Dit is Ierland aan die einde van die agtiende ’n Ierland onder die hiel van die Engelse heerser, sy volk onderdruk, magteloos, sonder regte. Die opstandsgevoel neem toe, ook onder invloed van die Franse Rewolusie en Napoleon se opkoms. Teen hierdie agtergrond maak David, jonger broer van sir Arthur, heer van Donore, onverwags kennis met die Ierse volk. Hy raak bevriend met die skoolmeester Liam O Néill, die verarmde Séamas Bán, die priester O Floinn, met die meisies Nóra en Eilís . . . en hy bevind hom in ’n posisie waar ’n keuse aan hom opgedwing word, teen sy sin. “Een ding het hy egter besef, dat niks hierna meer dieselfde kan wees nie . . . Soos op ’n golf is hy voortgespoel deur die gang van sake, en die gety sou nie bly staan in sy stroming of hom terugkeer nie.” David weier om hom by enige groep te skaar – hy wil alleen homself bly en met sy vriende verkeer – maar dit is nie moontlik nie en onverbiddelik beweeg omstandighede hom om tog daadwerklik die Iere te probeer help. Die uiteinde is vir David tragies en “Geen mens wat begryp nie, en ná sy dood ook geen mens wat sal weet hoe dit was nie; indien daar ’n beeld van hom bly voortbestaan, sal dit iets wees wat geen verband hou met die werklikheid nie.” By fakkellig is ’n ontroerende roman waarin die Ierse landskap, die rustige leefwyse van die adel, die verbitterde bestaan van die boerevolk en die vertwyfeling van Arthur uitgebeeld word op ’n wyse wat herinner aan Yeats se woorde van byna twee eeue “A terrible beauty is born”.
Schoeman is one of a handful of Afrikaans authors who has achieved real greatness in his own lifetime. His prizes include the Hertzog prize for prose three times (1970, 1986, 1995), the CNA prize (1972), the Helgaard Steyn prize (1988), the W.A. Hofmeyr prize and the Old Mutual prize for literature/fiction (1984, 1991). His work investigates the existence of the Afrikaner in Africa, especially those that came from Europe.
After completing his schooling in Paarl, he went on to study a B.A. at the University of the Free State before going to a Catholic Seminary in Pretoria. In 1961 he joined the Franciscan Order in Ireland as a noviciate for priesthood, but then returned to Bloemfontein to continue studying Librarianship. Before returning to South Africa for good in 1983, he was a librarian in Amsterdam as well as a nurse in Glasgow. Back in South Africa he continued writing and working as a librarian in Cape Town. He currently lives in Trompsburg.
Ek het hierdie roman jare gelede as student in die 1980's gelees en sedertdien tong-in-die-kies daarvan gepraat as Schoeman se aksieroman. Met die herlees tref die kwaliteit daarvan my opnuut, hoe vroeg in sy loopbaan (in sy tweede letterkundige publikasie, lank voor die meesterlike Stemme-trilogie, byvoorbeeld) Schoeman al sy basiese stramien daargestel het en met meesterlike vaardigheid klaar geweef het.
Die konteks, Ierland in die laaste jare van die agtiende eeu, en die opstande van die onderdrukte Iere teen die Engelse kort ná die Franse Revolusie, eggo die situasie in Suid-Afrika ná Sharpeville. Ons, wat ook Soweto en vele ander opspraakwekkende gebeure hier beleef het, asook die groot wending in 1994, lees Schoeman se indirekte analise met helderder oë. Die klag dat Schoeman nie 'betrokke' was nie en nie sy letterkundige werk gebruik het om verandering in Suid-Afrika teweeg te bring nie, kom van mense wat nie kan lees nie. Hierdie roman is immers reeds in 1966 gepubluseer.
Die krag van hierdie boek lê vir my in die uitbeelding van David as buitestander, 'n tipe figuur wat Schoeman meesterlik uitgebeeld het. Daarmee saam die spanning tussen Engelse en Iere, die uitbeelding van dié twee groepe se lewensomstandighede, en die menseverhoudings. Veral die ontluikende vriendskap tussen David, die rigtinglose Engelsman wat laat eers tot helderheid, besluit en aksie kom, en Liam, die vasberade en doelgerigte Ier, sal my bybly.
Die woord 'meesterlik' word veel gebruik in verband met Schoeman, en altyd is dit van pas. By fakkellig demonstreer dit by uitstek.
This novel by Schoeman, from 1966, depicts tensions between the oppressive English and the oppressed Irish in the decade after the French Revolution. Although it might seem like Schoeman's action novel, given the revolt, attacks and murders, the portrayal of the main character David as outsider, his inner turmoil with the philosophical ánd practical reality of his situation and the emptiness of his action lift this narrative above an ordinary historical tale. It becomes an oblique reflection on South Africa in the late twentieth century. The attention to social and cultural detail clarifies the contrast between English and Irish, and the development of an unusual friendship between the rudderless David and Liam, the determined rebel, is one of the most memorable aspects of this rich text. An early masterpiece.
’n Boek wat mens aan die dink kry oor mense-verhoudinge. Ek het (toe ek die boek jare gelede gelees het) hierdie aanhaling neergeskryf: " ’n Vreemde verskynsel ... soos skoenlappers – iets wat ons slegs kan aanskou en nooit kan begryp nie."
Outstanding book in which Schoeman paints a picture of the self-righteousness of the English in Ireland in the 17th Century — the innuendos vis-a-vis South Afica are unmistakeable.