Jump to ratings and reviews
Rate this book

Maanschijnbaai-tweeluik #2

Maanschijnbaai: Nan & Jeannie

Rate this book
Om Hannetjie se nakomeling te wees, is ook nie vir sissies nie.
Die tweede deel van die Maanschijnbaai-tweeluik wat met Jo & Sue afgeskop het.

564 pages, Paperback

First published September 1, 2012

2 people are currently reading
45 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books141 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
32 (38%)
4 stars
38 (45%)
3 stars
12 (14%)
2 stars
2 (2%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books36 followers
May 25, 2013
Na Jo & Sue moes ek net eenvoudig weet wat van die karakters en daardie kasarm word. En sy stel nie teleur nie! Ek was effe ongesteld vir ‘n rukkie en het allerhande krisisse beleef, en dan is dit mos net die tyd om jou sorge te vergeet en jou kop te skud vir daardie sletspul.

Hierdie keer was Nan & Jeannie die spil waarom dinge draai, maar ek … ag ek bedoel Sue … en Jo se lewens is steeds ineengevleg met dié van die ander twee. Hulle leef volgens die Calitz girls se reës:

Jy maak niemand moedswillig seer nie. Jy kom niemand doelbewus te na nie. Jy gun mense om te wees wat en wie hulle is solank hulle jou nie moedswillig seermaak of te na kom nie. Jy vergewe hulle as hulle dit wel gedoen het en insien dat hulle dirooggemaak het. As hulle dit nie insien nie, sny jy hulle gewoon uit jou lewe. Meet ‘n bietjie jouself, jou familie, jou gemeente daaraan en kyk hoe vaar jou bende. (Nan aan Gideon)

Met sulke girls kan mens mos ‘n pad stap! Daar is ware wysheid wat op vele plekke deurskemer, sonder dat dit soos sedelessies klink. Wat vir my goed was, is dat die karakters ten spyte van hulle tekortkominge, steeds integriteit het en ek kon werklik met iedereen assosieer. Behalwe met Jeannie, sy was erger as my kinders en en wou haar aan haar knopskouertjies vat en wakker skud.

Baie besonders was die inligting oor klippe en kristalle.
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
November 2, 2016
ek is nog steeds in 'n stadium in my lewe wat ek nie kan konsentreer nie en lees gaan maar moeilik, so ek lees bietjie meer ligte boeke. hierdie is die opvolg op die vorige boek, wat ek ook gelees het. ek het dit nou baie geniet - sommer net lekker lig en 'n storie van mense se lief en leed.

love die calitz-girls !!
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
February 8, 2019
Nan en Jeannie is die opvolg van Jo & Sue wat netso lekker lees, al wil jy met tye tussen die bladsye inklim en die karakters so om die beurt 'n oorveeg gee vir die eg menslike foute en besluite wat hulle maak. Dis voorwaarlik 'n lekkerlit boek!
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
January 28, 2014
Hel, dis moeilik om vir die Calitz slette koebaai te sê! Dalk kom vertel hulle ons eendag wat het van Catie en Jolie en Callie geword?
Profile Image for Heidi de Goede.
618 reviews10 followers
August 5, 2019
Vreeslik geniet!
Wens daar kon nog kom van die M-baaiers.
Ieg & Saul miskien?
101 reviews3 followers
Read
January 17, 2020
Die tweede boek wat Jo&Sue se verhale opgevolg het, was net so lekker. 'n Mens kan jouself inleef in hulle verhale.
Displaying 1 - 9 of 9 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.