Jump to ratings and reviews
Rate this book

Tuimeltrein

Rate this book
Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?

154 pages, Kindle Edition

Published June 5, 2023

7 people want to read

About the author

René van Zyl

29 books3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (9%)
4 stars
6 (54%)
3 stars
3 (27%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (9%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,484 reviews84 followers
July 4, 2023
#Tuimeltrein – Rene van Zyl
#HumanEnRousseau

Hulle wou net gaan roomys koop. Net vinnig oor die straat stap vir ‘n welkome lafenis in die somerhitte en ‘n kort wegbreek van hulle skooltaak. Hulle sou nooit in hulle wildste drome kon raai dat daar reg voor hulle oë ‘n koelbloedige moord gepleeg sou word en dat hulle van die moord beskuldig sou word nie. Hulle is drie sogenaamde moeilike tieners – en die moordenaar ‘n man van aansien in die gemeenskap – en dis sy woord teen hulle s’n.

Eintlik het hulle hoegenaamd niks in gemeen behalwe dat hulle in dieselfde sekuriteitskompleks woonagtig is en saam aan ‘n skooltaak moes werk nie. Abby is gedrewe, veral oor haar atletiek: ‘Haar lyf is bedraad om te wen.’ (10). Vandat haar pa hulle verlaat het, is sy permanent woedend, reg om te baklei met wie ook al haar pad verkeerd kruis. Jasper het ‘n reputasie as ‘n daggakop; aangesien sy ouers nie in hom belangstel nie, stel hy ook nie in die mensdom belang nie en verwyl eerder sy tyd met rekenaarspeletjies. Henri se macho pa en broers verwerp en verneder hom oor sy seksuele oriëntasie en beskou sy Broadway-drome as die vergesogte ambisie van ‘n swakkeling.

Met al drie ewe onseker of hulle ouers in hulle onskuld sal glo, slaan hulle desperaat op die vlug, min wetende dat hulle binne die volgende ure saam met ‘n boemelaar sou eet; in doodskiste sou slaap, en sou aanskou hoe ‘n tweede persoon op ‘n bisarre wyse die laaste asem in hulle teenwoordigheid uitblaas. Net op hulleself en mekaar aangewese, ontdek hulle hulle ware identiteit terwyl hulle verhoudings met hulle ouers onder die soeklig geplaas word.

Henri sorg deurgaans vir die komies-dramatiese effekte, veral wanneer na homself verwys as daardie soort kind wat a la Stephen King deur ‘n gevaarlike hanswors in ‘n waterafvoersloot gelok kan word met kos; sy onbeplande ervaring met magic mushrooms beskryf in terme van die pienk orangoetang wat hom rondgejaag het, en desperaat bid dat hulle agtervolger beheer oor sy motor moet verloor.

Ten spyte van die ligte aanslag lewer die roman kritiese sosiale kommentaar op die verhoudings tussen ouers en kinders, sowel as tussen tieners met uiteenlopende persoonlikhede en agtergronde, en ondersoek die basis van vertrouensverhoudings en selfaanvaarding teen die agtergrond van ‘n avontuur wat teen die tempo van ‘n tuimeltrein voortsnel. Elkeen van die drie hoofkarakters se perspektiewe word ‘n vertelruimte gegun en verseker sodoende dat die leser empatie met al drie ontwikkel – geeneen van hulle is ‘n individuele held nie, en hulle oorlewing is juis afhanklik van hulle samewerking. Dis ‘n heerlike aweregse avontuurroman met diepte vir lesers van 14 jaar en ouer.

⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek NB-Uitgewers/Publishers
243 reviews
August 1, 2023
Baie dankie aan NB Publishers vir die kopie van hierdie boek in ruil vir ‘n eerlike resensie. Alle opinies is my eie.

Tuimeltrein is ‘n tienerboek wat vir drie tieners volg – Abby, Henri, en Jasper. Die drie het niks in gemeen nie, maar hulle word saamgesit vir ‘n groeptaak. En dan sien hulle ‘n moord, en moet die pad vat want die polisie dink hulle het die moord gepleeg.

Ek sukkel bietjie om my gevoelens oor die book uit te sorter. Aan die een kant was dit baie pret om te lees, en dele van dit (veral die ‘banter’ tussen die karakters) het baie realisties gevoel. Aan die ander kant was daar te veel dinge wat vir my net te onrealisties was. Ek verstaan dat mens met sulke boeke maar bietjie moet laat gaan van realisme, maar dele van die boek was my bietjie te over the top.

Die storielyn gaan in rigtings wat mens nooit sien kom nie, en al was van dit vir my te onrealisties, was dit virseker ‘n tuimeltrein-rit, nes die title belowe.

