Jump to ratings and reviews
Rate this book

Labirint

Rate this book
Soms is vlug nie meer 'n opsie nie.

Toe die skilder Vasti de Leeuw se gewese man haar meenthuis vandaliseer, het sy genoeg gehad van sy jarelange treitering. Sy trek terug na Leeuwendrift waar sy as ʼn verworpeling grootgeword het. Dieselfde dag nog begin sy treiteroproepe ontvang, maar sy weier om weer te vlug.

Bekendes en onbekendes betree haar nuwe lewe, en die poppe begin eers regtig dans toe dit, ná die agterdogwekkende dood van een van die inwoners van De Koppe, duidelik word dat oor en weer slapery in dié rykmansbuurt die reël eerder as die uitsondering is. Vasti besef gou dat sy baie meer betrokke is as wat sy kon vermoed. Veral toe die ontbinde lyk van ʼn man nie te ver van haar huis af ontdek word nie. Dan sterf nog ʼn vrou onder verdagte omstandighede en kort daarna nóg een.
Geleidelik word dit duidelik dat Vasti se verlede die sleutel hou om die geheimenisse van die hede te ontsluit. Dat sy die een is wat die minotaurus in die labirint van haar lewe sal moet aandurf. Dit is natuurlik die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat . . .

Labirint is ʼn spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid vind waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge lê.

Bron: bookslive.co.za

544 pages, Paperback

First published October 20, 2012

6 people are currently reading
60 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books141 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
51 (47%)
4 stars
37 (34%)
3 stars
17 (15%)
2 stars
3 (2%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Suna Verhoef.
8 reviews4 followers
January 1, 2018
Chanette Paul het n deeglike greep op ons geliefde taal en ek het pens en pootjies geval vir haar skryfwerk. Spanning, romanse, lekker interessante feite tussendeur verweef 🌼... n leesfees! Ek sien baie uit daarna om al haar werk te lees.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
July 26, 2015
Labirint is voorwaarlik 'n labirint van die verlede en hede, legendes, skinderstories en feite.'n Misterie wat uitgewoel word tussen die bladsye.

Vasti de Leeuw keer terug na haar tuisdorp en mense om haar begin doodgaan. Sy probeer sin maak van die moorde en dinge is nie soos sy gedink het dit is nie.

Die boek is weereens 'n meesterstuk uit Chanette se pen wat mens geboei hou tot laat ure van die nag, oftewel oggend.
Profile Image for E.
159 reviews
March 12, 2014
Verbasend goed en regtig boeiend.
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
February 11, 2017
Ek het die boek baie geniet. Daar was 'n heerlike kinkel in die kabel. Die uiteinde is nie iets wat ek verwag het nie. Kan een persoon 'n ander persoon se hele lewe so in 'n drastiese rigting instuur? Dinge gebeur soms met 'n doel. Soms is die mense wat jou lewe die meeste negatief beinvloed juis die wat naaste aan jou is en mens besef dit nie. Vasti kon dit nie besef hoe haar beste vriendin vir soveel hartseer in haar lewe verantwoordelik was nie.

Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.