Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kalli Krynauw #1

Donker Leuens

Rate this book
Kalli Krynauw is bang en dis nie wat sy wil wees nie. Sy wil weer haar ou self wees - hardegat, dinamies, in beheer, 'n suksesvolle forensiese psigo-fisioloog. Sy kry weer 'n saak om te ondersoek en dit doen wondere vir haar selfvertroue, maar bring ook 'n hele kaboedel nuwe spanningslyne in haar lewe - onder andere De Waal Brink, die konsultant wat aangestel is om te help met die ondersoek. Sy vertrou hom nie, maar kan nie help om te swig voor sy eiesoortige manlikheid nie.

312 pages, Paperback

First published January 1, 2012

27 people want to read

About the author

Lien Roux-de Jager

12 books8 followers
Lien Roux-de Jager het die afgelope vier jaar in Mafikeng gewoon, waar haar man aan die Noordwes-universiteit gedoseer het. ’n Verrykende ervaring. Sy is nou terug in Pretoria en as alles eers op sy plek is, sal die sleutelbord weer volstoom klik. Haar man is haar klankbord en haar kinders haar eerlike kritici. As ’n storie in ’n drif vasval, kerf sy dinge uit hout – eende, visse, skilpaaie, uile, olifante, slange, krokodille en etniese beeldjies. Sy probeer hard om fiks te bly, soms ’n verlore stryd as die storielyn dringend raak. Buiten skryf, is sy ’n kompulsiewe leser van al wat ’n storie is. Sy skryf ook spanningsverhale, kortverhale, kinderverhale en historiese romans.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
11 (26%)
4 stars
13 (30%)
3 stars
15 (35%)
2 stars
3 (7%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Muller Rossouw.
135 reviews4 followers
March 14, 2024
Oulike idee!
Bietjie vreemd vertel en die dialoog is nie oortuigend nie.
Ek het wel die spanning aan die einde van die boek geniet!
Hopelik is die res van die reeks meer natuurlik en oortuigend!
Profile Image for Nicolene Smith.
159 reviews3 followers
July 6, 2025
Goeie storielyn, maar seker gebeure spesifiek geskryf om jou te mislei, was voorspelbaar.

Die hoofkarakter was nie oortuigend nie. Meer geneig na pateties as 'n sterk hoofkarakter.

Weereens: dit is nie altyd nodig om altyd seks in 'n storielyn in te skryf nie.

Ek hoop die hoofkarakter en by-storielyne raak beter in hierdie reeks...
Profile Image for Sandra Jacobs.
21 reviews2 followers
February 3, 2018
Baie baie goed

Ek ken nie Lien le Roux-de Jager se werke nie en hierdie was ‘n eerste vir my. De Jager het nie teleurgestel nie.
Ek gaan verseker die volgendes in die reeks ook lees!
Dankie vir die goeie boek!
Profile Image for Amanda.
1,156 reviews
November 1, 2016
In Donker Leuens word die leser voorgestel aan ‘n interessante karakter in die persoon van Kalli Krynauw. Sy werk daaraan om haar ritme terug te vind in haar beroep as forensiese psigofisioloog, nadat sy haarself misreken het met ‘n persoon wat sy moes toets. Sy het ’n traumatiese ervaring oorleef en is gretig om weer haar selfvertroue te herstel. Haar eerste saak lewer egter ‘n heel nuwe stel uitdagings en gevare op.

Die skrywer plant van vroeg af vernuftig saadjies van wantroue in verskeie karakters, en ‘n situasie wat wil neig na ’n liefdesdriehoek, ontwikkel parallel met die spanningslyn van die ondersoek.

Die gemaklike skryfstyl en oortuigende karakters, sorg vir ‘n aangename leeservaring. Die versoeking was sterk om halfpad deur die boek, die sinopsis van die opvolgboek te gaan lees. Die oop einde van die boek het die leser reeds aan die wonder oor Kalli se toekomstige wedervaringe.
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
July 14, 2013
Dis 'n lekker storie, maar ek kan net 3 sterre gee, want daar is net TE veel onwaarskynlikhede in die verloop van die gebeure, veral in hoe die heldin elke keer gered word. Andersins lees die boek baie lekker.
62 reviews
December 29, 2014
Ek het Donker Leuens geniet, wel gedaan Lien Roux-de Jager. Word aanbeveel vir enige iemand wat hou van 'n liefdesverhaal met skop!
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
March 31, 2016
Baie goed.
Maar nie vir my so goed soos slim leuens nie.
Mal oor Lien se skryfsels
Displaying 1 - 7 of 7 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.