Jump to ratings and reviews
Rate this book

Dwelm

Rate this book
Twee gewese speurders word koelbloedig langs ’n plaasdam afgemaai . . .
En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by ’n uitgedunde Paarlse speurspan wat al ’n week lank daarmee kleitrap. Kassie bevraagteken die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak.
Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy ’n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie . . .

412 pages, Kindle Edition

Published June 23, 2023

65 people are currently reading
45 people want to read

About the author

Rudie van Rensburg

29 books66 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
101 (47%)
4 stars
84 (39%)
3 stars
21 (9%)
2 stars
5 (2%)
1 star
1 (<1%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,496 reviews85 followers
July 17, 2023
#Dwelm - Rudie Van Rensburg
#Queillerie

Aftrede is sinoniem met tyd hê vir ontspanningsaktiwiteite. Soos visvang. Om in teregstellingstyl koelbloedig langs die viswaters doodgeskiet te word, is, daarenteen, nie deel van die gemiddelde pensioenplan nie. Twee afgetrede polisiebeamptes, hengelliefhebbers en boesemvriende, word langs ‘n dam in die Paarl-distrik doodgeskiet. Wanneer ‘n doodloopstraat in die ondersoek bereik word, word dit die Spookeenheid, Kassie Kasselman en Rooi Els, se probleem.

Kassie is die moderne weergawe van die klassieke Columbo-figuur; sy gekreukelde jas is ‘n rooi windjekker; hy verkies Creme Soda-koeldrank bo Chilli Con Carne, en het nie sigare gerook nie, maar wel Lucky Strikes, maar andersins is hulle beide effens verstrooide, onopsigtelike, maar opregte, en deeglike moordondersoekers wat gereeld onderskat word. Rooi is op die punt om pa te word, en Kassie het die ja-woord van sy geliefde Amalia ontvang wanneer die moorddossier van Waltie Smuts en Gerry van Tonder, alias Karp en Baber, op hulle tafel beland.

Uiteenlopende karakters word in parallelle storielyne aan die leser bekendgestel. Die uitdaging is om hulle relevansie by die moordondersoek te bepaal: Bill Greyling, ‘n voormalige lid van die berugte Brixton Moord en Roof-span, bely spoke uit sy verlede aan ‘n sielkundige, Elize van Zyl; Marinda en Dawid de Necker, broer en suster aan die stuur van ‘n groot maatskappy, is kniediep in geldwassery betrokke en huiwer nie om mekaar in die rug te steek ter wille van oorlewing nie, en twee skarminkels, Leo en Muis, spioeneer op ‘n ongeïdentifiseerde persoon ter voorbereiding van ‘n bende-aanslag. Daarbenewens veroorsaak Anrich, Amalia se lieflingseun, vir Kassie hoofbrekens en voel hy homself genoodsaak om in te gryp.

Bill is ‘n komplekse karakter. In ‘n groot mate ‘n slagoffer van sy tyd, is hy van mening dat ontboeseming teenoor ‘n sielkundige aan hom absolusie vir sy dade sal verleen. Die tegniek om inligting aan die leser deur middel van sy belydenisse oor te dra, is grootliks geslaagd, maar Elize oortuig nie as professionele berader nie. Haar familiêre opmerkings teenoor hom; haar oordrewe besorgdheid wanneer hy emosionele reaksies toon, en haar bevraagtekening van haar eie vermoëns in soverre dit Bill as pasiënt aangaan, verklap die oorsteek van ‘n objektiewe professionele grens sonder dat motivering daarvoor verskaf word. Die verwysing na ‘die ou strafproseswet…’ (bl. 83) is ook ‘n tegniese blaps; dieselfde wet wat tydens die 1980’s nagevolg was, is steeds in werking.

Die maatskappy wat as grootskaalse frontorganisasie vir die De Neckers ingespan word, heet ‘Steen en Sement’ met die akroniem SES – ‘n ironiese keuse met verwysing na die syfer wat tradisioneel die bose vergestalt. Ewe ironies is Kassie se doelbewus oneerlike optrede. Al geskied dit in gewaande opregtheid, is dit kwalik versoenbaar met sy karakter wat beskryf word as ‘n man wat ‘…onwrikbare waardes nastreef…’ (bl. 205) en wat Anrich as ‘n leuenaar brandmerk.

In teenstelling met die glansryke korporatiewe wêreld van die De Neckers, is Leo en Muis, produkte van die Flats. Geweld in hulle wêreld is alledaags, hulle taal is kenmerkend van die bende-en dwelmwêreld en hulle leef volgens die oeroue wet van die oerwoud. Alhoewel dit in dialoog beide geregverdig en noodsaaklik is, is dit egter steurend en selfs oordrewe dat hul spreekwyse en taalgebruik ook deurgetrek word na die vertellerstem in die tonele waarin hulle figureer.

