie geskryf.
Hierdie bundel bevat 'n keur uit André Brink se eerste twee boeke oor Pot-pourri (1962) en Parys-Parys: Retoer (1969).. Nadat die skrywer in die sestigerjare in Parys gewoon het, het sy sketse en verhale oor sy ervaringe van die lewe in die Franse hoofstad eers in koerante en daarna in boekvorm verskyn. Sy indrukke van mense en die verskillende aspekte van die lewe in Parys is met fyn waarnemingsin geskryf. Die toonaard wissel tussen humor en erns, tussen speels en indringendheid; daar is besinning en daar is satire, deernis en spot. Heerlike, leesbare stories oor hierdie gewilde wêreldstad.
André Philippus Brink was a South African novelist. He wrote in Afrikaans and English and was until his retirement a Professor of English Literature at the University of Cape Town.
In the 1960s, he and Breyten Breytenbach were key figures in the Afrikaans literary movement known as Die Sestigers ("The Sixty-ers"). These writers sought to use Afrikaans as a language to speak against the apartheid government, and also to bring into Afrikaans literature the influence of contemporary English and French trends. His novel Kennis van die aand (1973) was the first Afrikaans book to be banned by the South African government.
Brink's early novels were often concerned with the apartheid policy. His final works engaged new issues raised by life in postapartheid South Africa.
Ek is ‘n groot André P Brink aanhanger. Het so uitgesien na die boek op die vooraand van ‘n reis na Parys. Ek het ‘n paar van die kortverhale regtig geniet en flikkeringe van Brink se slag met woorde gesien en weer onthou hoe briljant hy is. Ongelukkig was van die verhale teleurstellend en het nie my aandag gehou nie.
Ek moet dit duidelik stel dat ek geen groot aanhanger van André P. Brink is nie. Ek het die boek uitgeneem met die suiwere doel om my te besiel om Frans te leer. Kortom: dit het nie gewerk nie. Jy kan nie 'n taal léér liefkry nie.
Tog is daar vier verhale in die boek wat vir my uitsonderlik goed geskryf is.
Heel bo-aan my lysie is "Jan op die stasie": juis omrede hierdie verhaal wat hier staan so sterk herinner aan Jan Rabie se eie verhaal "Simbool" in 21+: soveel ywer, soveel nougesette beplanning (elke dag), soveel moeite met die voorafoefening om die stasie te bereik, soveel wat aangepak word - en dan kom die noodlot en tart jou met 'n Franse spoorwegstaking. Al die moeite verniet. In "Simbool": soveel ywer om 'n berggod aan te pak (hy sal die kruin bereik!), 'n hele drama met die held wat histrionies tot sterwe kom, en dan kom 'n simpel bokwagtertjie eendag en vermag "heel toevallig", "terloops", "uit die bloute", wat die grootste held nie kon vermag nie - hy bereik die kruin. Al die moeite van die (anti)held verniet. Daardie tipiese onverwagte antiklimaks uit 'n (post)moderne oogpunt. Jy moet blind wees om nie hierdie parallelle raak te sien nie. Ek het geskud van die lag by hierdie gedagte. So ironies.
"Die dag van die pampoen" was oulik - ek kan my nie indink hoe die Franse daardie jare skaars geweet het wat om met 'n pampoen te maak nie (dan weer, selfs in die 1980's was daar nog mense in die Overberg wat gedink het jy moet 'n mango kook...). Maar dat almal opgevrolik word met André wat die reusepampoen deur die strate karwei moes 'n gesig gewees het.
"Oupa Maurice" ("Ek help my altyd laaste," hou hy vol. "Selfs wanneer ek alleen eet.") en "Uys in Parys" was nogal effens satiries, maar verbeeld ménslikheid.
Sou ek Parys toe gaan in Brink se jare? Hmmm... seker nie, veral nie met die burokratiese rompslomp nie. Sal ek vandag Frans leer? Nee, ook nie.