Ek het ook baie van die karakters gehou! Ek hou daarvan dat hulle nie perfek is nie – hulle het almal dinge waarmee hulle sukkel, en die verhoudings en vriendskappe wat tussen hulle ontwikkel het was nog ‘n hoogtepunt. Die was nou miskien nie die perfekte boek vir my nie, maar ek dink daar is baie lesers daar buite wat sal mal wees daaroor, so ek sou nie huiwer om dit aan te beveel nie.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
June 24, 2023
Kort op die hakke van Die monster in my melkskommel, is daar weer ’n jeugroman deur René van Zyl op die rakke. Soos in die vorige boek, is die karakters en teikengroep van Tuimeltrein laat-hoërskoolleerders met al die gepaardgaande kwessies wat jongmense definieer.
Drie onwaarskynlike vriende word saamgegooi om ’n groepstaak te doen en hulle bank summier twee LO periodes om dit sommer gou-gou kaf te draf. Daar kom egter niks van daardie voorneme nie, want terwyl hulle nog kreatief probeer dink en lus kry vir roomys, word hulle ooggetuies van ’n koelbloedige moord. Tewens, daar word sommer op hulle geskiet en hulle slaan op die vlug. Hulle lewens spiraal letterlik buite beheer, soveel so dat ek die boek nie kon neersit nie. Vir ’n goeie paar ure was ek saam met die kinders op ’n woeste tuimeltreinrit wat byna noodlottig geeïndig het. Genadiglik was daar skeute humor wat die spanning plek-plek laat skiet gee.
Die voorbladfoto’s is sprekend van die drie hoofkarakters. Daar is Abby, op die oog af deel van die cool groep op skool, maar in wese ’n “jeans-en-tekkies-soort wat alles kan doen wat ’n man kan.” (p.1) Sy is ’n suksesvolle langafstandatleet met haar oog op die Olimpiese spele, maar met erge woede in haar lyf wat sy op die atletiekbaan probeer uitwoed. Haar kunspoging moes dit ook al ontgeld, want sy is bitter kwaad vir haar pa wat hulle in die steek gelaat het.
Dan is daar Jasper, vir wie die lewe draai om rekenaarspeletjies, ’n selferkende daggakop. Die leser kom agter dat sy probleme gesetel is in die feit dat sy ouers nie vir hom tyd maak nie. Hy neem nou die leiding en maak planne om te oorleef, terwyl hy staatmaak op sy kennis van veg en vlug in GTA. Die derde rolspeler is Henri, met sy Broadway drome en sy blonde kuif. Wie se militaristiese pa hom terug in die kas geklap het toe hy wou uitklim.
Daar is nog ’n hele paar randkarakters wat die storielyn inkleur, soos Scooby, die begrafnisondernemer met sy lykswa, en sy ouma, met Daisy, haar getroue klein Fiat. En natuurlik Koos, die boemelaar wat in ’n grot woon en hase braai. Oor die antagonis wat die tuimeltrein in werking geplaas het, wil ek liefs swyg, want ek wil niks van die vinnigbewegende plot verklap nie. Of jy sestien is of sestig, die storie gaan jou asem steel!
Profile Image for Rozanne Visagie.
762 reviews104 followers
December 6, 2023
3.5 sterre

Tuimeltrein is 'n behoorlike jeug spanningsvolle aksie! Drie karakters wat wêrelde van mekaar verskil word in 'n situasie gedompel wat vereis dat hul hul verskille oorbrug en saam werk.
Die dag wanneer hulle besluit om skool vroeg te verlaat, word Jasper, Abby en Henri verdagtes in 'n moord. Om roomys te koop is meer gevaarlik as wat ons dink.

van Zyl het drie fantastiese karakters geskep. Jong lesers sal hulself maklik raaksien in Jasper, Abby en Henri. Tieners sal veral die storie realisties vind omdat die karakters nog op skool is en sal maklik hulself in die storie kan inleef. Belangrike aspekte word geraak in hierdie boek wat lesers laat dink. Temas soos self-ontdekking, eiewaarde en vriendskap word behandel, ons sien ook hoe beheer van 'n persoon in gesag, in hierdie geval 'n skoolhoof, 'n invloed op mense en hul onskuld het.

Hierdie boek is vol aksie, spanning en oomblikke waar jy nie vinnig genoeg kan lees nie. Ek het die karakters vreeslik geniet, en daarvan gehou om elkeen te leer ken. Henri is beslis 'n uitblinker! Lesers wat 14+ en ouer is en wat hou van Karen M. McManus sal hierdie boek beslis geniet.

Baie dankie NB Uitgewers vir hierdie gratis kopie in ruil vir 'n eerlike resensie.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.