Die kraaines van los drade wat deur die onderskeie storielyne geskep word, kniehalter die tempo van die roman en verminder primêre leserbetrokkenheid, wat onvermydelik lei tot ‘n afname in spanning en die roman in die raaisel-genre eerder as die tradisionele spanningsriller plaas. Die essensie van ‘n raaiselroman is dat subtiele leidrade blootgelê en vals leidrade deur middel van onderskeiding geëlimineer moet word, en in hierdie opsig is die uiteindelike ontknoping problematies. Karakters wat onverwags buite hulle bewese aard, sonder die insluiting van ‘n geloofwaardige sneller, en met omslagtige, vergesogte en bedenklike motiewe optree, doen afbreuk aan die geloofwaardigheid van die slot. Minder is soms meer; hier was dalk net ‘n tikkie oordadigheid in die slothoofstukke.

⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek

Eindnota: Resensie geskryf vir aanlyn-resensiekursus 15/7/2023 deur Jonathan Amid en PEN-Afrikaans
Profile Image for Sonja Arlow.
1,238 reviews7 followers
August 22, 2023
Om eerlik te wees, nie Kassie of Rooi is sulke goeie speurders nie en selfs die bad guys is so bietjie deur die #*$%.

Alles is so bietjie maltrap deurmekaar en gebeur so per ongeluk in die regte rigting.

Maar na 9 boeke is dit nog steeds lekker om van Kassie se persoonlike lewe te lees en hierdie keer is dit baie meer verstrengel met die polisie saak as te voore.
Profile Image for Tania.
1,454 reviews360 followers
December 11, 2023
'n Baie vinnige, lekker lees! Ek het die verskeie parallelle storielyne geniet - dit maak dit altyd interessanter om te probeer ontkonkel wie die skuldige in die boek is.

My enigste negatiewe opmerking is dat ek nie heeltemal seker is hoekom Rooi enigsins in die storie is nie. Sy karakter was die vaagste in die boek, en hy dra regtig ook niks by as Kassie se kollega nie.

Profile Image for Heidi de Goede.
615 reviews8 followers
August 5, 2023
Bietjie deurmekaar gewees. Maar Kassie bly steeds 'n wenner.
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
August 10, 2023
“Wraak is darem ‘n wetter, ne?” het Rooi uitgeroep.
Kassie was heel filosofies daaroor. “Wraak is die dodelikste verslawing. Anders as dwelmverslawing wat in ‘n rehabilitasiesentrum afgeskud kan word, is daar nie ‘n kuur vir wraak nie. Daai dwelm los jou nooit. Dit verslind jou denke en wis jou oordeel uit, …” ”

Dit is heerlik om weer saam met Kassie en Rooi ‘n moordsaak op te los. Ek het voorheen al gesels oor hoeveel ek van hierdie span speurders hou. Rooi se enigste probleem is sy geliefde Torretjie en boonop is sy hoogs swanger in hierdie boek. Kassie, wel, behalwe vir sy liefde vir Cream Soda, boeremusiek en sy seëlversameling, is sy geliefde Amalia sy enigste swak punt. Dit is juis weens Amalia of dan haar seun Anrich wat Kassie in die wêreld van dwelms ‘n draai maak in hierdie boek.

Twee afgetrede speurders word koelbloedig langs die viswaters vermoor vir geen voor die hand liggende rede nie. Die spesiale spookeenheid word ingeroep om die saak te help oplos. Intussen word ‘n reuse bedrogspul wat Steinhoff na ‘n kleuterskool laat lyk, oopgevlek. Hoe hou alles verband met mekaar?

Rudie van Rensburg bring weereens meesterlik talle verskillende storielyne bymekaar in ‘n ingewikkelde vervlegde verhaal met ‘n spanningslyn wat heeltyd opwerk na ‘n hoogtepunt net om weer effe te verslap en selfs verder te verhoog. Dit maak natuurlik die boek ‘n heerlike lees wat jou aandag heel tyd hou en die boek ‘n besliste blitsblaaier maak. Dwelm is werklik een van die mees komplekse en verweefde stories wat ek in ‘n lang ruk gelees het. Die kern van die verhaal is netjies saamgevat in die aanhaling bo. Lees die boek gerus – soos al Rudie se boeke is daar meer agter die storie as net die ooglopende.
Profile Image for Marno.
39 reviews3 followers
November 5, 2023
ñ Baie kreatiewe storielyn, wat soms ingewikkeld, maar skerp aan mekaar geweef is. Rudie skryf oor verskillende karakters en motiewe om nie net een groot klimaks te hê nie, maar ñ reeks daarvan. Dit verseker jou aandag. Met tye het ek gevoel die boek raak te lank, maar tvw die storielyn, was dit seker nodig.
Profile Image for Heloise Hart.
9 reviews
April 1, 2024
Luisterboek. Goed behalwe vor 1 or 2 tegniese feite. Steeds baie geniet.
Profile Image for Rudi Opperman.
640 reviews6 followers
April 26, 2024
Alles wat ‘n mens nodig het vir ‘n misdaadroman. Baie lekker gelees aan die boek.
10 reviews
August 9, 2025
Briljant. My eerste boek van hierdie skrywer. Verseker nie die laaste nie.
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.