Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle na haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die Witlokasie gaan woon, toe was alles verby. Boplaas het hulle afgeskud. Of so het Klara gedink ...
dis die einde van die jaar en lyk my ek kry my mojo vir lees terug. ek sukkel geweldig met konsentrasie, en is so spyt dat ek so min kon lees hierdie jaar, maar bly om te se dat ek hierdie boek in 'n paar dae kon lees. dis 'n goeie teken !!
wat 'n boeiende storie ... ek het dit nou baie geniet. die skrywer skryf lekker gemaklik en die storie vloei. haar beskrywings van die mense van die plaas en die mense van die wit lokasie en die omgewing het gemaak dat ek alles voor my kon 'sien'. goeie karakters en 'n goeie storie - wat 'n mens wil laat huil en dan weer laat lag.
Werklik 'n hartroerende storie. Al die lief en die leed en Mariel Le Roux se beskrywings en gebruik van woorde vir gesprekke is so eg Bolands dit gee mens skoon heimwee.