Jump to ratings and reviews
Rate this book

Geskiedenis van Suid-Afrika Van voortye tot vandag

Rate this book
Wie was die eerste mense van Suid-Afrika? En wie het daarna gekom? Hoe het die interaksie tussen Afrikaners, die Britse regering en swart mense die land help vorm? Waar staan ons vandag as 'n nasie?
In hierdie boek span gerekende Suid-Afrikaanse historici saam om dié en ander vrae oor ons verlede te beantwoord. Onder leiding van die bekende prof. Fransjohan Pretorius gaan hulle terug tot die oorsprong van die aarde en beweeg daarna deur die kernmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Daar is hoofstukke oor onder meer die Nederlandse era aan die Kaap, die minerale revolusie, die Anglo-Boereoorlog, Afrikanernasionalisme, swart politieke verset, die Afrikaanse kerk in die 20ste eeu en Suid-Afrika ná 1994.

Die skrywers bied 'n gebalanseerde blik op waar ons vandaan kom en gee onder meer ook erkenning aan Afrikaners se rol in die land se ontwikkeling.

Fransjohan Pretorius is 'n professor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria en die redakteur van die topverkoper Verskroeide aarde. Hy is 'n kenner van die Anglo-Boereoorlog en sy boek Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 is met verskeie toekennings bekroon.

640 pages, Hardcover

First published January 1, 2012

7 people are currently reading
45 people want to read

About the author

Fransjohan Pretorius

15 books3 followers
OOR DIE OUTEUR
Fransjohan Pretorius is professor emeritus van die Departement Historiese en Erfenisstudies, Universiteit van Pretoria. Met sy talryke gewilde publikasies het hy bekend geraak as ’n historikus wat daarin slaag om geskiedenis toeganklik vir gewone lesers te maak. Naas verskeie bekronings vir sy publikasies oor die Anglo-Boereoorlogg, is hy in 2019 vereer met die Jan H. Marais-prys vir sy uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.

ABOUT THE AUTHOR
Fransjohan Pretorius is an emeritus professor of the Department of Historical and Heritage Studies at the University of Pretoria. Numerous popular publications have established him as an historian who succeeds in making history accessible to ordinary readers. In addition to various awards for his publications on the Anglo-Boer War, he was awarded the Jan H. Hofmeyr Prize in 2019 for his exceptional contribution to Afrikaans as a scientific language.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (36%)
4 stars
5 (45%)
3 stars
2 (18%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
No one has reviewed this book yet.

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.