In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na ’n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of só dink Lucas ... Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: “Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het ’n sny in my kop gemaak ... Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie.” Hierdie woorde gooi die volgende avontuur in hierdie wetenskapfiksie-reeks in snelrat. Die geheimsinnige Sterreloper los vir Lucas twee geskenke: ’n tipe knipmes met ’n laserstraallem en ’n eCom waarmee hy kan kommunikeer. ’n Vreemde man is op Lucas se spoor en waag dit selfs in sy huis wanneer Lucas se ouers nie tuis is nie. Maar die vreemdste van alles is die skrikwekkende visioene wat Lucas onverhoeds begin teister. Wat beteken hulle? Sal hulle ooit ophou? En sal Lucas en sy vriende hulle ruimtelike vuurdoop oorleef?
Fanie Viljoen is a well-known Afrikaans author, living in Bloemfontein, South Africa. A full-time writer, illustrator, and artist, Fanie has written numerous short stories, radio plays, and books for children and teenagers. Three of these books have won awards for youth literature - the Sanlam Prize for Youth Literature, the ATKV-woordveertjies ('word feathers') and the M.E.R. prize for youth literature.
Lucas Niemand se uitsonderlike kontak met ruimtewesens word in die tweede aflewering in die reeks verder gevoer. Daar is spanning, geheime, grillerige karakters en 'n tragedie wat hierdie leser op die punt van sy stoel gehou het. Gelukkig lê nommer drie gereed ...
Fanie Viljoen maintains pace and mystery in volume two of his scifi series for young teens. All is not action and roses: the youngsters face tragedy too in this episode. I can't wait to start number three ...