In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het. Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink. Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.
Hulle was al onnosel genoem, primitief, gevaarlik, onaansienlik, trofeë, bronne van twyfelagtige mediese praktyke. Niks hiervan doen egter afbreuk aan die feit dat hierdie megaherbivore, renosters, uitwissing in die gesig staar nie.
Die skrywer-verteller in hierdie roman is ‘n Suid-Afrikaner woonagtig in Australië. Hy reis na Suid-Afrika om navorsing vir ‘n boek te doen; om die siel van die renoster in samehang met die rolspelers met die grootste impak op die spesie se oorlewing te vind. Sy navorsing lei hom na ‘n intellektuele kennismaking met Decima, die 40-jarige swartrenostermatriarg in die Groot Visrivier-Park, joernaliste wat antieke Chinese praktyke bestudeer; die bewaarders; die jagters vanmelewe, en die stropers.
Die joernaliste verwoord die frustrasie met die onwilligheid om hoegenaamd te oorweeg dat die Materia Medica-kompendium wat sedert die 16de eeu die gesagsbron vir tradisionele Chinese geneeskunde is, foutief mag wees met betrekking tot die beweerde magiese kragte van die renosterhoring, veral wildehoring – wat met uiterste wreedheid bekom word. Die mens se egosentriese benadering tot die natuur, naamlik die van heerser-besitter, word eweneens uitgebeeld deur die gevoellose en gierige optredes van bekende historiese figure soos George Orwell, Franklin Roosevelt, Koning Leopold, en selfs Pous Leo X, en hulle tragiese nalatenskap in museums en uitstallings.
Decima wag beangs op die volmaan, die doodsmaan, dieselfde tydperk wat haar dekades gelede self wees gelaat het. Haar herinneringe as getraumatiseerde jong kalfie word treffend in sy eenvoud vasgevang: ‘Haar klein groot liggaam bewe.’ (76) en ‘n simpatieke karakter verwoord die slagting van ‘n renosterkoei as volg: ‘Ek kan nie verder hieroor praat nie. Al wat ek kan sê, is dat sy dood is, maar sy is nie nét dood nie.’ (131)
Decima en die bewaarders getaak met haar en haar trop se veiligheid is egter nie al karakters wat ‘n onvermydelike aftelling na ‘n waarskynlike hartverskeurende afskeid moet verduur nie; beide die skrywer se bejaarde moeder en hyself is terdeë daarvan bewus dat sy tyd in die land onverbiddelik uitloop. Hy besef: ‘As ek eers weg is, sal eensaamheid nadersluip, meer tasbaar as tevore…’ (164) en sy bely haar grootste vrees: ‘My kind… ek wil nie hê jy moet doodgaan voor my nie…’ (10)
Die vele vertelstemme, perfek gechoreografeer, dra gesamentlik by tot ‘n toenemende gevoel van naderende onheil; bou op tot ‘n crescendo en sluit af op ‘n sagte andante: ‘…maar hoe ek ookal gaan probeer om daardie stem aan die lewe te hou, ek sál begin vergeet…’ (181) Dis veel meer as ‘n roman oor bewaringsbewustheid; dis die ondersoek na afskeid en vertrek teenoor weersiens en verwelkoming; ‘n kritiese kyk na die prys wat soms vir oorlewing betaal moet word, en die ononderbroke sirkel van lewe en dood.
Ek vind dit moeilik om die regte woorde te vind vir hierdie boek. 'n Mens verwag al binne die eerste paar bladsye dat dit 'n hartbreker gaan wees, maar ek was steeds nie gereed vir die ongelooflike emosionele impak wat dit op my gehad het nie.
I waited a considerable amount of time before I felt ready to read this incredible book, 'Decima', by Eben Venter. It left me with so many thoughts to wrestle with. I first cried reading the account of the rhinoceros, captured in 1515 as a gift for Pope Leo X, drowning in the hull of a sinking ship off the coast of Italy. And then I cried like five more times throughout the book, for various reasons.
Things I adored: that the author is a character in his own story; that the sense of smell is one of the most visceral parts of the sensory experience of the novel; that the desperation of poverty never excuses the horror of poaching, but does explain it; the lovingly-crafted internal world of a rhinoceros, which really felt like peeking into a different kind of intelligence; how often this book is surprisingly funny, and decidedly horny; the amount of historical and scientific detail that made the plight of our planet's most majestic creatures seem all the more fraught; the beautiful descriptions of the eastern Cape; the various caretaking roles of women in the novel, from the igqirha Nolala, to the field ranger Ziyanda Nelson, to the Australian scientists trying to document the illegal trade in rhino horn in the Chinese traditional medicine industry of Hong Kong, to Venter's own mother, who reminds me so much of my own. To Decima herself. Ai tog, julle. 🦏
This entire review has been hidden because of spoilers.
Uitmuntende skryfwerk deur Eben Venter. Decima, die renosterkoei, is die spil waarom alles draai. Die skrywer bekyk die probleem van renosterstropery vanuit verskeie hoeke en laat ons weer dink oor hierdie kwessie.
This tender novel is about both rhino conservation and grieving the death of one's mother.
It's one of those books that leaves you looking slightly baffled and bewildered as you try to recount the plot of what exactly you've just read. The reason for it is that Venter's novel is so emotionally expansive and rich in story; it's filled with accounts of illicit wildlife crime and trade, a short snapshot of the rhino's extinction due to the Anthropocene, and deeply personal autofiction about the loss of an ageing parent.
The Hertzog Prize-winner is well-paced and plotted to keep your attention and your empathy throughout. It contains moments of (fictionalised) personal experiences that feel almost too vulnerable to me to have been read by so many; I'm thankful to live in a world where a novel that fleetingly references queer experiences, and a camp with men in skimpy Rugby shorts, is also the novel that wins the most prestigious literary prize in Afrikaans.
Venter might just be my favourite contemporary Afrikaans author. I now look forward to reading everything he's ever published and will publish.