Die De Beers word gedwing om tydelik ’n heenkome op ’n plaas in die Oos-Vrystaat te soek nadat hulle wa gebreek het. Dis winter, en soos die donker sneeuwolke oor die Drakensberg aanrol, word die gesin deur tragedie getref.Geïnspireer deur die verhaal wat van geslag tot geslag oorvertel word, is hierdie die storie van swaarkry, opoffering en onbaatsugtige liefde, wat hom tydens die laat 1800’s in Suid-Afrika afspeel.“Die verhaal van Racheltjie de Beer het universele trefkrag, en Brett Michael Innes se vertolking, met die enkele feite tot sy beskikking, asook die kreatiewe uitbou van die res van die verhaal, spreek van ’n sensitiewe insig in en empatie met die karakters wat deur tragedie met ’n pynlike verlede moes vrede maak.” Die ErfenisstigtingBINNEKORT TE SIEN IN ROLPRENTTEATERSwww.youtube.com/watch?...
A good book, just the way it is written might put some people in the Afrikaans community off. It explains a lot of things that is common knowledge to us. But a must read to everyone that cares about our history.
Tragiese storie, maar dit was te verwag - die beskrywings van elke kossoort en gebeurtenis is wel net te veel - watter afrikaanse persoon weet nie wat mieliepap en/of biltong is nie! Vir die afrikaanse weergawe kan hulle dit gerus uithaal. Baie spelfoute in die weergawe ook!!