In Julie 2023 het ’n nuwe reeks deur Elsa Winckler afgeskop met Sien jou in my drome. Die eerste van vier hubare vrygeselle en vier vriendinne het die knoop deurgehaak, en die deur opgelos vir die oorblywendes In om te volg. Wat dan ook presies is wat gebeur in die Kersfees Romanza, Jy’s my Kersgeskenk.
Die verhale het heelwat in gemeen buiten die vriende wat almal weer ’n rol speel. Sedert hulle ontmoeting droom die hoofkarakters stomende drome oor mekaar en wanneer hulle mekaar weer raakloop, vier hormone hoogty. Die konflik lê daarin dat Etienne ’n lysie het van eienskappe waarna hy soek in ’n trouvrou, terwyl Nicola geen voorneme het om te trou nie.
Vir geswore Winckler-aanhangers is daar ook weer ’n vinnige troue en ’n gelukkige einde.