In Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai vir die eerste keer sy kennis van vuurmaak en vleis met al sy aanhangers. Volg Jan se Gebooie vir ’n wen-vleisbraai. Byvoorbeeld: ’n Braaibroodjie is die een geleentheid in jou lewe waar jy jou brood aan albei kante kan botter – gryp dit aan. Of: Rook waai na die mooiste mense. Stuur hulle kombuis toe om die slaai te gaan maak. Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lamstjops, sosaties en beesstert-potjie. As jy dit eers bemeester het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai takel. Om nie te vergeet van die ou gunstelinge soos braaibroodjies, stywe pap, mielies en selfs ’n nagereg of twee nie. Bewys dat jy jou man kan staan met die perfekte braaivleis – dis by die vuur waar die koring van die kaf geskei word. Jan Braai wys jou hoe.
Who is Jan Braai? His real name is Jan Scannell and he lives to braai (barbeque). He started the National Braai Day initiative in South Africa in 2007 and his aim is to create a national celebration of the one activity all South Africans have in common, regardless of race, language, gender or wealth, cooking over a fire. He holds the world record for the longest braai. He has a TV show about, yes, you guessed it, braaing.