What do you think?

'n Man van Min Belang
Naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012)
Op ’n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. Mosman is direkteur van ’n obskure intelligensieafdeling, bemoeid met die identifikasie van die oorskot van dié wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid, en die opsporing van hul moordenaars. ’n Naam in ’n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, mariene bioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom, en na die jaar toe Luca sy pa verloor het.
Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. Seisoen van sonde was ook op die kortlys vir die M-Net Filmtoekenning. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-Prys vir Spanningslektuur vir Abel se ontwaking. Hy is ’n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van twee kinderboeke (Floris sapiens en Die jokkie wat met perde kon praat), sowel as Human & Rousseau se Ware misdaad-reeks. ’n Man van min belang is die naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012). Hy woon deesdae in Kanada, omdat sy vrou ná veertig jaar in Suid-Afrika ook ’n tyd in haar geboorteland wou gaan bly.

369 pages, Kindle Edition
First published January 1, 2013
About the author
Chris Karsten
32 books40 followersChris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die Volksblad, Beeld en Rapport.
Chris is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.
As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaisel, Opspraak deur moord, Dodelike vroue, Verlore onskuld en Boos en bisar.
Sy boek oor aktrise Charlize Theron verskyn in Mei 2009 en is in Afrikaans (Charlize: Ek leef my droom) en Engels (Charlize: Life’s One Helluva Ride) beskikbaar. Chris se tweede roman, Seisoen van sonde, verskyn in Junie 2009 by Human & Rousseau.
Karsten woon in Kanada.

Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
January 8, 2014
Vir my groei Chris Karsten met elke boek. `n Man van min belang is briljante skryfwerk.
April 4, 2014
Baie goed geskryf. Politiek so ek moes op plekke mooi konsentreer maar was lekker om te lees.
April 20, 2016
Goed geskryf, soos net Chris Karsten kan! Was teleurgesteld in die einde, bietjie stomp met te veel ongeantwoorde vrae.
April 27, 2016
Nie so hot nie.....
Displaying 1 - 4 of 4 reviews