Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesonde manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma’s het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is ʼn volledige, maar kompakte praktiese gids vir ma’s wat borsvoed. Die jongste navorsing op dié gebied word in die inhoud weerspieël, en omdat die boek op ʼn sterk feitebasis berus, sal dit ook van ontskatbare waarde wees vir dokters, verpleegpersoneel, voorgeboortlike begeleiers en doulas – enigiemand wat vroue voor, tydens en na die geboorte bystaan.
Die inligting is gesaghebbend en bondig genoeg aangebied dat die boek voor Baba se geboorte in een of twee sessies deurgelees kan word, maar met genoeg detail om gedurende die borsvoedproses Ma se borsvoedbybel te wees. Elke hoofstuk skop af met 10 top-wenke oor die tema, en die inhoud word deurgaans aangevul met praktiese wenke en voorstelle. Uittreksels uit gevallestudies word deurgaans gebruik, en hou die trant prakties terwyl dit ma’s ook gerusstel sat hulle nie alleen is as hulle sukkel nie. Die onderskeie hoofstukke dek die volgende:
• Hoekom borsvoed? • Voorbereiding vir borsvoeding • Hoe borsvoeding werk • Die beste begin (suiggreep en genoeg melk) • Voorkoming en hantering van probleme • ʼn Baba in die huis • Terug werk toe (borsvoed wanneer jy nie daar is nie: pompe en ander helpmiddels) • Die ouer baba • Wanneer om te speen • Borsvoeding in spesiale omstandighede
Daar is ook ʼn lys name en kontakbesonderhede van laktasiekonsultante regdeur die land sodat ma’s wat borsvoed sal weet waar om hulp te soek as hulle sukkel.
English bio translation: Marie-Louise Steyn has breastfed five children successfully. She was a La Leche League Leader for over a decade. She is an IBCLC (International Board Certified Lactation Consultant) and also practised as a professional doula. In this role she has attended many births over the past five years. This role has enabled her to observe and guide mothers’ first breastfeeding experiences minutes after birth. She stays in touch with her clients and knows their concerns and the challenges they face. This experience and her role as childbirth educator at a maternity hospital stand her in good stead when she presents workshops to mothers, doulas and prospective lactation consultants.
Afrikaans bio translation: Marie-Louise Steyn het al vyf haar kinders geborsvoed, en langer as ʼn dekade as telefoon-konsultant vit La Leche League gewerk. Sy is internasionaal as laktasiekonsultant gesertifiseer en het die vereiste kwalifikasies as IBCLC (International Board Certified Lactation Consultant). Marie-Louise het as professionele doula gepraktiseer en was teenwoordig by talle geboortes in dié rol. As doula kon sy die eerste borsvoedingervaring na baba se geboorte waarneem, en aan ma’s leiding gee. Sy bly ná die geboorte in verbinding met haar kliënte, en bly op hoogte van hulle bekommernisse en uitdagings. Hierdie ondervinding en haar rol as kindergeboorte-opleier by ʼn kraamhospitaal rus haar uitstekende toe vir haar seminare aan ma’s, doulas en voornemende laktasiekonsultante.
Baie goeie Afrikaanse teks oor borsvoeding, nie te langdradig en moeilik om te lees nie, maar propvol inligting. Ek het heelwat geleer al is my kleinding al 7 maande oud! Ek sal dit beslis vir alle voornemende mammas aanbeveel.
It is a stunning book and I so wished I could have read it 5 years ago. I read this book for my wife when our daughter was born and it helped and kept us so motivated. Surely a must read for any mom 2 be or breastfeeding mom.