Jump to ratings and reviews
Rate this book

Ontaard

Rate this book
In Pieter Odendaal se langverwagte tweede bundel skryf hy oor aktuele temas soos queer-identiteitspolitiek, geboortegrond, die klimaatskrisis, verlies en vervreemding. Dit is ’n selfbewuste maar ook selfversekerde digterstem wat aan die woord is. Die digter skroom nie om binnetoe te kyk en ongemaklike vrae te vra oor herkoms, tuiswees en heengaan nie: Waar kom ons vandaan? Waar behoort ons? En waar gaan ons heen as ons van die aarde ontwortel word?

96 pages, Paperback

Published July 1, 2023

5 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (64%)
4 stars
2 (14%)
3 stars
3 (21%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,504 reviews87 followers
July 12, 2023
#Ontaard – Pieter Odendaal
#Tafelberg

Die titel roep beelde van vervreemding, afskeid, onsekerheid, verlies en ontworteling op. Die vry vertaalde aanhaling van Glenn Albrecht op bladsy 7 ‘Solastalgie is die meelewing van planetêre verlies, van ontwrigting, van homesick in jou eie huis wees’ bevestig die sentrale temas in hierdie digbundel, die digter se tweede na ‘Asof geen berge ooit hier gewoon het nie’ (Tafelberg, 2018), wenner van die 2019 Ingrid Jonker-prys.

Die opening is een van herkoms, van komvandaan ‘… ‘n ontmoeting van waters is ek / ‘n samevloei van sout en vars…’ (9), gevolg deur vervreemding ‘…ek skryf jou af, ek ken jou nie op straat nie / ek was my naam skoon / skrop tot my rug angeliere bloei…’ (20), afskeid ‘…staan nader want more / verdwyn ons soos water / as die son ons insluk / en wolke van ons maak…’ (50), toekomsverwagting ‘…die wind sal my kop kom leegwaai / en ek sal my sterwende self bekyk…’ (57) met ‘n terugkeer na die hede ‘maar vir eers is ek ‘n soetdoring op voete / mors ek woorde soos klein geel blommetjies / nou is ek ‘n donkie vol shopping bags gevreet / ‘n skare honger hande ‘n maalkolk ‘n donderbui / en op ‘n dag is ek goddank verby…’ (67)

Ewe aangrypend is die woorde uit ‘scenes from a gay childhood’: ‘… die wind slinger my krete / en die seuns se frozen harte / in die straat vol leë bome af / waar jy my nie kom soek nie…’ (17) en die natuur se rou oor die sinnelose doodslag van ‘the greatest hunt in history, 24 Augustus 1860’: ‘…die aand / is ‘n wond vol vreesbevange sterre.’ (23)

‘n Persoonlike gunsteling is die kinematografiese beskrywing van my heimat in ‘die oorvol heuwels van Makhanda’ (35-39): ‘Makana, jy’s ‘n slagveld van biome en mense / ‘n grensdorp tussen reënvalstreke / waar karoo en kus, veld en woud / soos koloniste om uitspanplek veg…’

Meesterlik.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.